Mooi Troues is opgewonde om met ons lesers meer te deel oor Gert en Sunette se spesiale bruilof. Die paartjie se troue was besónders met die mooiste elemente!
Gert en Sunette se spesiale bruilof het heelwat elemente bevat wat vir hulle as ʼn paartjie baie spesiaal is en betekenis het. Hulle honde-kinders was só ʼn oulike gebaar. Ons is mal oor die foto’s by die perdestal. Dit gee só ʼn mooi effek op die foto’s.
Die dekor was besónders mooi en die varings is só mooi geïnkorporeer. Omdat Sunette baie daarvan hou is dit ʼn oulike idee om dit in die hele bruilof te hê. Die kleurskema is só stylvol en vars. Wit, groen en goud is só elegant en tydloos. Ons is mal daaroor!
Daar is ook handgeskrewe briefies van gaste wat nie die troue kon bywoon nie, gerig aan Gert. Dit was in ʼn boom opgehang en dit is só spesiaal. Daardie gaste is dan ook half en half deel van hulle spesiale bruilof.
Rol gerus af en geniet meer oor Gert en Sunette se spesiale bruilof.
Paartjie se Liefdesreis:
Liefdesreis:
Die bruid (Sunette, oorspronklik van ʼn koue Bloemfontein) se hart het nog altyd geneig na ʼn lewe in Pretoria. Toe die Here se tyd reg was, het hy eindelik haar die geleentheid gegee met ʼn nuwe werk in die Jakarandastad! Kort nadat die Vrystaatse meisie verhuis het hierheen, het sy by dieselfde besigheid begin werk as haar toekomstige bruidegom (Gert). Sunette het gehoor sy moet die volgende dag saam Gert (wie sy nog nie ontmoet het nie) rond ry om te sien hoe hy sy sake hanteer. Die twee regsgeleerdes het só van mekaar uitgevind. Onwetend het Gert haar (onsuksesvol) op Facebook probeer opspoor om te sien wie die nuweling in die kantoor is.
Die dag wat die twee ontmoet het, sal nie vergeet word deur een van die twee nie, sienend daar nie ʼn oomblik van stilte of ongemaklikheid was nie. Sunette het wel later uitgevind dat sy dalk te veel grappies gemaak het oor ʼn sekere dorp in Gauteng, min wetend dat Gert daar groot geword het! Gert beskryf Sunette daardie dag as ‘Queen Victoria’ sienend sy vir hom koninklik voorgekom het. Boonop het sy ʼn gepaste wit rokkie gedra het, geskik vir ʼn koninklike. Sunette beskryf vir Gert as die man wie haar stom geslaan het as gevolg van sy wye kennis en wie kon by hou met al haar grappies en skerp kommentaar. Die twee het wel eers bekend gestaan as “NET kollegas”, maar sóos hul vriende, familie & kollegas van dag 1 af kon sien, het hulle twee ook geweet dit is DIT. Die perfekte pasmaat vir mekaar is gevind!
Groot vraag aan die ouers:
Na Gert in een middag byna 1000km gejaag het Bloemfontein toe en terug om ouers te vra. Hy was amper uitgevang op die N1 toe Sunette se beste vriendin (toevallig op pad Pretoria toe om te kom kuier) hom op die pad bewaar. Dit was baie vreemd om ʼn kenmerkende kar nes syne op die pad te sien en die vriendin het baie amper ʼn foto vir Sunette gestuur. Voor sy besluit het om dalk eers vir Gert te bel en uit te vind waarmee hy besig is.
Groot vraag:
Twee jaar later het Gert ʼn geheime verlowing beplan en op 27 Julie 2019 het die verlowing aangebreek. Daardie Saterdag middag, toevallig na die Springbokke en die All Blacks gelykop gespeel het, was dit vir hom ʼn goeie teken sienend die twee vir die teenoorgestelde rugby spanne skree en ʼn wen vir een sóu die dag versier vir die ander! Die verlowing het plaasgevind op Mashudu Game Lodge met ʼn wildsrit gevolg met ʼn romantiese sónsóndergang piekniek.
