Italiaanse Elegansie trou inspirasie

Hier by Mooi Troues wil ons vandag met ons lesers bietjie trou inspirasie gee met ʼn hupstoot.  Ons is so opgewonde en deel met ons lesers meer oor Italiaanse Elegansie trou inspirasie.  Dit maak ons harte so bly om te sien hoe paartjies wat tans besig is met troubeplanning, ons artikels kan benut deur hul proses.

Hierdie gekose venue is absoluut ʼn leë doek.  Dit het soveel potensiaal om enige tema op te kikker en komplimenteer.  By hierdie tema hieronder is die blou en goud so komplimenterend en gee vir paartjies die perfekte Italiaanse elegansie trou inspirasie.  Die trourok is so vloeiend en maak die bruid op haar gemak.  Haar los krulle pas so mooi daarby.

Die koek-roomys stokkies is ʼn briljante idee vir ʼn dankie sê geskenkie vir die paartjie se gaste.  In plaas daarvan om ʼn hele koek te laat maak en niks daarvan te eet nie, en spesiaal vir elke gas addisioneel ʼn geskenkie te koop, kan dit albei faktore vervang.

Rol gerus af vir meer foto’s vir hierdie pragtige Italiaanse elegansie trou inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Envy Weddings and Events het die fotosessie gereël.

Inspirasie agter die fotosessie:


Ons het oorgeneem as eksklusiewe trou beplanners en bemarkers vir Thulani Wedding Venue.  Die perseel verleen homself toe aan enige tema en trou kleure.  Ons foto sessie was beplan om ʼn bromponie en die elegansie het gevolg saam die kleurskema en rok.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


In so ʼn klein industrie waar almal ʼn ongelooflike slegte KOVID-19 jaar gehad het, het ons besluit om hoog te mik en die beste van die beste te nooi.  ʼn Groot kans is gevat daarmee, maar almal wat ons gekies het, het onmiddelik ingestem om die fotosessie te doen.  Dis regtig verskaffers met wonderlike name in die industrieë en fantasties is in hul eie veld.

Agter die skerms van die fotosessie:


Ons het agter gekom om ʼn bromponie te kry baie moeiliker was as wat ons verwag het.  Letterlike 2 dae voor die fotosessie het ons fotograaf  ʼn gewillige persoon gekry en natuurlik was die prentjie toe volmaak.

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Elke element en aspek het op sy eie manier ʼn groot rol in die fotosessie gespeel.  Die blote feit dat die een nie sonder die ander sou werk nie, is ʼn getuigskrif van hoe wonderlik alles bymekaar gekom het en vertoon op die foto’s.  Die gemaklikheid-faktor van ons modelle, die lang ure se blomme doen, die vriendelikheid en bereidwilligheid van elke verskaffer (in hierdie moeilike tye) was merkwaardig.

Dekor:


Ons grootste dekor element was die ou goud.  Dit was ʼn groot vereiste.  Die ou goud en sagte “duck egg blue” het mekaar so mooi gekomplimenteer.  Sagtheid van die linne en die elegante blomme het mekaar so mooi gekomplimenteer.  Ons het besluit op simplistiese kleure met sterk maar min elemente vir die fotosessie.  Treffende tafel dekor en blomme was aan die orde van die dag.

Kleurskema:


Die “duck egg blue” kleurskema is gekies om die ou goud te komplimenteer.  Ons het ʼn spesifieke foto gesien op Pinterest van ʼn ou deur in die kleur, en ʼn stoel in ou goud.  Hierdie kleure het so mooi bymekaar gepas. Die ou goud was die sterk kleur terwyl die blou die sagtheid gebring het en die twee kleure was vir ons baie romanties saam.

Venue en Ligging:


Thulani Wedding Venue is gekies want dit is splinter nuut, eerstens.  Ons wou graag ‘n nuwe agtergrond en omgewing afneem.  Tweedens was die wit mure en ongelooflike mooi kapel ‘n groot trek pleister.  Die “frosted” vensters in die kapel se lig is sag en enige fotograaf se droom.  Ons het geweet dis ʼn MOET om hier te neem.

Trourok en bruidegom pak:


So, dit was nou ʼn ding.  Karen het spesiaal vir die model ʼn uitrusting gemaak.  Twee bostukke en die romp wat in die fotosessie gedra was.  Die een waarop besluit was vir die fotosessie was net perfek vir haar lyfie en het die kleurskema gekomplimenteer.  Die romp moes dramaties maar tog sag en vloeiend wees.  En dit het perfek uitgedraai.

Die pak was darem baie makliker om te kies by die verskaffer – vooraf besluit op grys en natuurlik die blou bybehore.

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Kontak ons direk as julle van hierdie trou inspirasie hou.

Wees versigtig met die kleur goud wat jy kies.  Blink goud kan maklik goedkoop lyk.  Neem ʼn foto van jou kleurskema en kyk hoe vertoon dit op ʼn foto.  Moenie net blindeliks kies nie.  Kyk ook watter tipe fotos jou fotograaf neem.  Indien dit donkerder foto’s is, mag dit nie noodwendig die sagte, ligte, romantiese fotos wees wat jy graag sou wou hê nie.  Maak seker jy kies jou elemente met versigtigheid.  Vind ook uit van jou blomme pryse en wat beskikbaar is in die tydperk wat jy trou.  ʼn Foto lyk altyd pragtig maar is nie noodwendig van betrekking tot jou trou datum of venue se styl nie.

Addisionele Inligting:


Fotograaf en venue is ongelooflik belangrik vir elke troue.  Maak seker jou fotograaf doen ʼn fotosessie van jul by jou venue sodat jy kan sien of julle gelukkig is met die sonsondergang, die kleur van haar foto’s en die styl van die venue.  Maak seker jy kies ʼn tema en kleur wat by jou venue pas. Dis baie belangrik om ‘n goeie verhouding met al jou verskaffers te hê.  En moenie vergeet nie …  hulle is ook gaste by jou troue.  Geniet die beplanning en belangrikste van alles … geniet jou groot dag!

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]