Werner & Nadia se besonderse verlowing fotosessie

Hier by Mooi Troues deel ons Werner en Nadia se besonderse verlowing fotosessie met ons lesers.  Die paartjie het so ʼn pragtige fotosessie gehad.

Werner en Nadia se pragtige foto’s is geneem deur die talentvolle Wouter Kleynhans Photography.  Hy het ongelooflike werk gedoen met die paartjie, hulle lyk so op hul gemak.  Hy vang elke oomblik vas en meer.  Sy kliënte is mal oor hom en sy werk is besonders soos in die verlowing fotosessie.  Elke keer oortref Wouter ons met sy werk.  Indien jy van hom gebruik wil maak, kliek gerus hier.

Om ʼn fotograaf te gebruik vir jou verlowing fotosessie en troue is baie slim.  Op die manier kan jy jou fotograaf beter leer ken en so kan jy dan weet wat om te verwag.  In plaas daarvan om op die dag te kom en nie weet wat om te verwag nie.  Dit is boonop ook net onnodige stres.

Indien jy opsoek is na ongelooflike diensverskaffers vir jou verlowing fotosessie of trou, besoek gerus Mooi Troues se trougids met top gehalte diensverskaffers.  Rol gerus af en geniet meer oor Werner en Nadia se besonderse verlowing fotosessie.

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


Ons was saam op skool gewees, 8 jaar na skool het ons mekaar een aand raak geloop.  Albei van ons was dadelik verlief en verlore.  Daardie aand onafskeidbaar gewees van mekaar, ons het dadelik begin droom en gesels oor verloof raak en trou.  Ons was ʼn jaar en ʼn half gekys toe Werner my gevra het om sy vrou te word, en een van die beste dae van my lewe.

Die groot vraag:


Ek was by ʼn vriendin gewees en Werner het my kom oplaai en verras met ʼn vakansie Namakwaland toe. (Sy ouers was ook saam gewees)  Ek het baie vermoede gehad, maar Werner het my verseker dat hy my nie gaan vra op die vakansie nie.  Na so 4 dae het Werner vir my gesê ons moet tussen die Namakwa blomme gaan staan vir ʼn mooi foto, (min weetend dat sy ouers die groot oomblik op video vasvang).  Hy het my gevra om om te draai en te kyk vir die kamera, toe ek terug draai was hy op sy knieg.  Ek kon nie vinnig genoeg JA sê nie.  Ons het verloof geraak in Augustus 2020.

Die verloofring:


Toe ek en Werner begin uitgaan het, het ek gereeld vir hom foto’s gewys van ringe en waarvan ek sal hou.  Ek het geweet die groot vraag kom, maar nie wanneer nie, daarom het ek nie geweet wanneer hy die ring sou kry nie.  Dit was ʼn verrassing gewees en presies soos ek dit wou hê, met sy eie spesiale “twist” op die ring.  Die ring is ʼn wit goud “halo” ring met twee roosgoud blaartjies aan die kant.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ons het beplan om nie langer as ʼn jaar verloof te wees nie, ons wou so gou as moontlik man en vrou wees.  Baie van ons gesprekke was oor of ons vinnig in die kerk moet trou met net ons ouers teenwoordig.   Die ander opsie was of ons die groot onthaal wil hê.  Ons het besluit op die groot onthaal, en daarom nie langer as ʼn jaar verloof te wees nie.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons wou ʼn fotograaf gebruik wat ons troudag en ons verlowing fotosessie ook kon vas vang.  Wouter Kleynhans Photography se portefeulje het ons dadelik gevang en was vir ons vreeslik mooi.  Ons wou ʼn verlowing fotosessie hê om gemaklik te raak voor die kamera en die fotograaf te leer ken voor die troudag.  Ook om ʼn paar mooi fotos in ons huis te hang.

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Ek het op die plek afgekom deur ander mense en was dadelik verlief op die wit agtergrond wat dit op die foto’s gee.  Omdat die agtergrond wit sou wees het ons besluit om swart aan te trek om uit te staan.  Die verlowing fotosessie meer formeel te maak aangesien ʼn mens nie gereeld formeel aantrek nie.

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Net om die verlowings tydperk en fase waarin ons nou is te geniet met al die beplanning daarvan, ons enigste vrees is dat KOVID-19 gaan maak dat ons die troue moet aanskuif.

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

Diensverskaffers: