Daniel & Amy se elegante wynland troue

Ons is so opgewonde om vandag met ons Mooi Troues lesers Daniel en Amy se elegante wynland troue te deel.  Hierdie paartjie het die ‘ja’ woord gesê in die hart van die wynland na KOVID-19 ook hulle trou planne beïnvloed het.

Amy het meeste van die verantwoordelikheid op haarself geneem om hulle elegante wynland troue te beplan.  Sy het die hulp van ʼn trou koördineerder gekry om die trou tydlyn saam te stel en die troue op die dag te bestuur.  Dit is altyd ʼn goeie idee om net daardie ekstra stres van die bruid af te verlig.  Die bruidegom, Daniel, gee raad aan toekomstige bruidegomme om ʼn potjie golf te gaan speel voor die groot dag.  Dit was vir hom ʼn groot stres verligter.

Hierdie paartjie se styl is so elegant en klassiek.  Hul uitrustings, die dekor, en die gekose venue het dit so mooi uitgebeeld.  Hulle het gebruik gemaak van simplistiese, stylvolle dekor met insetsels van groen wat pragtig ingeskakel het by die natuur.  Dit is ook werklik inspirerend wat mens kan bereik deur ʼn meer minimalistiese en tydlose gevoel. Perfek vir die intieme troue wat hierdie paartjie gehad het.

Rol gerus af om meer te sien van Daniel en Amy se elegante wynland troue.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir een jaar en drie maande.  Ek het alle aspekte van die troue self gereel, van of die venue te kies asook die diensverskaffers en die kleurskema vir ons spesiale dag.  Alhoewel, ek het ʼn trou koördineerder genader om te assisteer met die trou tydlyn en op die dag koördinering.

Finansiële Aspekte:


Ek en Daniel wou ʼn klein, intieme troue gehad het met al ons naste friende en familie.  Ons het oorspronklik 75 gaste ingedagte gehad (voor KOVID), maar weens die venue beperkings het ons afgeskaal tot 60 gaste.

Ons het ʼn klein begroting gehad.  Ek baie hard probeer om alle kostes tot ʼn minimum te hou sonder om te veel kompromieë te maak met die kwaliteit.  Ek het my navorsing gedoen rakende verskeie diensverskaffers.  Daarna het ek verskeie kwotasies aangevra en ek het rekord gehou van alle uitgawes op ʼn gedetalieërde Excel dokument.  Hiervoor gee ek krediet aan my fantasiese verloofde, en nou my man.  Ek en Daniel was baie seker oor wat ons wou hê.  Ons het sekere tradisies behou en besluit om ʼn paar tradisies uit te los – wat heeltemal perfek is!  Jy moet doen wat jy gevoel geskik is vir jou as ʼn paartjie.

Oor die algeheel is dit belangrik om net getrou te bly aan jouself en die proses te geniet!

Merkwaardigste Oomblikke:


Ek en Daniel het albei van twee verskillende liedjies gehou waarop ek in die trougang kon afstap.  Op die ou end kon ons nie ʼn eenparige besluit neem nie so to gee Daniel die keuse vir my om te maak.  Ek het besluit om met sy liedjie te gaan “Canon in D (Pachelbel’s Vanon) – Cello & Piano”.

Die mees merkwaardigste oomblik was om in die trougang af te loop en Daniel se gesig te sien.  Ons albei was so emotioneel en reg om getroud te wees.  Na die seremonie het Daniel vir my gesê, die oomblik toe hy die eerste noot van die liedjie gehoor het, het hy geweet ek gaan nou in die trougang afstap na hom toe.  Die trane het toe net begin loop.

Paartjie se styl:


Ek en Daniel is so baie dieselfde, daarom was dit glad nie ʼn moeilike besluit om op die styl van die troue te besluit nie.  Ons is beide baie klassiek tog modern, wat duidelik sigbaar is as jy kyk na ons troue.  My rok was ʼn vollengte, rek georgette meermin rok. Dit was modern, het my figuur mooi omhels met romantiese geborduurde kant met krale wat na ʼn bypassende romantiese tule-trein geloop het.

