Hier by Mooi Troues deel ons graag met ons lesers meer van Charlton en Chantell se pragtige selfdoen troue. Die paartjie se trou styl is eenvoudig en elegant.
Charlton en Chantell se pragtige selfdoen troue het sulke mooi kleurskakerings. Blou, wit, pienk, groen en wit. Elke liewe kleur het so mooi ingepas en saam gewerk. Haar bruidsruiker was ook besonders mooi. Ons is mal oor die Proteas wat ook geïnkorporeer is. Dis pragtig!
Die troukoek is ook ongelooflik mooi met sagte kleure. Ons hou baie daarvan! Die dankie sê geskenkie vir die gaste is bitter oulik en natuurlik iets wat Charlton en Chantell albei van hou. Dit maak dit so bietjie meer persoonlik aan iets waarvan hulle hou en graag met hul gaste wil deel. Bitter oulike idee!
Rol gerus af en geniet meer oor Charlton en Chantell se pragtige selfdoen troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het ongeveer vyf jaar terug aanlyn ontmoet, November 2018 het hy my gevra om te trou. Dit was baie spesiaal met ʼn romantiese ete wat hy self voorberei by ons huis (kreef en blomkool puree) ons het lekker gesels en gelag en toe hy terug kom met die “nagereg” was dit ʼn bordjie met die ring boksie.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was 2,5 jaar verloof, ons het die troue self beplan.
Finansiële Aspekte:
Ons het gespaar vir die troue, ons het nie ʼn vaste begroting gehad nie, maar geweet wat ons wil hê, en rond gekyk vir die beste waarde vir geld. Niks uitspattig nie, ʼn gemaklike troue waar almal lekker saam kan kuier en daarom het ons net ons naaste en liefste familie en vriende genooi (45 gaste). Mense wat saam ons ons paadjie gestap het en wat deel was van ons alledaagse lewens.
Die Besluitnemingsproses:
Bruid, met BAIE inset van Ciska (by die venue) en my vriendinne.
Merkwaardigste Oomblikke:
Hoe gemaklik die dag was.
Paartjie se styl:
Ons hele idee was om alles eenvoudig, maar elegant te hou en dat almal gemaklik voel en lekker saam kuier. Almal om net die dag saam ons te geniet.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Dames:
Geniet elke oomblik – dit gaan so vinnig verby, moenie stres oor die klein goedjies nie en as iets skeef loop, onthou net julle het geweet wat die oorspronklike plan was. Vat ʼn dag of 3 verlof voor die troue ook.
Manne:
Dis maklik. Maak seker al jou takies is kla ten minste ʼn dag voor die troue. ʼn Man kan nie jaag nie, want dan vergeet hy goed.
Wenk 2: klere, pakke, hemde, broek, skoene maak seker dit pas ʼn week voor die troue en nie op die trou dag nie (ons tel ook gewiggies op).
Wenk 3: een woord – belt- maak seker jou belt pas!
Venue & Dekor:
Die venue word besit deur mense wat ons ken, van die eerste dag wat ons die venue gesien het het ek geweet dit het die regte gevoel vir wat ons wil hê.
Gunsteling Diensverskaffers:
So moeilik, letterlik almal van die blomme/dekor tot platejoggie was ongelooflik maar ek moet sê Cradle’s Edge/Ciska (venue), Lewellyn (spyseniering) en Wendy (fotograaf) was ekstra besonders.
Wittebrood:
As gevolg van die onsekerheid rondom die pandemie het ons besluit om later (miskien 1 jaar herdenking) ons wittebrood te vier, hopelik teen dan is alles terug na normaal en kan ons reis sonder om te bekommer oor kwarantyn of kansellasies ensovoorts.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Niks rerig anders as om ons wittebrood later te vier nie.
Eerste Dans:
Can’t help falling in love – Haley Reinhart
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Wendy Van Rensburg Photography
- Venue: Cradle’s Edge
- Blomme + Dekor: Pretty Bunches
- Bruidegom-pak: Bride&co Rivonia
- Gaste Geskenke: Ditsem crafts
- Grimering: Professional Hair Beauty and Nail Salon
- Hare: Professional Hair Beauty and Nail Salon
- Huwelik kontrak: Olivier & O’connor Inc
- Huweliksbevestiger: Gerhard Slabbert
- Platejoggie: PF van Dyke Geyser
- Paartjie se verblyf: Rocky Aloe Lodge
- Strooijonkers bykomstighede: Pretty Bunches
- Skoene: Blu Betty + Woolworths
- Strooimeisie-rokke: YDE + H&M
- Trourok: Bride&co Rivonia
- Trouring: Browns + Wolf Bros (Clearwater)
- Troukoek: Schuster Cakes