Die groot oomblik het gebeur na Gert op die berg skielik vir Sunette ʼn video begin wys waarin hy vir hulle twee honde-kinders, Blade & Raegan (ook orals betrokke by die troue ʼn jaar later) toestemming vra om met hulle ma te trou. Dit is toe hy die 3 diamant ring uit sy sak uit haal en op sy knieg gaan. Sunette het nie geweet waarom hy video’s wil kyk terwyl hulle op ʼn berg stap saam die eienaars van die lodge nie, maar besef toe baie vinnig dat hierdie DIE oomblik is. Sunette het amper vergeet om ja te sê en onthou nie al Gert sy egte woorde en beloftes nie, maar onthou wel dat sy hom dadelik omhels het en op ʼn wolk van liefde rond gesweef het elke dag vanaf daardie dag! Gelukkig vir Gert het beide Blade en Raegan vooraf ook vir hom toestemming gegee.
Die Verlowing Tydperk:
Ons het verloof geraak Saterdag 27 Julie 2019. Ons wou só gou as moontlik as man en vrou lewe en mekaar die ewigheid beloof en het ons sprokies troue (#forestfairytale) gereël vir 1 Mei 2020. KOVID-19 beperkings het veroorsaak dat ons uitstel na 12 Junie 2020. Met vêrdere beperkings moes ons WEER uitstel en het toe besluit om in effek, twee troues te doen. Ons het toe die sprokiesdag met al die gaste se datum geskuif na 14 November 2020. Dus steeds die datum van 12 Junie 2020 gebruik as ons private huweliksbevestiging voor net die dominee, ons ouer pare, en twee pare vriende. Sunette het die hele troue en elke element daarvan self gereël of gemaak deur haar besigheid, Graysón Professional Services. Hulle spesialiseer in ʼn verskeidenheid dienste, onder andere troues, partytjies en voorhuwelikse kontrakte.
Finansiële Aspekte:
Ons het die troue self betaal en wou nie afhanklik wees van ander nie. Beide was geseënd genoeg om dit te kon doen en het min of meer ʼn idee gehad wat só iets sal behels. Ons ouers het natuurlik bygestaan om met sekere elemente te help en Sunette se rok was ʼn geskenk vanaf pa Hannes & ma Annalize. Om eerlik te wees, was daar ʼn idee van ʼn begroting, maar sóos baie bruide sal kan bevestig, was dit ʼn kwessie van tyd voor ons nie meer binne die idee van daardie begroting was nie. Ons ‘trou fonds’ en persóonlike rekeninge het hier en daar begin kruis. (Dis gelukkig nou bietjie laat vir Gert om dit uit te vind neh, haha!)
Besluite:
Ons het wel goeie besluite gemaak van die begin af. Ons het besluit watter elemente ons nie op gaan afskaal nie, wat noodsaaklik is. Ook laat gaan op sekere goed wat eintlik minder belangrik was. Sunette is bekend vir haar onthaal vermoë (geërf vanaf haar moeder) só dit was maklik vir haar om alles self te kan doen en organiseer. Dit spaar ook baie geld as mens ʼn derde party uitsny.
Ons het oorspronklik net 80 gaste genooi en besluit ons nooi net vriende met wie ons weeklikse kontak het en met ons werklik sterk verhoudings het. só ook gedoen met familie. Dit was belangrik vir ons om kwaliteit tyd te spandeer met die gaste wat daar is. Ook, die addisionele geld wat mens só spaar, in iets anders kan instoot sóos die beplande wittebrood in New Zealand (wat steeds op ys gelos is). Dit sal nie moontlik wees as mens 150 mense nooi wie mens een keer in 6 maande sien nie. Ons het ook gevoel ons troue moes die ware ONS verteenwoordig, en nie iets wat ander mense verwag en nie eg is nie, só ons het ons eie reëls gemaak!
