Vandag is ons so opgewonde om Kosie en Alicia se spesiale verlowing op die plaas met Mooi Troues se lesers te deel. Dit is ook die plaas waar Kosie vir Olicia gevra het om te trou. Daarom wou hulle die verlowing fotosessie op die plaas neem.
Kosie en Olicia het die fotosessie op die plaas gedoen om vir altyd hierdie oomblik in hulle lewe te kan onthou en te kan herleef. Hulle het ook van die foto’s gebruik vir hul uitnodigings en gaan heel moontlik ook op hul troudag. Dit is ook ʼn baie goeie idee om so fotosessie te hê met jou fotograaf sodat jy gemaklik raak voor die kamera voor jou troudag.
As jy jou troue beplan en opsoek is na fantastiese diensverskaffers, besoek Mooi Troues se Trougids. Rol gerus af en lees meer oor Kosie en Olicia se spesiale verlowing op die plaas.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Na die eerste naweek wat ek en Kosie saam gekuier het, het ek op die pad geweet en gebid. Ek het vir die Here gevra of Kosie my man is. As hy is, dat hy met my sal kontak maak op die regte tyd. Later het ek ʼn boodskap van Kosie af ontvang en het ons begin gesels. Ek het geweet ek het my man gekry en dat ek baie gelukkig saam met hom sal wees.
Die groot vraag:
Ons het geweet dat ons met mekaar wil trou eendag en dat ons mekaar se “missing puzzle piece” is. Maar ek was heeltemal verras die dag toe hy my vra om met hom te trou (ek wou nie weet wanneer hy my gaan vra om te trou nie en ek het dit daardie dag glad nie verwag nie). Hy het my die 18de September 2020 op die koppie op die plaas gevra om te trou. Hy het kerse in die vorm van ʼn hart gepak en die son was besig om te sak toe hy op sy knieg gaan. Nou is dit ons spesiale plekkie waar ons ʼn koppie koffie of ʼn glasie wyn saam geniet.
Die verloofring:
Ek hou nog altyd baie van roosgoud en Kosie het dit geweet. Die ring wat hy gekies het het hy self gekies en dit wys net weereens hoe goed hy my ken, want ek is absoluut mal oor my ring.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons gaan 9 maande verloof wees wanneer ons trou op die 26ste Junie 2021.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons het die verlowing fotosessie gedoen sodat ons altyd hierdie oomblik in ons lewe sal kan onthou en herleef. Die foto’s het ons verwagtinge toe heeltemal oortref en het ons dit toe gebruik vir ons “save the date” en uitnodiging. Ons gaan heel moontlik van hulle op ons troudag ook gebruik.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Aangesien ons op die plaas verloof was het ons besluit ons wil graag dieselfde atmosfeer in ons fotos hê. Daarom het ons ons foto’s toe in die veld geneem.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Daar is soveel aspekte in die lewe wat vir mens struikelblokke kan wees en vrese kan veroorsaak, maar ons plaas nou al ons fokus op God en gaan ons dit op ons troudag net weereens bevestig. Kom wat wil, ons sal dit saam aanpak.
KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:
Hierdie datum is ons eerste datum en was dit nie vir ons nodig om ons datum te skuif nie. Wat wel vir ons moeilik is in die tyd is die onbekende van of ons al ons geliefdes gaan kan nooi na ons troue. Ons is ook bekommerd oor of ons ʼn seker limiet gaan moet hê weens KOVID-19.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Armadillo Media
- Verloofring: Diamond House