Ek is ʼn student by Aleit Academy en het ʼn agt-week internskap voltooi by Mooi Troues. Daar was vir my ʼn opdrag gegee om ʼn gestileerde fotosessie te beplan en dan na lewe te bring. Dit was werklik ʼn belewenis.
Ek het ʼn Boheemse geïnspireerde tema gekies. Die rede daarvoor is dat ek so baie van die tema hou en dat ek voel dit is beslis een van die nuutste tendense. Alhoewel dit meer algemeen raak, het ek dit steeds op my manier gedoen en hoop om soveel inspirasie te bied vir toekomstige bruidspaartjies. Die tema was vir my so besonders mooi en die kleurskema was vir my net so stylvol en tydloos. Al die kleure werk net so mooi saam en wat dit vir my so mooi gemaak het was dat dit nie spesifieke kleure moes wees nie. Eerder net skakerings in daardie kleurskema.
Ek het saam met soveel ongelooflike diensverskaffers gewerk en ek is so bevoorreg vir die geleentheid wat gekry het hier by Mooi Troues. Ek het twee en ʼn half weke aan hierdie konsep gewerk vir my boheemse geïnspireerde trou inspirasie en dit was werklik ʼn belewenis om my idees te sien realiseer.
Rol gerus af en geniet meer oor die Boheemse Geïnspireerde Trou Inspirasie.
Wie het die fotosessie gereël?
Ek, Nicole Redgard doen ‘n 8 week internskap by Mooi Troues en hulle het my die opdrag gegee om ‘n gestileerde fotosessie te reël. Ek kon self die tema kies en ek het dadelik aan ʼn boheemse troue gedink. Dit is vir my so ongelooflik mooi en stylvol. Ek het al so baie aan boheemse inspirerende troues gedink en hier kon ek die geleentheid kry om my idees na lewe te bring.
Inspirasie agter die fotosessie:
My eerste gedagte wat by my opgekom het toe ek gehoor het my projek vir Mooi Troues is ‘n gestileerde fotosessie, was dat ek pampas gras wil gebruik. Ek is absoluut mal oor pampas gras, “bunny tails” en koning-stingels. Ek wou iets skep was tans ook ʼn tendens is, die boheemse tema. Dit moes ʼn rustige atmosfeer, maar steeds stylvol en elegant wees. Gedroogte blomme is vir my ongelooflik besonders. Dis so anders en buite die normaal. Ek wou iets anders doen alhoewel dit ʼn baie “in” ding is. Gedroogte blomme is so ongelooflik, veral met ʼn troue. Persoonlik dink ek dit is so uniek en jy sal dit altyd kan hou. Dit kan die dood gaan nie en dit is dus ʼn gebaar van die liefde wat jy en jou pasmaat deel.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ek het die gekose diensverskaffers gekies met wie ek nog altyd wou werk. Vir my was dit nie om met die grootste diensverskaffers te werk nie, maar om met mense te werk wat lief is vir wat hulle doen. Die mense met groot besighede het ook nie altyd tyd om af te staan aan ʼn gestileerde fotosessie nie. Ek wou ook mense nader wat nog nie so groot is in die industrie nie, maar wat wel ʼn ongelooflike goeie werk doen. Vir my was dit meer om diensverskaffers te nader wat bereid sal wees en wat ʼn hupstoot nodig het sodat mense hulle kan raaksien. Baie van die diensverskaffers het ek ook op Mooi Troues se aanlyn trougids gebruik, juis omdat hulle slegs top-gehalte diensverskaffers sal aanbeveel.
Agter die skerms van die fotosessie:
Meeste van die diensverskaffers wat ek gekontak het was meer as gewillig om my te help, die enigste ding was net dat hulle die vinnig genoeg reageer het op my eposse nie. Of hulle was gewillig, maar kon nie op my gekose datum help die. Al my finale diensverskaffers het wel opgedaag en alles het seepglad verloop. Ek was baie beïndruk met al die diensverskaffers.
Een ding wat ek nie gedink het gaan so moeilik wees nie, was op die ou end die moeilikste. Dit was om ʼn ligte beige/bruin pak te kry. Ek het winkel na winkel besoek en toe uiteindelik die perfekte kleur gekry. Dit is eintlik nie so ʼn gewilde kleur vir ʼn pak soos ek gedink het nie. Juis omdat meeste mense maar pakke laat maak in die kleur en styl waarvan hulle hou.