Advies:
Ons advies sal dus wees – besluit waarmee julle nie kan klaar kom nie, en waar julle kan sny. Doen wat vir JULLE belangrik is, sin maak en gelukkig maak en nie in ʼn slegter finansiële posisie gaan los na die tyd nie. Om jou eie troue te befonds is ʼn goeie idee en sny skuldgevoelens uit! Hoe gouer jy begin beplan, hoe beter. “Mood Boards” aan elke area en element is ʼn MOET! Graysón Professional Services kan bystaan met enige navrae!
Die ʼnie-só-perfek’ oomblikke:
Sunette:
Om te verwys na die verkorte lys : 3 keer moes ons die troue uitstel weens KOVID-19; 2 aande voor die troue word ons nuwe bakkie gestamp by die venue; afsterwing van ʼn familie troeteldier het die emosies hoog laat loop. Op die dag self, moes ons 2 keer terugdraai vir my ruiker en my skoene wat vergeet was in die bruidskamer sienend dit apart gedra moes word. Net voor die musiek moes begin en ek en my bruidsmeisies by die trappe in die woud moes afstap na my bruidegom, word daar gesê dat iemand my sluier vergeet het. Die troue moes toe weer ‘uitgestel’ word vir ʼn vêrdere 20 minute sódat my pa en hoof-strooimeisie die slegte bergpad moes uitjaag om die sluier te gaan haal waar ons aangetrek het.
Gelukkig na dit, KON NIKS MEER verkeerd geloop het nie! Ek sóu niks van die bogenoemde wou laat gebeur het nie, maar dit het. Al wat ek kan sê is wanneer dinge skeef loop (en glo my dit sal, en sal dalk selfs jou nagmerries sóos sprokies laat voel!). Dit sóms ʼn goeie idee om jouself te verwyder van die situasie en net só paar minute op jou eie af te koel, in plaas van paniek bevange rondhol of staan en luister hoe almal om jou ook in paniek reageer. Herinner jouself dat al jou drome wel sal waar word, al vat dit net bietjie meer tyd as beplan!
Gert:
Dieselfde as hierbo. Ek sóu graag die hele lys troue daar wou gehad het in plaas van die verkorte lys wie kon bywoon as gevolg van die KOVID-19 pandemie!
Merkwaardigste Oomblikke:
Sunette:
Na al die uitstel, die vergeet van my se skoene, blomme en sluier (alles op verskeie tye net voor die troue moes begin). Steeds was die beste deel van daardie dag op 14 November vir my om Gert (en Blade) te sien wag onder die pragtige varing en orgidee ‘eternity circle’ aan die einde van die paadjie. Om te weet dat ons deur sóveel gesukkel weens KOVID-19 hier is en ons dag kan hê. Dus het al die probleme met uitstel, sóektogte en probleme met diensverskaffers, die probleme wat mens ervaar met gaste voor die tyd, ALLES die moeite werd gemaak! Ek was ook baie beïndruk hoe Gert uur na uur gestaan en glimlag het vir al die foto’s, sónder een klagte (hy het dit dalk meer geniet as ek!)
Gert:
Daar was drie oomblikke: My beeldskone bruid wat in die paadjie af stap na my toe. Toe ons na die foto’s by die onthaal instap vergesel deur ons honde-kinders. Ons trou dans waarvoor ons maande lank geoefen het!
Spesiale Tradisies:
Ons het al die normale Christen tradisies gehandhaaf!
