In die inskrywing deel ons Jan-Louis en Suzanne se spontane verlowing fotosessie met Mooi Troues se lesers. Die paartjie het min geweet dat hul liefde by ʼn partytjie gaan vlamvat.
Jan-Louis en Suzanne se verlowing fotosessie is so spontaan en vrolik. Die rede vir die spontane verlowing fotosessie is om hierdie foto’s in hul huis te kan ophang en om eendag vir hul kinders te kan wys. Asook ook om vir hul trou uitnodigings.
Verlowing fotosessies is ook ʼn baie goeie manier om gemaklik te raak voor die kamera vir jou groot dag en om gemaklik te raak met die fotograaf. Jy sal dan ook ʼn beter idee hê van wat om te verwag en sal baie gewig van jou skouers af haal.
Rol gerus af en geniet meer oor Jan-Louis en Suzanne se spontane verlowing fotosessie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons eerste ontmoetings was by ʼn vriend se 21ste partytjie in Potchefstroom waar ons altwee gestudeer het. My verloofde se vriende was ook vriende met my maar ek en Jan-Louis het net mekaar nooit ontmoet tot daai een kuier nie. Die volgende dag het ons almal weer ʼn braai gereël. Ek en Jan-Louis het die heel aand saam gekuier, gedans en gesels, dit het gevoel of ons mekaar al vir jare ken! Na daai aand het ek dadelik geweet ek het my trou man ontmoet. Ons was 3 jaar in ʼn verhouding voor dat ons verloof geraak het.
Die groot vraag:
Die verlowing was vir my ʼn baie groot verrassing (ons het al begin praat oor trou en verloof wees maar ek het glad nie geweet wanneer, hoe of waar nie). My verloofde het vir my ʼn uitnodiging gestuur van sy werk se “jaareindfunksie”. Ek en my vriendin het ons hare en naels gaan doen vir die “jaareindfunksie”. Jan-Louis het my opgetel en ons was op pad na Rosemary Hill in Pretoria waar die “jaareindfunksie” is. Ons het gestap in die tuine van Rosemary Hill waar ons gekom het by ʼn doolhof, daar het ʼn bordjie gestaan wat sê jaareindfunksie regs.
Ons het deur die doolhof gestap en net so aan die einde van die doolhof het daar ʼn liedjie begin speel “Piekniek vir twee – Twee”. Daar was kerse, liggies en ʼn baie mooi piekniek waar Jan-Louis op sy knieg gegaan het en my gevra het om sy vrou te wees. Dit was alles en nog soveel meer as wat ek ooit die dag kon prentjie! Toe ek weer sien toe kom ons ouers (wat al die pad van die Kaap af gevlieg het) my sussie en sy boetie en al ons naaste vriende daar aan! Dit was ongelooflik spesiaal. Jan-Louis het toe een van Rosemary Hill se veneus geboek waar daar piekniek, eetgerei en drink goedjies gereël was. Almal het saam die verlowing gevier daardie aand.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Vir my sal dit definitief Jan-Louis se positiwiteit wees. Hy is die mees positiewe persoon wat ek ken. Jan-Louis hanteer almal presies dieselfde en laat almal altyd baie spesiaal voel. Hy maak seker hy kom altyd by almal uit of dit familie of vriende is. Jan-Louis is baie hardwerkend en baie ambisieus en laat my altyd uit my maag uit lag! Hy gaan skep altyd vir ons baie lekker avontuur en maak seker ons maak baie herinneringe. En hy laat my altyd voel of ek die mooiste vrou is!
Suzanne het die mooiste hart en sien altyd die beste in elke persoon raak. Sy het altyd ʼn positiewe en sprankelende gees om haar. En dra dit altyd oor aan enige iemand wat om haar is. Sy sal altyd ander mense bo haarself plaas en gee altyd om vir ander. Suzanne is ongelooflik snaaks en het altyd tyd vir ʼn grappie of om iemand te laat lag. Saam Suzanne is dit altyd ʼn goeie tyd en ʼn avontuur maak nie saak waar ons is nie.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons beplan om 9 maande verloof te wees voor ons troudag.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Vrese sal ons sê daar is geen, maar verwagtinge is om die verlowing tydperk elke oomblik te geniet. Om die beplanning van die troue te geniet, want die tyd vlieg so vinnig verby. Ons wil net elke oomblik inneem tot die opbou van die spesiale dag.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou baie graag ʼn verlowing fotosessie doen om die tyd van ons lewe in mooi foto’s vas te vang om dit in ons huis te laat hang. Asook te gebruik vir die trou uitnodigings en om ons kinders eendag te wys.
Die verloofring:
Ek het al vir Jan-Louis idees gewys wat ek min of meer van hou. Hy het my die eendag na ʼn vrou toe gevat waar ek vir haar mooi kon sê wat ek van hou. Sy het die ring presies gaan maak soos ek gevra het. Dit was so spesiaal dat ek my eie ring kon ontwerp het. Dit was nog lank voor Jan-Louis my gevra het om te trou.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Die inspirasie sal ek sê, ek en Jan-Louis is baie lief vir die natuur en buite wees so daarom het ons besluit om die fotosessies in die buitelug te doen. Ons wou ook bietjie iets anders doen en het daarom ook by Stilbaai se rivier laat foto’s neem. Die styl van die fotosessies wou ons net pret gehad het en nie te ernstig wees nie net ons pret persoonlikhede vasvang. Francois van Franzoa-Media het ons baie gehelp met idees en style. Hy is baie kreatief en dit was baie lekker gewees om saam met hom die fotosessie te hou.
KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:
KOVID-19 het definitief ʼn effek op ons troue. Toe ons begin het met ons gastelys moes ons in gedagte hou dat enige iets kan gebeur, dat hulle kan sê mens mag net byvoorbeeld 50 of 100 gaste nooi. Dit is ook moeilik om jou droom troue te beplan met die gedagte in jou kop dat jou troue dalk moontlik gaan moet geskuif word. Jy mag net ʼn sekere hoeveelheid gaste hê of gaan die alkohol weer toe gemaak word dat ons nie eers sjampanje kan geniet op die troudag nie.
Visie vir droomtroue:
Sjoe, ons sal sê ʼn baie klassieke en stylvolle troue met spierwit en olyfgroen kleure (die troue vind plaas op ʼn olyf plaas in Stilbaai). Ons wil hê almal moet die onthaal baie geniet. Almal moet lekker saam kuier, dans en gesels en net ʼn lekker tyd te hê. Saam ons, ons spesiale dag vier en dit so onvergeetlik te maak as moontlik!
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Franzoa Media
- Verloofring: Joy