Hier by Mooi Troues deel ons Michael en Jordynne se avontuurlustige verlowing fotosessie met ons lesers. Die paartjie is lief vir die buitelug en wou iets buitengewoon doen met hul verlowing fotosessie. Michael en Jordynne is ʼn hoërskool-paartjie en kom al ʼn geruime tyd saam.
Michael het vir Jordynne so omkant gevang en sy was so verras toe hy uiteindelik die groot vraag vra, waarvoor sy al so lank wag. Die paartjie is bitter aktief en wou juis iets doen waarvoor hulle lief is, daarom is die fotosessie gekoppel met dit waarvoor hulle baie lief is. Die fotograaf het dus ook haar grense getoets met Michael en Jordynne se avontuurlustige verlowing fotosessie, en hulle was absoluut mal daaroor.
Rol gerus af om meer te lees van Michael en Jordynne se avontuurlustige verlowing fotosessie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ek en Mike was hoërskool-liefdes. Ons was baie goeie vriende tot die einde van Graad 11, totdat ek hom begin raaksien as meer as ʼn vriend. In matriek het ons begin uitgaan na ʼn respiratoriese eksperiment in Biologie waarop ons saam gewerk het. Die verhouding was ʼn volle 6 jaar lank gewees, totdat Michael die groot vraag gevra het in Desember 2020.
Die groot vraag:
Ons gaan kuier elke Desember by Mike se familie-huis in die Oos-Kaap. Dit is so besonders om by daardie baie stil en wit sanderige strand te wees.
Mike het my verras met ʼn fotosessie (of dis wat hy dit as beskryf) op die mees winderigste dag uit ons hele vakansie. Ons het onsself reggemaak vir die dag en ʼn lang stappie gevat na die tweede suster in Port Alfred. Toe ons die baai betree was dit gevul met sagte golwe wat breek teen die skulpies. Mike se ouers het saam met ons gekom en ek sal ewig dankbaar wees dat hulle die hele storie kon beleef.
Ek het dadelik geweet toe hy erken hy het iets op die hart, toe weet ek binne my, dis die dag waarvoor ek al so lank wag. Ek het onmiddelik geskree, JA!
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Sjoeh, wonderlike vraag. Ons is tans besig om te kyk na verskillende trou venues in en om Johannesburg. Ek en Mike wil graag ons droom trouvenue vind voor ons die datum wil vasmaak. Ons wil graag die knoop deurhak teen die einde van 2022 of vroeg 2023.
Die verloofring:
My verloofring is a prinses-Diana-snit met a pienk handgemaakte diamant in die middel. Mike het die ring gekies en dit was ʼn absolute verrassing. Wanneer ookal ons na ringe sou kyk of daaroor sal praat, het ek nog nooit vir Mike presies gewys wat ek soek nie. Ook nog nooit na daardie tipe styl gekyk totdat Mike dit vir my uitgekies het nie. My ring is besonders spesiaal en dit bevat ook my gunsteling kleur. Dit reflekteer my persoonlikheid so mooi en dit is ʼn absolute wenner!
Hoekom ons mekaar liefhet:
My gunsteling eienskap van Mike is sy innerlike stilte, hy is die kalmte in my malligheid. Hy is ʼn uitstekende advies-gewer en fantastiese komediant.
Mike sê gereeld dis my geen-nonsens houding en lewenslus waarvan hy die meeste hou.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ek vra al baie lank vir Mike om ʼn fotosessie te doen. Ek het werklik sentimentele waarde na so ʼn ervaring en ek is rerig behep met die idee van groot fotorame wat gemaak is vir ons huis. Toe ons verloof geraak het, was ons baie vasberade om al die ervaringe te beleef in die nuwe seisoen van ons lewens.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
AVONTUUR! Ons is driekamp-atlete en ons is dikwels buite in besonders plekke terwyl ons aktief verkeer. Ek wou iets buitengewoon doen tydens die verlowing fotosessie. Ek was baie bevoorreg om vir Maxine te kon kry om in te stem met my vermaaklike idees. Ons was op ʼn staptog na Castle Gorge in Magaliesberg wat die beste herinnering sal wees en wat ons vir die res van ons lewens sal koester. Maxine het ons regtig mooi uitgehelp met die stilleering en was toe die persoon wat voorstel dat ons in die water moet spring. Ons het so bietjie op Pinterest gegaan en vind toe ʼn asemrowende konsep wat ons persoonlikhede perfek reflekteer.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons het werklik buitengewoon salige verlowing gehad, alhoewel KOVID-19 ʼn ongelooflike groot rol gespeel het in die organisering van seker opwindende dinge wat ons beplan het. Ons moes ons verlowingspartytjie ʼn hele paar keer uitstel weens die Koronavirus golwe, wat baie frustrerend was.
Ek is vreesbevange om op ʼn venue te besluit, omrede ek weet KOVID-19 is ʼn realiteit. Die feit dat ons nie weet of ons al ons gaste wat ons wil nooi, kan nooi nie en of ons die gastelys moet sny.
Behalwe dit, pak ons elke dag aan soos dit kom!
Visie vir droomtroue:
Ek wil net ʼn klein, intieme troue hê in die somer met ʼn glas of opelug kapel. Daar moet ʼn gin-stasie wees met fantastiese musiek en ʼn wonderlike atmosfeer. Ons wil net ʼn lekker tyd hê.
KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:
Eerlikwaar, behalwe nou vir die verlowingspartytjie, het dit nog geen beplanning affekteer nie.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Maxine Richards Photography
- Fotosessie Venue: Castle Gorge
- Verloofring: Browns