Vermaak:
Framus Band, verwelkomings drankies en eetgoed, vingerhappies, speletjies tafel, glas bordjies ingeplant met die paadjie af na die woud-kapel met spesiale grappies/aanhalings wat ons as paartjie verteenwoordig, foto hoekies. Sien foto’s waaronder die handgeskrewe briefies hang aan die boom. Dit is wat mense reg oor die wêreld geskryf het aan Gert namens my wat hy toe kon sien die dag van die troue. Aanwysings paal met spesifieke uitgewerkte aanwysings en afstande van spesiale lande/areas/plekke wat uniek is aan ons as paartjie. Hand geverfde foto bord met ʼn geverfde prent van Sunette, Gert, Blade & Raegan, waardeer gaste hul koppe kon druk (aan die voorkant sien mens die 4 figure met die gesigte uitgesny), gholf putt-putt area.
Ons het ook verwelkomings pakkies saamgestel wat vir elke gas gewag het in hulle afsónderlike hotel/gastehuis kamers. Dit het bevat ʼn ‘Brink Bulletin’ (ons eie trou tydskrif met informasie van ons, ons troudag, aanwysings, mense wie belangrike rolle speel in die dag ensóvoorts) met eet en drink goed sówel as sjokolade, Panado’s en Annique se ‘rescue cream’ vir die moontlike lastige muskietbyte!
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Sunette:
Wanneer dinge skeef loop (en glo my dit sal, en sal dalk selfs jou nagmerries sóos sprokies laat voel!), is dit sóms ʼn goeie idee om jouself te verwyder van die situasie en net só paar minute op jou eie af te koel. In plaas daarvan om paniek bevange rondhol of staan en luister hoe almal om jou ook in paniek reageer. Herinner jouself dat al jou drome wel sal waar word, al vat dit net bietjie meer tyd as beplan! Maak seker jy en jou aanstaande bespreek alles, die lekker en minder lekker dinge. Wees 100% eerlik met mekaar en maak seker julle is ʼn verenigde front te alle tye! Voorhuwelikse klasse is ʼn MOET.
Gert:
Werk saam met jou vrou, dit gaan vinniger verby as wat jy dink. Geniet die proses!
Paartjie se styl:
Bruid se rok:
Spierwit Enzoani 2021 Collection. Omdat ons só moes uitstel, was ek gelukkig om die eerste bruid te kon wees wat in hierdie rok verskyn het in die land. Daar is ook net ʼn sekere hoeveelheid van hom gemaak en verspreid regoor die wêreld! Gert was nog altyd mal oor my rug, só ek wou seker maak dat ek dit só bietjie kon vertoon vir my bruidegom! My rok het ook baie fyn elemente van blare, onder andere varings, ingehad. Almal wie my ken weet hoe mal ek oor varings is en die element was orals ingewerk, vanaf die rok, tot die uitnodigings en trou webblad!
Bruidegom pak:
Eurosuit. Die vlootblou het mooi gepas saam die groen van die woud.
Trou ringe
Johan Vosloo van Johan Vosloo Designs het die ringe gemaak. Dit was belangrik vir ons om nie iets te dra wat reeds gedoen is of uit ʼn katalogus uitkom nie. só ons ringe het baie simboliek en betekenis wat wonderlik vasgevang is deur Johan!
Gert se ring:
Die ring bestaan hoofsaaklik uit Meteoriet (ʼn klein rotsagtige of metaalagtige liggaam te vinde in die buitenste ruimte) en witgoud. Meteoriet is ʼn eeu-oue en baie skaarste materiaal is in die vorm wat hy gebruik word. Sy tekstuur is juis só uniek sienend hy natuurlike patrone vorm wat mens nie kan namaak nie. Die natuurlik gryn en unieke samestelling van die meteoriet word veroorsaak weens die blitsige impak waarmee dit die aarde tref. Na miljoene jare se afkoel is dit verwerk in Gert se trouring in! Vir Gert is dit ʼn interessante materiaal sienend hy die ruimte lewe bewonder. Vir Sunette simboliseer die ring uniekheid en ʼn ou siel, nes haar bruidegom vir haar is!
