Trou by Lupela Lodge – OuKraal Venue in die Oos-Kaap

Vandag is ons opgewonde om met ons lesers hier by Mooi Troues meer te deel oor Lupela Logde, OuKraal Venue.  Hierdie trouvenue is geleë in die Oos-Kaap provinsie.  Dit is ʼn sandsteen skuur wat al 88 jaar oud is.  Hoe ongelooflik is dit?  Die naam van Oukraal Venue se oorsprong het ook ʼn baie mooi betekenis.

Lupela Lodge – OuKraal doen alle spyseniering. Alle geregte word met sorg en liefde gemaak met vars plaaslike produkte.  Hulle diens is ook van top gehalte en hulle ongelooflike vriendelike personeel maak die hele ervaring soveel beter.

Lees gerus meer hieronder oor die ongelooflik Lupela Lodge – Oukraal Venue is die Oos-Kaap provinsie en alles wat hulle bied.

Lupela Lodge – OuKraal Venue Lupela Lodge – OuKraal Venue

Baie inspirasie en tyd om te droom:


“Die grootste avontuur is om die lewe van jou drome te leef”

Klein dorpies bied maar min geleenthede, maar baie inspirasie en tyd om te droom. Lupela is uit een van die drome gebore in 1998.  Forelhengelaars, moeë stedelinge en wêreld reisigers het hier kom afsaal.  Met vrede, rus, en die mooie natuur as geselskap en ʼn Visarend wat die dag se stilte kom verbreek.  So het twee moeë stedelinge eendag met die pad opgekom, hulle wou dit anders doen.  ʼn Kaalvoet troue langs die rivier op ʼn sandbank.  Hier word nog ʼn droom gebore.

Die 88 jarige Sandsteenskuur het na meer gevra as om net ʼn skuur te wees.  Familie vergaderings, baie praat, planne optrek, idees rondgooi, baie lag en baie stry.  Daar moet reg laat geskied aan dit wat dit is.  ʼn Skuur, met liefde hervorm.  Getooi vir die mooiste bruide om in haar warmte toe gevou te word en die nuwe hoofstuk te begin.  Die naam Oukraal- geneem uit dit wat by die voete van die gebou was, skaap en bees krale.

Lupela Lodge – OuKraal Venue Lupela Lodge – OuKraal Venue Lupela Lodge – OuKraal Venue

Omring deur natuurskoon:


ʼn Mens kon sê Die Oukraal liedjie wat sing van waterstrome, slange in Olienhoutbome en ʼn ribbok wat teen die randjie staan is vir die plaas in die Lady Grey distrik geskryf.  Sandsteen kranse wat uittroon bo die rivier wat helder en rustig vloei.  ʼn Populier bos op die oewer met hout bankies, die kerk.  Die wind speel deur die populiere en saam met die voëls maak hulle musiek vir die wagtende gaste.

OuKraal se trou-lokaal:


Die lokaal is op twee vlakke.  Die hoof saal kan tot 200 gaste akkommodeer maar vir ʼn lekker opskop is 170 die ideaal.  ʼn Liggie-plafon en ʼn hout vloer gee ʼn warm welkome gevoel aan die saal.  Pragtige hout tafels met fyn wit stoele rond die prentjie af.  ʼn Aparte opskep vertrek sorg vir ʼn rustige atmosfeer tydens toesprake.  Die onderste helfte huisves vóór happies,  kroeg, en toilette.  Baie feetjie liggies verfraai ʼn stoep wat oor die berge en rivier uitkyk.  Baie buite kuberruimtes is geskep vir die klank sensitiewes en jong klomp.

Ingesluit en uitgesluit in die trou pakket:


Ingesluit:  Alle eetgerei, glase, wit tafeldoeke en servette is ingesluit, so ook die dek van tafels, algemene opruim werk en kerk.

Uitgesluit: Blomme, dekor, drank, musiek, troukoek en verblyf word teen ʼn ekstra bedrag ingesluit.

Spyseniering:


Lupela Lodge-OuKraal doen alle spyseniering.  Alle geregte word met sorg en liefde gemaak met vars plaaslike produkte.  Lekker plaasbrood met regte botter, tuisgemaakte konfyt, goeie koffie en lekker koeksisters is definitief op die spyskaart.  Paartjies kan self spyskaart opstel of gebruik maak van OuKraal se spyskaart.  Daar is ʼn keuse van drie prys opsies.  Geen buite spyseniering word toegelaat nie.

Die 3 unieke selfsorg eenhede:


Lupela cottage:

ʼn Ou melkstal is omskep tot ʼn 5 en suite kamers, ʼn sitkamer, kombuis volledig toegerus met ʼn lekker braai area.

Silo Cottage:

ʼn Graan silo omskep in ʼn wittebrood kamer is op twee vlakke.  Leef area onder, ʼn hout trap lei jou na die en suite slaapkamer.

Look Out cottage:

ʼn Nuwe gebou, langs die rivier met sonkrag en gas.  Twee en-suite kamers met mooi uitsig oor die rivier en berge.

Lupela Lodge – OuKraal Venue

Hoekom moet jy trou by OuKraal?


Dit is idillies, uniek, bekostigbaar, ʼn welkome wegbreek onder die sterre en ʼn plek vir samesyn.  Hier stop die horlosie en word jou droomdag in ewigheid vasgevang.

Lupela Lodge – OuKraal Venue Lupela Lodge – OuKraal Venue Lupela Lodge – OuKraal Venue Lupela Lodge – OuKraal Venue

Kontak OuKraal vir meer inligting:


Indien jy meer inligting soek, of dalk wil bespreek, stuur ʼn epos na info@lupelalodge.co.za.  Hulle sal kontak met jou maak en alles deurgee.  Gaan maak gerus ʼn draai en maak jou dag dié mooiste dag.  Besoek ook www.lupelalodge.co.za of volg hulle of Facebook – Lupela Lodge.

Lupela Lodge – OuKraal Venue Lupela Lodge – OuKraal Venue Lupela Lodge – OuKraal Venue

Artikel Krediet: