Hier by Mooi Troues deel ons vandag Ek droom van Blou gestileerde trou inspirasie met ons lesers. Die is fantastiese trou inspirasie vir ʼn troue waar jy klamte en vrede wil hê op jou troudag, maar waar dit so steeds romanties is. Hierdie is pragtige elemente vir paartjies wat opsoek is na trou inspirasie vir hul troudag.
Die verskillende kleure van blou is so mooi geïmplementeer en komplimenteer so besonders. Delft-blou met die goue eetgerei pas perfek en gee nogsteeds ʼn ongelooflik klassieke en sagte gevoel.
Die besonderse troukoek is gebak deur Sweet Joy Wedding Cakes en ons hier by Mooi Troues is so beïndruk daarmee. Die detail op die koek is net uit die boonste rakke. Elke element op die troukoek is so perfek gedoen en dis so elegant. Min mense besef eintlik die tradisie agter ʼn troukoek. Dis eintlik so ʼn spesiale gebaar tussen die paartjie. Die sny van die koek seremonie is een van die oudste tradisies en is ʼn gelofte dat die bruid en bruidegom vir mekaar sal voorsien. Die hand van die bruidegom word oor die bruid se hand geplaas wanneer die koek gesny word om sy ondersteuning aan haar illustreer. Kliek gerus hier indien jy gebruik wil maak van die besonderse diensverskaffer wat topgehalte koeke maak.
Rol gerus af en geniet meer van Ek Droom Van Blou se trou inspirasie.
Wie het die fotosessie gereël?
Joy Blom van Sweet Joy Wedding Cakes
Inspirasie agter die fotosessie:
Ek droom van blou kom van my verlange na die see. Blou is ʼn kleur van kalmte en vrede en almal het bietjie van dit nodig. Die sagte blou skakerings pas so mooi by ʼn romantiese, klassieke troue en so is die gestileerde fotosessie gebore. Ons het die elemente van sagte blou geverfde blomme en Delft ingebring vir die visuele impak. Ek wou ook die sny van die koek seremonie deel maak van die fotosessie omdat dit ʼn belangrike deel is van ʼn troue. Die sny van die koek seremonie is een van die oudste tradisies en is ʼn belofte dat die bruid en bruidegom vir mekaar sal voorsien.
Dekor:
Sagte skakerings van blou. Cultiv8 het die sagte kleure ingebring met wit orgidee in Delft houers. Blou Krismisrose en sagte verskeidenheid wit en blou blommetjies in wit en blou houers en wit swaardlelies. Pragtige Delft porselein, blou servette, goue eetgerei, handgeverfde “macarons” as dankie sê geskenkies.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Met al die KOVID-19 inperkings kry die troubedryf baie swaar en ek het hierdie fotosessie gereël spesiaal vir Krugersdorp verskaffers. Dit was aangenaam om met die verskaffers in die area te werk en te netwerk.
Diensverskaffers:
Cultiv8: Ek het in 2020 ʼn troukoek afgelewer by hierdie lieflike venue en was so verras met geheime skat wat ek gevind het. Cultiv8 is ʼn klein venue in die populêre Viljoenstraat in Krugersdorp. Krugersdorp is bekend vir hulle mooi, oudtydse huise en Cultiv8 is een van daardie pragtige huise met die hout vloere, ʼn kaggel en ʼn romatise atmosfeer binne. Buite is pragtige, groot bome ʼn buite onthaal area met “fairylights” en die mooiste hout agtergrond en dekor. Cultiv8 het die blomme en dekor vir die fotosessie gedoen.
Eastco Party Hire het van die dekor verskaf vir die fotosessie.
Light Flair Photography is my een gunsteling fotografiese verkaffers en dit is ʼn absolute vooreg om saam met hulle te werk. Hul romantiese, sagte en ligte styl was perfek vir hierdie fotosessie.
Relience Tailors wat bekend is in die area het vir ons die aandpak vir die bruidegom voorsien. Reliance Tailors bestaan al vanaf 1958 met drie generasies kleremakers.
Chosen For You het vir ons die trourokke voorsien. Hulle spesialiseer in die pragtigste trourokke, aandklere, formele drag en matriekafskeids rokke.
Odette at Hair Studio het vir ons die bruid se hare gestileer. Haar talent was perfek vir die fotosessie. Of sy wil deel wees, ek het gehou van haar werk.
ChanéK Aesthetic & Beauty Clinic het vir ons die grimeering gedoen, en haar pragtige grimeerstyl het die tema van die fotosessie gekomplimenteer.
Die pragtige unieke juweliersware was verskaf deur Von Wielligh Goudsmid. Hulle ontwerp al meer as 30 jaar hulle individuele romatiese meessterstukke.
Sweetjoy Wedding Cakes het die 3 laag troukoek verskaf met handgemaakte suikerblomme. Hulle het ook die pragtige handgeverfde “macarons” en suikerkoekies verskaf wat die tema komplimenteer.
Danielle Bloch en Alec Saunders was ons modelle van die dag en het hierdie fotosessie ʼn sukses gemaak.
Agter die skerms van die fotosessie:
Die fotosessie het seepglad verloop en ons almal het ʼn wonderlike tyd gehad. Ons het selfs na die tyd elkeen ʼn lieflike koppie tee en koek saam geniet.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Die sny van die koek seremonie was vir ons almal baie spesiaal omdat dit vreeslik romanties en vol beloftes is. Dit is so ʼn plesier om te sien hoe hulle vir mekaar ʼn stukkie koek voer en dit geniet!
Kleurskema:
Ek droom van blou kom van my verlange na die see. Blou is ʼn kleur van kalmte en vrede en almal het bietjie van dit nodig. Die sagte blou skakerings pas so mooi by ʼn romantiese klassieke troue.
Venue en Ligging:
Ek het in 2020 ʼn troukoek afgelewer by hierdie lieflike venue en was so verras met geheime skat wat ek gevind het. Cultiv8 is ʼn klein venue in die populêre Viljoenstraat in Krugersdorp. Cultiv8 is die perfekte venue vir kleiner troues wat baie in aanvraag is met die KOVID-19 regulasies.
Trourok en bruidegom pak:
Relience Tailors wat bekend is in die area het vir ons die mans aandpak vir die bruidegom voorsien. Reliance Tailors bestaan al vanaf 1958 met drie generasies kleremakers.
Chosen For You het vir ons die trourokke voorsien. Hulle spesialiseer in die pragtigste trourokke, aandklere, formele drag en matriekafskeids rokke.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Kies ʼn venue wat sal pas by jou tema. Kies verskaffer waarmee jy gemaklik voel en kan goed kommunikeer. Volg jou hart – dit is jou troue.
Addisionele Inligting:
Die simboliek van die sny van die troukoek: Die hand van die bruidegom word oor die bruid se hand geplaas wanneer die koek gesny word om sy ondersteuning aan haar illutreer. Haar belofte aan hom is om vir hom hul gesin te sorg. Die feit dat paartjies aangemoedig word om van onderste laag te sny simboliseer ook die lewensduur en kontinuïteit van hul verhouding. Laastens, maar beslis nie die minste nie, die gebruik waarvolgens die bruid en bruidegom mekaar van die koek gee om te eet, simboliseer hul verbintenis om vir mekaar te sorg.
- Troukoek: Sweet Joy Wedding Cakes
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: light flair Photography
- Blomme: Cultiv8
- Bruidegom-pak: Reliance tailors
- Dekor: Cultiv8
- Grimering: Chane’k Clinic
- Hare: Odette At Hair Studio
- Huurdienste: East co party hire
- Juweliersware: Von Wielligh goudsmid
- Trouring: Von Wielligh goudsmid
- Trourok: Chosen For you
- Venue: Cultiv8