Sunette se ring:
Die hoof ring bestaan uit 3 “prinses-snitte” groter diamante, geset in 9kt wit goud. Daar is dan ook 6 kleiner diamantjies aan die pant, drie aan elke kant van die pant. Die 3 groot stene verteenwoordig nie net ons geloof in ʼn die Vader, Seun en Heilige Gees nie, maar ook, vir die bruid is dit ʼn daaglikse uitbeelding van die drie liefdes in haar lewe, Gert, Blade & Raegan. Die eerste 3 lede van die Brink gesin en die twee trou pante is beide ook geset in witgoud en elk het 9 kleiner diamante in.
Gunsteling Diensverskaffers:
Beslis die Framus Band van die Magoebaskloof area! Jansen van der Walt en sy span was sulke ongelooflike goeie kunstenaars en het my sóveel bygestaan in elk van my 1000 oproepe & sms’e! Ons het selfs die venue toegemaak daardie aand deur saam Jansen te kuier. Dit is hoe lekker ons met die manne oor die weg gekom het!
Die fotograaf Elmarie Whelan, het ook ʼn kritieke rol gespeel vanaf ons verlowing foto’s tot na die troue. Haar hulp; bystand en koördinasie was ongeëwenaard!
Johan Vosloo, wie die ringe gemaak het, was deel van ons hele reis voor verlowing tot tans waar hy steeds ons nommer 1 juwelier is! Beter diens en kwaliteit het ons nog nie ervaar nie!
Venue & Dekor:
Omtrent 6 maande voor die verlowing was ons op vakansie in Magoebaskloof. Ons het die bordjie genaamd ‘Eden’s Gate’ gesien in die bergpas en besluit om te gaan kyk hoe dit lyk! Toe ek weer my oë uitvee, het Gert die deposito betaal! Ons het al voorheen gepraat oor verloof raak. Ons beide het geweet van dag 1 af dat ons sóu trou. só om ʼn venue te betaal voor ʼn verlowing plaasgevind het, was eintlik niks vreemd vir ons nie! Ek dink ek het glad nie ʼn oog toegemaak daardie aan nie as gevolg van die opwinding!
Ons trou kleure was baie natuurlike kleure: wit, groen, goud. Ons wou elke element van die woud uitbeeld in alles van die trou webblad, spyskaart tot die trourok. Varings was orals ingebring sówel as ons twee honde-kinders se teenwoordigheid as blommemeisie & ring-draer. Ons het ook spesiale disse gehad wat vernoem was na die twee en daar was baie elemente teenwoordig met hulle foto by, sóos die ‘Blade’s Bar’ en die ‘Malinois Mix-cocktail’. Die dekor was alles natuurlik en ons het spesiale kershouers uit boombasse uit laat sny. Ons aanwysings borde was ook deur hout en glas, dus niks plastiek is gebruik nie sienend dit weg vat van die gevoel waarna ons gesóek het. Daar was ook tonne kerse en ‘fairy lights’ om daardie sagte romantiese beligting te vir seker!
Eerste Dans:
Sunette – Ons eerste dans was op ‘Lover’ van Taylor Swift (Sunette se gunsteling sangeres). Ons het maande lank geoefen sienend KOVID-19 die troue uitgestel het. Beide van ons wou dans passies kry wat normaal voel en wat ook só een of twee geheime grappies tussen die twee van ons. sówel as passies wat ons eerste ontmoeting simboliseer, uitbeeld. Taylor sing van twee verliefdes gedurende Kersfees tyd, wat baie spesiaal is sienend ek elke jaar vanaf 26 Desember al die dae aftel tot die volgende Kersfees. Gert begin dit nou al net só te geniet sóos sy bruid! Sy sing ook dat die verliefdes voel of hul mekaar al 20 jaar lank ken, wat ʼn gevoel is wat ons deel. Nog ʼn simboliese aspek is dat sy insinueer dat sy haar geliefde al 3 jaar lank ken, wat ons geval ook was.