Ek het wel probleme gehad met kerse en dus toe kerse gaan koop. Die dag voor die tyd toe is die kerse eers bevestig en ek moes dit toe die oggend van die fotosessie optel op pad The One and Heaven Earth toe, in Caledon.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Vir my was dit toe my hele konsep bymekaar kom. Hoe alles so mooi saam gewerk het. Alhoewel dit my eerste keer was wat ek so iets doen, was dit redelik stresvol. Dit was altans lekker stres. Ek weet nie hoe om dit te beskryf nie, maar op die dag was dit net ongelooflik. Dis die eerste keer wat ek met regte diensverskaffers werk en dit was werklik ʼn belewenis. Toe ek uiteindelik klaar is met die hele opset en my rok gaan aantrek was ongelooflik. Toe voel ek net WOW. Ek het hierdie gedoen, hierdie is my die werk. As ek nou moet bieg, ek was redelik trots op myself.
Dekor:
Vir die dekor wou ek baie goud en beige gebruik. Dit moes half ʼn baie gemaklike, maar steeds stylvol en elegante “troue” wees. Ek het stylvolle dekor items soos goue eetgerei gebruik. Die plekmatjies was vir my besonders mooi en mens hoef nie eers ʼn onderbord te gebruik nie. Dit maak ook die tafel voller in terme van dekor. Die kers-houertjies was vir my tydloos. Al die verskillende blompotte was ook vir my so mooi en gee so mooi effek op die tafel. Die drink-waentjie was vir my ongelooflik mooi en ek het net gevoel ek moes dit op ʼn manier inkorporeer.
Kleurskema:
Die kleurskema was wit, goud, beige en ligte skakerings van bruin. Ek is absoluut mal oor daardie kleure. Dit pas so mooi bymekaar en lyk soos iets uit ʼn tydskrif. Ek het so baie idees met daardie skakerings op my Pinterest borde en daarom gevoel ek moes met dit gaan. Dit is so elegant, maar met so ʼn kalm atmosfeer. Ek wou nie ʼn stywe atmosfeer gehad het nie.
Venue en Ligging:
Die venue was The One Heaven and Earth. Wat ʼn ongelooflike venue! Ek het hulle gekies omdat hulle die hout en glas elemente in die venue het. Die hout balke en die glasdeure om die hele venue was net besonders. Boonop dit het hulle so muur aan die een kant van die venue wat half rou is. Jy kan die bakstene sien en die kleur van die bakstene het so mooi ingepas by die tema van my fotosessie.
Trourok en bruidegom pak:
Vir die trourokke het ek vir Didi Couture genader. Sy en haar span is ongelooflik. Hulle wil net hê jy moet so gemaklik en so mooi as moontlik lyk. Sy het besonderse rokke! Ek het twee rokke gekies. Een wat meer boheems is en dan een wat meer elegant is. Didi kon my dadelik help met die perfekte rokke vir die geleentheid.
Met die bruidegom pak was dit maar ʼn gesukkel. Omdat ek ʼn spesifieke kleur in gedagte gehad het, was dit bietjie moeilik. Meeste plekke het net die normale swart, vlootblou of wynrooi pakke. Dus was dit maar moeilik om die regte een te kry. Verbasend ʼn dag voor die fotosessie het ons reggekom by H&M.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Maak dit soos jy dit wil hê. Baie mense gaan hulle idees wil deel en dis oukei, maar bly by wat jy van hou. Dis al wat saak maak. Met hierdie tema kan mens gelukkig nie te veel van iets hê nie. Daar is altyd iewers ʼn plekkie waar jy dit sal kan gebruik. Byvoorbeeld met die blomme. Iewers sal dit gebruik word en eintlik is dit mooi hoe meer daar is, veral met die tema. Maak gedurig kontak met jou diensverskaffers om op hoogte te bly van die verloop van dinge. Wees waaghalsig en vat ‘n kans!
Addisionele Inligting:
Volgens wat foto’s betref. Maak seker jy weet wat jy wil hê of stuur dalk ʼn album aan jou fotograaf met foto idees van wat jy wil hê. Dit was vir my die moeilikste. Jy het hierdie visie van wat jy wil hê en wat jy verwag, maar dan op die dag is ding baie oorweldigend. Jy fokus meer om alles reg te kry as om te fokus op die foto’s wat jy wil hê. Dit is tog ook al wat jy van daardie dag oor het. Dus is dit belangrik. Dit sal ook help as jy nie jou fotograaf so goed ken die, net om vir hulle ʼn idee te gee van wat jy verwag en wat jy wil hê.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lootsin Photography
- Dekor: The Hire Haus
- Juweliersware + Trouring: First Diamonds
- Skryfbehoeftes: Twaalf Events
- Venue: The One Heaven & Earth
- Blomme: Husband & Wife Team
- Bruidegom-pak: H&M
- Grimering + Hare: D&M Acency | Makeup and Hair
- Huurdienste: Party Decor Hire
- Troukoek: Rosebury Cakes
- Trourok: Didi Couture