By Mooi Troues wil ons vandag met ons lesers JP en Elizma se Boland selfdoen troue deel. Die paartjie moes weens KOVID-19 hul troue 2 keer uitstel en kon uiteindelik op die derde keer hul troudag laat realiseer. Hulle moes ook hul gastelys verkort en kon net naaste vriende en familie nooi.
JP en Elizma se trouvenue keuse het so mooi ingepas by hul troustyl. Hulle wou iets natuurlik en gemaklik hê. Met die venue se mooi uitsig was dit so komplimenterend en het dit hul dag so mooi afgerond. Die pragtige trou venue Leipzig Country House & Conference Centre is op die R60 tussen Worcester en Robertson in die pragtige Nuy Vallei geleë. Die hoof trou venue met sy wyn bevlekte mure is ʼn eeue oue wynkelder. Seremonies kan op die gras voor die Kaap Hollandse hoof huis gehou word. Die plaas beskik ook akkommodasie vir 46 gaste. Hul het ook hul eie sjef-span wat na al jou spyseniering behoeftes kan omsien en bied op die dag koördinering om enige stres te vermy. ʼn Een-stop trou venue waar jul die hele naweek kan makietie.
Die troudekor het ook baie mooi saamgespeel met die tipe atmosfeer wat die paartjie wou skep vir hul Boland selfdoen troue.
ʼn Bitter oulike aspek van die paartjie se troue was dat hul vir geen danslesse gegaan het nie, hulle het net gedans op die ritme van die musiek en dit “embrace”. Hulle het hulself gate uit geniet en was beslis op hul gemak, veral met al die gaste wat rondom hulle op die dansvloer gestaan het.
Rol gerus af en geniet meer oor JP en Elizma se Boland selfdoen troue.
Paartjie se Liefdesreis:
ʼn Skoolvriendin van my was vriende met JP, hulle vriende kring het bestaan uit dieselfde mense in dieselfde klein plattelandse dorpie. Tien jaar later en op ʼn dag kry ek ʼn Facebook boodskap van JP. Skoon verbaas en uit my vel geslaan weet ek nie eens wat om te sê nie. Wel 4 dae later kon ek terug antwoord. LOL! Hy wou graag ʼn reünie gereël het sodat almal van ons wat daardie jare deel van die vriende kring was bymekaar kon kom.
Lang storie kort, hier by my het die reël van die reünie ook begin en geëindig. Ons het ons eerste koffie afspraak gehad in Prins Albert na waar JP 130km gery het en waar ons verhouding begin het. Ons was op pad vir ʼn naweek na baie goeie vriende van ons in Riversdal. Deur die week het my vriendin ʼn voorstel gemaak dat ons vir die manne lekker verras met ʼn wyn proe en piekniek by Jakkelsvlei.
Op daardie stadium was daar nie eens ʼn gedagte van trou/verloof of enige iets in daardie lyn in my kop nie. Daar gekom, was daar die mooiste plekkie met die heerlikste eetgoedjies en sjampanje uitgesit onder ʼn boom met ʼn pragtige uitsig oor die wingerde. Ek wou nog bietjie die omgewing verken en JP sê toe vir my maar ek moet hier langs hom staan. Ek is toe heel huiwerig, maar ek wil bietjie die omgewing verken en net daar sak hy op sy knieg en vra die groot vraag.
Die Verlowing Tydperk:
Ons oorspronklike trou datum was 28 Maart 2020, 6 maande na ons verlowing, maar as gevolg van KOVID-19 het ons eers op 19 Maart 2021 getrou. Ons het ons troue self beplan.
Finansiële Aspekte:
Ons het eerstens gekyk na dinge wat vir ons belangrik was en wat ons graag daar wou hê. Ek en JP is ‘minimalistiese mense’ en so het ons ʼn begroting opgestel op ʼn “Excel” sigblad wat elke aspek bevat van ons groot dag aangesien ons al die beplanning self doen. Ons het op ʼn begroting van R80 000 gewerk vir 90 gaste waarvan my ouers ʼn deel bygedra het. Op die ou einde het ons slegs 30 gaste onthaal wat ʼn baie moeilike besluit vir ons was as gevolg van KOVID-19. Die troue het net bestaan het uit naaste familie en vriende met ʼn begroting van R70 000. Ons het sover moontlik by ons begroting gebly, maar daar was ook kleiner uitgawes waaraan ons nie gedink het nie wat bykomend was en waarvoor ons nie begroot het nie.
Advies: Jy spaar baie deur ʼn troue self te beplan en aankope te doen met hulp en raad van vriende en familie.
Merkwaardigste Oomblikke:
Elizma:
Daar was ʼn paar merkwaardige oomblikke vir my. Die eerste een was to ek en my pa instap by die kerk na waar JP vir my wag. Asook hoe bevoorreg ek nog is om my ouma van 91 daar te hê om die dag saam met ons te kon deel. Ds WP het ook ʼn pragtige en kragtige boodskap gedeel.