Ons gunsteling deel in die hele dans was aan die einde, toe Gert my optel (sóos in ʼn lynstaan in rugby) en ek ʼn ‘customized’ leer rugbybal vang en hy my neersit in ʼn dip met ʼn groot sóen (die bal het gelees “Mr. & Mrs. Brink” met die datum, en “Forest Fairytale” aan die ander kant). Ons is groot rugby ondersteuners só ons wou ons stokperdjie só uitbeeld en die gaste het dit voorwaar geniet! Die wonderlike instrukteur was Shanaya Salt van Self Sensei. Beide van ons se maagspiere het lekker ontwikkel van al die lag!
Die Besluitnemingsproses:
Ons het alles saam besluit, alhoewel Gert meeste van die finansiële besluite kon neem en ek meeste van die res op besluit het! Die bruidsmeisies en ma van die bruid was betrokke met die kies van die rok. sówel as om my te help finale keuses neem oor kleiner goed sóos ruikers, skoene, hare, grimering. Ek het baie gou geweet wat ek wil hê, só daar was min besluite gewees wat ek nie self gemaak het nie. Ek het dit dus baie effektief gevind om hul te raadpleeg om te kies uit my top 2 of 3 keuses!
Wittebrood:
Ons moes ons droom vakansie in Nieu-Seeland uitstel weens KOVID-19. só ons het nog geen sekerheid wanneer alles weer na normaal sal kan verkeer nie. Ons het uitgesien na rugby kyk op Eden Park; besóek aan die Lord of the Rings fliek reeks se verfilmings area in Matamata, die gloei wurms besigting in die gloei wurm grotte in Waitommo, egte tradisionele Maori ervarings in die woude van Tamaki, modderbaddens by ‘Hell’s Gate’, sneeu-ski op die berge van Ruapehu en al die pragtige woude en landskappe van beide noord en suid eiland te beskou!
Ons het wel intussen die beste gemaak van die situasie. Daarom het ons ʼn week lank na die Junie troue in Magoebaskloof spandeer. Later in November na daardie troue, nog ʼn paar dae langer vertoef in die woude van Magoebaskloof.
Sunette was nog altyd verlief op Nieu-Seeland (verwys na haar obsessie met die All Blacks). Daarom wou Gert al haar drome bewaarheid deur haar die beste vakansie van haar lewe te gee, só Nieu-Seeland was die antwoord! Ons is ook mense wie heeltyd besig is op vakansie en kan nie op ʼn strand lê en vrot nie. Daarom het só ons ʼn vakansie beplan waar ons verskeie aktiwiteite en sporte kon beoefen.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besóek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy sóek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Film & Fiesta Photography
- Venue: Eden’s Gate Wedding & Function Venue
- Blomme: Graysón Professional Services
- Bruidegom-pak: Euro Suit
- Dekor: Graysón Professional Services
- Fotohokkie: Graysón Professional Services
- Gaste Geskenke: Graysón Professional Services
- Grimering: Mirandi’s Aesthetic Beauty Salon
- Hare: Ronel Cahill
- Huwelik kontrak: Brink & Van Straaten Prokureurs
- Huweliksbevestiger: Jacques Erasmus
- Juweliersware: Johan Vosloo Designs
- Koördineerder: Graysón Professional Services
- Musiek: Framus Band
- Platejoggie: Framus Band
- Paartjie se verblyf: Glenogle Farm
- Strooijonkers bykomstighede: Euro Suit
- Skoene: Sissy Boy
- Skryfbehoeftes: Graysón Professional Services
- Strooimeisie-rokke: Spellekussing Designs
- Trourok: Enzoani London
- Trouring: Johan Vosloo Designs
- Troukoek: Dorette Hamming
- Vermaak: Graysón Professional Services
- Vervoer: Pa van die bruid
- Videograaf: Haptic Productions
- Wittebrood plek: New Zealand