Ons deel vandag met groot opwinding, die intieme, elegante troue van Alexander en Amber. ʼn Ware beeld van elegansie, is tydloosheid. Dit is werklik wat Alexander en Amber se styl weerspieël.
Nie net is hierdie troue baie stylvol gewees nie, maar hierdie paartjie het ʼn manier gevind om werklik die venue spasie hul eie te maak. Sodoende kon hulle ook ʼn baie intieme troue te skep met ʼn gemaklike en ontspanne atmosfeer. Deur hulle finansies mooi te bestuur en hul geld op ʼn wyse manier te allokeer, kon Alexander en Alex se intieme, elegante troue ʼn werklik ʼn feesviering van hul liefde wees op ʼn besonderse manier.
Die trou dekor en maaltyd was daarop gefokus om ʼn verwelkomende atmosfeer te skep vir gaste deur gebruik te maak van baie stylvolle dekor met ʼn feesmaaltyd wat dit mooi komplimenteer het. Dekor in ʼn sagte kleurskema, was uitgelê in so ʼn manier dat gaste heel aand gemaklik kon kuier saam met die paartjie. Met die gebruik van buite beligting, was daar ʼn romantiese atmosfeer geskep en gaste kon buite kuier onder die sterre.
Is jy dalk tans besig om jou groot dag te beplan? Gaan loer gerus na ons aanlyn trougids vir tonne trou inspirasie en om jou te help met jou trou beplanning. Klik hier vir die Mooi Troues aanlyn trougids.
Blaai af om elke vasgevangde oomblik van Alexander en Amber se intieme, elegante troue te waardeer.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek het vir Alex sewe-jaar gelede in die gimnasium ontmoet, en sedertdien was ons ʼn paartjie. Alex het my gevra om sy vrou te wees op die strand in Augustus 2019. Ek was onder die indruk dat dit ʼn fotosessie sou wees … tot my verbasing het het hy eintlik die verlowing beplan. My suster en haar beste vriend het vir Alex gehelp om die verlowing te beplan. Dit was ʼn besonderse, pragtige, sonnige dag. Ek het by die strand arriveer met rose en vonkelwyn wat reeds vir my wag. Alex het my voete onder my uitgeslaan met die mooiste ring van my drome.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was verloof vir om-en-by een jaar. Ons trou koördineerder was Alex-Deene Howard van aCreate.
Finansiële Aspekte:
Ons het begroot vir R150 000 vir ons troudag. Ons wou dit klein en intiem hou met ʼn baie ontspanne en gemaklike atmosfeer. Daar was 54 gaste by ons troudag.
Advies wat ons sal gee vir toekomstige paartjies vir hul troudag, is om nie duisende rande te spandeer op blomme rangskikkings wat ongeag die volgende dag gaan doodgaan nie. Ons het dit tydens ons beplan-fase in ag geneem en het dus net ongeveer R3000 op blomme spandeer.
Merkwaardigste Oomblikke:
Ons hele troudag was absoluut merkwaardig gewees. Albei van ons het die hele dag so geniet en elke oomblik daarvan was so spesiaal en onvergeetlik. Om net een oomblik uit te lig voel byna onmoontlik, maar die merkwaardigste deel was tydens ons seremonie in die pragtige kapel by Brenaissance. Om in die trougang af te loop, om ons beloftes vir mekaar te sê en ook die besonderse fees tafel wat ons op die rivier dek geniet het.
Paartjie se styl:
Die styl van my trourok en Alex se pak was tydloos, elegant en stylvol. Beide ons troupande het ons laat graveer met iets na aan ons harte. Ons het ons troupande saam gaan uitkies. Alex het gegaan vir ʼn eenvoudige goue pand en ek het met ʼn halwe ewigheid troupand gegaan wat mooi inskakel met my pragtige verloofring. Weereens iets wat ʼn baie elegante en tydlose styl weerspieël.
Venue & Dekor:
Dit was vir ons ʼn eenvoudige besluit om Brenaissance te kies as ons trou venue. Die eerste keer wat ons in die venue ingestap het, het dit net onmiddelik gevoel asof dit gepas is en bedoel was vir ons. Die venue is baie verwelkomend, besonders mooi en het ʼn eksklusiewe en luukse gevoel aan die atmosfeer. Dit was presies waarna ons gesoek het. Ons het ook in ag geneem dat ons graag ʼn intieme troue wil hê. Vir hierdie rede was Brenaissance ook uit-en-uit geskik. Die inspirasie vir ons dekor was om ʼn atmosfeer te skep wat gemaklik en ontspanne is, wat beide ons en ons gaste sal toelaat om rond te kan beweeg en te kuier soos wat ons goed dink.
Wittebrood:
Ons het besluit om ons wittebrood deur te bring in die Kruger Nasionale Park. Beide ek en Alex is gaande oor diere en die natuur en wou nog altyd die geleentheid gehad het om saam êrens heen te gaan waar ons kan doen waarvoor ons lief is – ons wittebrood was perfek. Ons wou gehad het dit moes baie ontspanne sowel as romanties wees. Ons het by ʼn pragtige oornag plek gebly en het ʼn oneindige hoeveelheid peusel borde, wyn, vonkelwyn en koffie geniet sonder om onsself oor enige iets anders te bekommer vir 10 onvergeetlike dae.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons het dit rerig geniet om met ons trou koördineerder, Alex-Deene Howard van aCreate te werk, asook Shantelle Visser, ons fotograaf. Werner Dener wat verantwoordelik was vir die aand se musiek was ook fantasties.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shantelle Visser Photography
- Venue + verblyf: Brenaissance Wine & Stud Estate
- Blomme: Paradiso Flowers
- Bruidegom-pak: Carducci
- Dekor: aCreate
- Grimering: Mia Taylor Makeup
- Hare: Thelma Smit Hairstyling
- Huurdienste: Sitting Pretty
- Musiek: Man with Music
- Trourok: Fender Bridal Design
- Trouring: Browns + Mustard Jewellery
- Wittebrood plek: Kruger National Park