JP:
Die merkwaardigste oomblik vir my was toe ek vir Elizma die eerste keer weer sien waar sy by die kerk instap – daardie eerste oogopslag oomblik.
Die Besluitnemingsproses:
Beide bruid en bruidegom was betrokke by die besluitnemingsproses. Ek het ook meer as een opsie gehad vir verskillende aspekte en ʼn besluit gemaak en dan net seker gemaak JP stem saam en is ook gelukkig. Ons het vriende en familie se raad gevra.
Paartjie se styl:
Ons is die ‘minder-is-meer’ paartjie. Ons hou van natuurlike elemente. Simplisties maar ook elegant en stylvol. Dit was als teenwoordig van ons ringe tot my trourok en JP se troupak.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit is eintlik moeilik om een diensverskaffer uit te sonder, maar ek kan definitief sê ons fotograaf is heel bo-aan die lys.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruid:
Maak seker daar is wel vermaak tussen die diens en wanneer die troupaartjie foto’s neem om gaste besig te hou. Veral wanneer dit ʼn meer intiemer seremonie is. As die bruid en bruidegom die aand geniet gaan jou gaste verseker ook ʼn lekker tyd he. Dit is een dag/aand in jou lewe wat jy aan niemand ander as jouself dink nie. “You do you” en klaar.
Bruidegom:
Geniet elke oomblik want dit is in ʼn oogwink verby. Niemand behalwe jy sal weet indien dinge nie perfek loop nie.
Venue & Dekor:
Ons wou graag iets natuurlik en gemaklik hê. Aanvanklik sou ons troue in my tuisdorp plaasgevind het op ʼn gasteplaas, Abrahamskraal, wat daardie natuurlike en rustige plaas gevoel gehad het. As gevolg van KOVID-19 het ons getalle ongelukkig verminder. Met ons nuwe datum het ons to besluit op ʼn ander venue. Ons het besluit op Leipzig Country House & Winery in die Boland. Ons was dadelik verlief toe ons die venue sien. Leipzig het baie natuurlike elemente gehad wat ons wou hê met ʼn baie mooi uitsig reg rondom die hele venue. Die venue was ʼn mengsel van oud modies met ʼn ryk historiese sjarme.
Vermaak:
Ons het slegs ʼn platejoggie gehad by beide verwelkomingsdrankies en seremonie.
Wittebrood:
JP het die wittebrood gereël met die idee dat dit ʼn geheim/verrassing moet bly. As gevolg van KOVID-19 was dit egter nie moontlik om te gaan nie. Sodra die verbod op buitelandse reise gelig word dan gaan ons. Tot dan bly dit nogsteeds ʼn geheim. Ons het wel vir ʼn paar dae in die mooie Kaap gaan kuier.
Eerste Dans:
Ons eerste dans was op Gaby Barrett se “One of the Good Ones”. Die woorde van haar liedjie is sinoniem met albei van ons. Ons was nie vir dans lesse nie en het sommer in ons kombuis so ʼn paar draaie, swaaie en “dips” gemaak en gesê nee wat, ons is reg vir die ding. Ons het geen spesifieke dans roetine gehad nie en het op die maat van die musiek gedans terwyl ons gaste rondom die dansvloer gestaan het, elk met ʼn “sparkler”.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
O ja, verseker het tannie Rona ons lekker uitgeboul, twee dae voor ons heel eerste troudatum (28 Maart 2020). Donderdag was die aankondiging gemaak en daardie Saterdag sou ons trou, maar daar was wel gerugte van wat aan die kom was en toe het ons die moeilike en hartseer besluit gemaak om al ons gaste in kennis te stel. Ons het ons troue uitgestel na September 2020, maar toe kon ons nogsteeds nie voortgaan nie. Ons het toe besluit, kom ons maak dit vroeër in 2021 voor daar weer iets kan voorval. Met als wat aan die gang was, het daar darem ʼn bietjie goeie nuus gekom en ons kon voortgaan met troues en die aandklok was ook na later geskuif. So besluit ons toe op 19 Maart 2021 – “3rd time lucky”!
- Trou Venue: Leipzig Country House & Conference Centre
- Koördineerder: Leipzig Country House & Conference Centre
- Paartjie se verblyf: Leipzig Country House & Conference Centre
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Striped Fox Photography
- Blomme: Leipzig Country House & Conference Centre + Peach Perfect
- Bruidegom-pak: Mr Suit Hire
- Dekor: Function Hiring 4 U
- Grimering + Hare: Corle Barnard
- Huwelik kontrak: Conradie Inc. Prokureurs
- Huweliksbevestiger: Ds. WP du Plessis
- Oorbelle: Tying the Knot Bridal Boutique
- Haarknippie: Woolworths
- Musiek: The Party Technician
- Skoene: Truworths
- Skryfbehoeftes: IDB Touch
- Trourok: Tying the knot bridal boutique
- Trouring – Bruid: Romain Diamonds
- Trouring – Bruidegom: Hashtag Bamboo
- Troukoek: Azelle Louw