Hier by Mooi Troues deel ons vandag met ons lesers meer oor minimalistiese en tydlose trou inspirasie. Baie paartjies wil altyd uniek en iets anders doen vir hul troudag, maar wil steeds tydlose en minimalistiese elemente hê. Hier is beslis daardie tipe trou inspirasie.
Mens hoef nie altyd vreeslik baie kleure te gebruik nie. Om net te bly by die neutrale kleure kan dalk net die perfekte kombinasie van kleure wees en daardie gewenste gevoel gee. Die wit, swart, goud en groen komplimenteer mekaar so mooi en dit is beslis ʼn baie goeie keuse vir jou troudag. Dit is ongelooflik elegant en lyk baie deftig.
Die donker trou dekor elemente gepaard met die wit en groen blomme is so klassiek. Dan die swart kerse en borde met die goue eetgerei is so ʼn tydlose kombinasie. Al die trou skryfbehoeftes is so ʼn perfekte illustrasie van minimalistiese en tydlose trou inspirasie. Dis baie minimalisties, maar lyk nie leeg nie. Beslis goeie trou inspirasie vir paartjies wat besig is met troubeplanning!
Rol gerus af en geniet die minimalisties en tydlose trou inspirasie!
Wie het die fotosessie gereël?
Evette Joubert Terol eienaar van Evette Terol Make-up Artistry.
Inspirasie agter die fotosessie:
Mens is altyd opsoek na “iets anders” as dit by troues kom. Met die minimalistiese en tydlose trou inspirasie het ek gedink deur om wit, swart, groen en goud as kleurskema te gebruik is dit beslis daai “iets anders” gevoel wat mens kry. Die swaar kleurskema wat gebruik is gee ʼn baie klassieke gevoel en dit is kleure wat nooit uit styl uit gaan nie. Vir die bruid en die bruidegom het ek besluit om die rokke en pak baie stylvol en eenvoudig te hou sodat dit ʼn tydlose gevoel kan gee. My idee agter die stilleering sessie was juis om bruide te inspireer om kleurskemas te gebruik wat uitdagend is maar wat tydloos is. Mens wil altyd trots wees op jou troufoto’s!
Dekor:
Vir die dekor het ons swart onderborde met grys servette gebruik. Ons het besluit om ʼn lang tafel te dek met goue antieke blom houertjies waarin daar verskeie soorte blomme wat wit, swart en groen in was. Ons het swart kerse gebruik om ʼn warm dramaties atmosfeer te skep. Vir die skryfbehoeftes het ons MU Studio SA gebruik wat vir ons swart & wit minimalistiese spyskaarte/tafel nommers/trou uitnodigings en tafel plasings gemaak maak het.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
As grimeerkunstenaar hou ek daarvan om nuwe mense te ontmoet. Daar was lank beplan aan die span wat genader is vir die stilleering sessie. Ek het van die verskaffers voor die sessies al geken, maar meeste het ek deur Instagram gesien en ek was eenvoudig mal oor hulle werk en daarom het ek hulle genader vir die sessie. Ek was baie opgewonde toe almal instem om deel te wees van die sessie! Dit is verseker is ontsagwekkende span om mee te werk.
Agter die skerms van die fotosessie:
Agter die skerms was geen probleme nie, almal het so lekker saam gewerk en mekaar so lekker gehelp om die perfekte uitkoms te kry. Wens net ons het meer tyd gehad om met al die rokke en juwele te kon foto’s neem wat vir ons geleen was vir die fotosessie. Maar ongelukkig het tyd en die sonlig ons ingehaal.
Kleurskema:
Die kleurskema wat gebruik is vir die sessie was wit, swart, groen & goud. Die rede vir die kleure was om ʼn warm, elegante & klasieke gevoel te skep.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Die feit dat almal wat deel was van die fotosessie regtig uit hulle pad gegaan het om die fotosessie te laat realiseer en ook te verseker dat dit suksesvol gaan wees. Dis merkwaardig om te sien hoe vreemdelinge so vinnig vriende kan word sodra mens saam mens se passie uitleef en iets wonderliks maak.
Venue en Ligging:
Mooikrans Venue & Garden
Die venue is asemrowend mooi en om elke hoek en draai is daar verskuilde hoekies waar mens die mooiste oomblikke kan vasvang! Beslis ʼn venue om te oorweeg as jy ʼn troue beplan.
Trourok en bruidegom pak:
Die modelle vir ons fotosessie het, het beslis in ons guns getel want hulle was net perfek! Die pak is gekoop by Woolworths en die trourokke is gemaak deur Mimie Bridal Alatier. Sy het soveel mooi rokke om van te kies. Wat ek hou van is haar trourokke is dis tydloos en stylvol en mens kan met een rok verskillende “looks” kry met haar bykomstighede wat sy het. Ek sal beslis haar vir enige bruid aanbeveel.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Dink uit die boks en moet nie bang wees om te waag nie. Met die regte trou verskaffers kan jy jou droom troue kry!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Lemon Leaf Photography + Image and Dust Photography + Fleur Picturesque
- Blomme: Veldmeisie
- Bruidegom-pak: Woolworths
- Dekor: Veldmeisie + Meraki Floral and Decor Design
- Grimering: Evette Terol Make-up Artistry
- Hare: Leandri at Mane Society
- Juweliersware: Belle Designer Earings + Bogene
- Koördineerder: Evette Joubert Terol
- Skryfbehoeftes: MU Studio SA
- Trourok: Mimie Bridal Aletier
- Venue: Mooikrans Venue & Garden