Daniel se pak was ʼn klassieke vlootblou, gepaar met ʼn grys das  en sagte room kleurige rose in die speldgat.  Die bruin skoene het die voorkoms ʼn moderne wending gegee.

Ons ringe is baie tydloos.  Daniel sʼn is ʼn goue band wat fantasties lyk teen sy oly kleurige vel en myne is ʼn n klassieke diamant solitaire ring.

Die Besluitnemingsproses:


Ek het beheer gevat oor die trou beplanning en trou reëlings, Daniel het egter my gehelp om die finale besluite te neem.  My ma het my gehelp met die finale dekor elemente, my rok en ʼn paar goed waarby ek nie uigekom het nie.  Dit was so ʼn maklike en prettige proses.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons het beplan om buite op die dek area te trou, maar as gevolg van slegte weersomstandighede het ons dit geskuif na die onderdak stoep.  Die dag voor die troue was ons effens teleurgesteld, maar op die dag van die troue was ons so gelukkig oor hoe uitgedraai het.  Daar is niks wat ons sou verander het nie!

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bride:

Geniet elke oomblik.  Moet nie te veel stres oor die klein goed nie en bly getrou aan jouself en jou styl!

Groom:

Doen jouself ʼn guns en werk ʼn potjie golf in voor die groot oomblik.  Dit het ons almal help ontspan.

Venue & Dekor:


“Alles gebeur vir ʼn rede” is ʼn frase wat baie van ons onsself mee vereenselwig.  In die geval van ons trou venue, is hierdie frase baie van toepassing.  Ek en Daniel het ons trou venue gevind en meeste van die troue beplan teen Januarie 2020.  In Maart 2020 het KOVID-19 ons land geforseer in die grendeltydperk in wat veroorsaak het dat baie besighede ʼn verlies begin lei het.  Ongelukkig was een van daardie besighede on trou venue.

Ons was absoluut platgeslaan, ons moes weer van vooraf begin soek vir ʼn trou venue.  Gelukkig vir ons het my ma reeds ʼn venue ingedagte gehad.  Die daarop eenvolgende naweek het ons gery na De Zeven Guest Lodge, en ons was absoluut verstom!  Ons het die oomblik toe ons in die venue instap het ons geweet dit is vir ons bedoel.  Die styl van die gaste lodge het ons persoonlikhede reflekteer en die verwelkomings personeel het ons so tuis maak voel.  Dit was ʼn uitgemaakte saak!

In verband met die dekor, was die venue, die uitsig gekombineerd met ons eie persoonlike styl die inspirasie gewees.  Ons wou gehad het die dekor moes sag, modern, minimalisties en magies vertoon.  Die kerse in die middel van die tafels was absoluut ongelooflik in die nag soos wat die lig in die glas vertrek rond gedans het.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ek kan ongelukkig nie ʼn gunsteling kies nie!  Almal was puik, daarom sal ek al ons diensverskaffers hoogs aanbeveel.

Wittebrood:


Ons het besluit om ʼn klein avontuur te vat op teen die kus na Plettenbergbaai, met ʼn paar stoppe langs die pad.  Die KOVID regulasies het ons weerhou om oorsee te reis, maar hierdie was die perfekte geleentheid om ons eie land se kus te leerken.  Daniel het elke stopplek langs die pad ʼn geheim gehou en dit was net die beste week!

Eerste Dans:


Ons het ons eerste dans gehad op “Ed Sheeran Perfect Symphony ft. Andrea Bocelli”.

Dit is eintlik ʼn snaakse storie, ons het 2 weke voor ons troue na ʼn ander troue toe gegaan en het opgemerk dat die paartjie ʼn pragtige choreografiese dans uitgevoer het.  Ons het beide na mekaar gekyk en gesê: “Ons moet waarskynlik leer om te dans.”

Die daarop eenvolgende dag het ons op YouTube gesoek na “Perfect Symphony choregraphed dance” en voila!  Ons het dit reggekry om ʼn pragtige eerste dans te nadat ons elke aand vir twee weke geoefen het.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad om ons op die dag te vermaak.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: