Trou by Skilpadvlei in Stellenbosch

Wil julle trou in Stellenbosch?  Skilpadvlei is ʼn pragtige trouvenue in Stellenbosch waar jul julle droom troue kan vier.  Skilpadvlei is ʼn plaas in die middel van Kuilsrivier en Stellenbosch op die M12 Polkadraai pad.   Dit is naby aan die Stellenbosch middedorp en ook baie naby aan die lughawe, perfek vir gaste wat moet vlieg om jul troudag by te woon.

In die 1800’s was daar ʼn kolonie van skilpaaie gevind op die perseel en van daar was die plaas gedoop as Skilpadvlei.

Skilpadvlei hou al troues van voor 1996.  Aan die begin was dit slegs familie troues en funksies.  Teen 1996 het Skilpadvlei begin om troues en funksies vir die publiek te doen.  Bettie Joubert, die ma van huidige eienaar, Willie Joubert het begin met die funksies en nou is dit ʼn populêre trou bestemming.

Die plaas is die ideale plek vir die bruidspaar wat opsoek is na ʼn plek om te ontspan en die dag te geniet saam met geliefdes en vriende.  Lees meer oor Skilpadvlei hieronder.

Trou Lokaal:


Die onthaal saal kan tot-en-met 180 gaste akkommodeer met ʼn dansvloer en 200 gaste sonder ʼn dansvloer.  Skilpadvlei bied jaarliks net een trou pakket. Paartjies het die keuse om die seremonie area te gebruik of nie, teen ʼn addisionele koste.

Ingesluit:

Skilpadvlei verskaf ronde tafels, tafel doeke, servette, stoele, stoel oortreksels, eetgerei, breekgoed, wyn en vonkelwyn glase.

Die venue vra glad nie ʼn lokaal huur fooi nie. Skilpadvlei vra net ʼn per persoon fooi, wat die 3 gang maaltyd, kelners of kelnerinne en ʼn kroegman insluit.

Skilpadvlei doen al hul spyseniering self. Hul bied ʼn volle 3 gang aan lekker harts kos, lekker Suid Afrikaanse kosse, rys, vleis en aartappels.

Uitgesluit:

Dekor, fotograwe en musiek is in in die pakket ingesluit nie. Dit is die kliënt se verantwoordelikheid.  Skilpadvlei laat nie enige buite spyseniering toe nie.

Verblyf en ander fasiliteite:


Skilpadvlei het 11 bed en ontbyt kamers en 7 selfsorg eenhede.  Ons kan gesamentlik so 50 gaste akkommodeer afhangend van beskikbaarheid.  Skilpadvlei bied nie net ʼn mooi onthaal saal en verblyf met pragtige prentjie mooi tuine nie, ons het ook ʼn familie restaurant op die perseel vir die paartjie wat weer en weer wil kom inloer na hul onvergeetlike troudag op Skilpadvlei.

Kontak Skilpadvlei:


Jy kan Skilpadvlei skakel tussen 08:00 en 17:00 om ʼn afspreek te maak.  Jy kan hul ook per e-pos kontak. Die funksie bestuurder sal dus ʼn tyd vas maak wat beide partye pas.  Volg Skilpadvlei op Facebook, Instagram, Pinterest of Twitter.

Artikel Krediet: