Met die inskrywing is ons opgewonde om met Mooi Troues se lesers meer te deel oor Brandon en Lindy se stylvolle troue. Min het die paartjie geweet hulle liefde gaan vlamvat in ʼn kompleks.
Brandon en Lindy se stylvolle troue was so ongelooflik mooi. Hulle het in KwaZulu-Natal by ʼn besonderse glasvenue getrou. Ons hou so baie van al die elemente wat hulle gebruik het en dat elke liewe aspek sy eie doel het. Niks is net daar om daar te wees nie, maar omdat dit ʼn rede het om daar te wees. Byvoorbeeld die ruikers wat Lindy laat maak het vir haar strooimeisies is so spesiaal en uniek. Hulle sal dit vir altyd kan hou en dan is dit nog so gemaak dat dit by elkeen se eie styl pas, maar steeds die hele troue komplimenteer.
Indien jy wel opsoek is na trou diensverskaffers vir jou groot dag, gaan kyk gerus na Mooi Troues se Trougids en maak al jou drome waar. Rol af en geniet meer oor Brandon en Lindy se stylvolle troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het in dieselfde kompleks gebly en dis waar die twee van ons ontmoet het. Lindy wou sleutels by haar bure kry en Brandon het op die tyd daar gebly. Ek en hy het begin gesels en na dit ʼn paar keer saam gekuier (ons het dieselfde vriendekring gehad) en van daar af het ons meer tyd saam spandeer.
Die groot vraag:
Ons is al vir tien jaar saam so die verlowing was ʼn groot skok. Die twee van ons het gereis na Amerika vir ʼn wegbreek wat ons al vir jare lank beplan. Toe ons net vertrek het almal vermoed dat Brandon die groot vraag gaan vra in New York, alhoewel hy eintlik ʼn ander plan in gedagte gehad het. Toe ons terugkeer van ons reis het ons ʼn naweek by die huis beplan saam met ons familie om ʼn “laat” Kersfees te vier.
Ons is toe op pad na die African Spirit Game Lodge vir ʼn wildrit wat vir die hele familie bedoel was. Ons familie se vlugte is toe weens slegte weer uitgestel en kon dit nie maak nie. Oftewel dis wat hulle gesê het. Ons stop toe vir koffie en kyk na die ongelooflike uitsig, ek draai om en daar staan die liefde van my lewe op sy knieg. Tot vandag toe kon ons nie presies onthou wat hy gesê het nie behalwe “ek het lief geword vir jou die oomblik toe ek jou sien en ek het jou pa se toestemming”. Ek is nie eers seker of ek ja gesê het nie.
Na die wildrit het ons teruggekeer na die lodge waar ons hele familie ons verras het! Dit was alles deel van die hele plan en die verskoning dat die vlugte vertraag was. Die oggend het ons ontbyt geniet saam met ons geliefdes en het die nuus aan hulle verkondig. Dit was die ongelooflikste oggend en meer as wat ek, as sy meisie, ooit oor kon droom. Hy het selfs iemand gekry om die groot oomblik vas te vang op kamera!
Die Verlowing Tydperk:
Ons het beplan om ʼn kort verlowings tydperk te hê, maar as gevolg van KOVID-19 moes ons die oorspronklike datum skuif. Op die 25ste Januarie 2020, het ons verloof geraak en ons troudatum was 27 Maart 2021. Die eerste besluit wat ons geneem het in verband met troubeplanning was om vir Oh Happy Day te gebruik. Jo en haar span is fantastiese trou koördineerders en ek bewonder hulle werk al vir jare. Dit was nie ʼn opsie om enige iemand anders as hulle as ons trou koördineer te gebruik nie. Ek onthou nog toe ek vir Jo ʼn boodskap gestuur het en gesê het, “ek hoop nie jy is vol geboek nie, want jy is my droom trou koördineerder” en gelukkig was hulle nie.
Finansiële Aspekte:
Toe ons vir Jo en haar span vir die eerste keer ontmoet, het ons koppe saam gesit en ʼn begroting uitgewerk. Van die eerste ontmoeting met Jo het ons werklik eers agter gekom dat ons moet gaan sit en dink wat ons wil hê vir ons troudag. Op ons troudag was daar 120 gaste wat ons naastes en geliefdes insluit om ons troudag te getuig.
In terme van raad vir paartjies, vra jouself: het ek regtig hierdie item nodig, kies ek die item omdat ek rerig wil of omdat ek weet ander sou. Maak seker jou begroting gaan na dinge toe waarsonder jy nie kan gaan nie. Terwyl ons sit ek kyk na ons begroting het ons besluit ons wil nie geskenkies doen nie, maar eerder ons gaste bederf. Ons wou liewer hulle bederf met ʼn kroeg rekening of ʼn beter maaltyd. Maak seker jou geld gaan na ding wat JY wil hê.
Merkwaardigste Oomblikke:
Lindy:
Eerlikwaar, om uiteindelik man en vrou te wees. Ons het so lank gewag om tot by hierdie punt in ons verhouding te kom. As alles moes misluk, sou dit nogsteeds die moeite werd gewees het, net vir die feit dat ons getroud sou wees. Om hom te sien aan die ander kant van die trougang was ongelooflik.
Oftewel, as ons iets moes kies oor ons troudag dan sou die mees merkwaardigste ding wees, ons diensverskaffers. Hulle het ons drome laat realiseer en hulle het selfs alles soveel beter gedoen as wat ons dit ooit sou kon verbeel. Ons troudag was meer as waaroor ons ooit gedroom het, alles te danke aan hulle.
Nog ʼn element, wat een van ons gunstelinge was, om ons ma’s as ons blommemeisies te hê. Ons wou ook ons moeders vier op ons troudag en kon nie aan ʼn beter manier dink as dié om hulle te vier nie.
Ons bruids gevolg was ook een van die merkwaardigste elemente op die dag. Van begin tot einde was hulle net ongelooflik. Almal sê altyd hulle het die beste bruids gevolg, maar SJOE, ons sin was werklik die beste.
Brandon:
Toe ek haar sien in haar rok terwyl sy by die trougang afloop. Dit was net trane, ek het dit heeltemal verloor. Ek was oorweldig met al die emosies en die feit dat ek weet die vrou is amper my vrou. Dit was ook besonders dat gaste van regoor die wêreld ons troudag saam met ons kon deel vir Zoom. Ons het ʼn baie diensverskaffer gekry wat alles mooi opgestel het vir ons en ons het meer as 100 mense gehad wat ingeskakel was.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Onthou die dag is oor jou huwelik. Nie ʼn troue nie. Terwyl ʼn troue besonders is, onthou die rede hoekom jy dit doen. Dis om met jou beste vriend te trou. Dis nie oor ʼn troue van ʼn leeftyd nie, dis oor ʼn huwelik vir ʼn leeftyd.
Lindy:
Dames, moenie oor die kleinste goedjies stres nie. So veel as wat ons altyd stres die wees, onthou jy kan dit nie beheer nie. Probeer om nie oor die dinge te stres wat buite jou beheer is nie. Onthou ook dat op die dag dat jou gaste nie weet van elke element nie, so as iets skeef loop, jou gaste sal nie eers weet nie. Neem elke sekonde in op jou groot dag. Moenie jou tyd spandeer om te stres oor dinge waar jy liewers die tyd kon gebruik om dit te geniet nie. En geniet net die hele avontuur saam met jou man/vrou. Dit is so ʼn spesiale tyd so koester elke minuut.
Brandon:
Ek glo dat elke meisie grootword met haar ideale troue in haar kop wat lankal beplan is in hulle gedagtes nog lank voordat hulle hul pasmaat ontmoet. As ʼn man, is dit belangrik om ook gehoor te word en jou opinie te lig in terme van dinge soos die platejoggie, die musiek vir die aand, fotograaf, videograaf, kos en dan die ekstras soos die sjampanje muur of die “Mr & Mrs” letter-ligte.
Op die einde van die dag, fokus op jou man/vrou. Onthou om alles wat gebeur te onthou en te geniet, want die proses gaan so vinnig verby. Ek stel voor om ʼn ongelooflike goeie trou koördineerder te kry, dit haal baie stres van jou skouers af, het om besluite te neem wanneer nie jy of jou aanstaande ʼn besluit kan neem oor iets nie en dan laastens, dit help jou om die proses te geniet en nie heeltyd hoef te stres oor die fyner detail nie.
Paartjie se styl:
Lindy:
Die trourok was iets baie spesiaal vir my. Ek wou nooit iets uitspattig hê nie, alhoewel my trourok betekenis vir my moes hê. Ek wou ʼn eenvoudige en klassieke trourok hê en Janita Toerien het vir my presies dit ontwerp. Die basis van my rok het materiaal van my ma se tannie, my ma en my tannie se trourok ingehad. Ek het drie generasies se trourok materiaal in my trourok gehad wat die spesiaalste aspek vir my was.
My sluier was met die hand borduur met die voorletters van ons geliefdes wat nie meer vandag saam met ons is nie. Ek wou ook ʼn tafel gehad het om die geliefdes wat nie meer met ons is nie, deel te maak van die groot dag. Hulle moes heeltyd langs my wees, so al die name van ons ooms, tannies en beste vriend wat ons verlaat het was op rand van my sluier.
Brandon:
Die pak was ook iets wat spesiaal moes wees. Ons wou iets buitengewoon doen so ons het met die ligter blou in plaas van die tradisionele swart of vlootblou pak. Blou is ook Lindy se gunsteling kleur so dit het perfek ingepas. Ek het ook Lindy se troupand ontwerp.
Die Besluitnemingsproses:
Ons het dit saam gedoen. Wanneer ʼn koste betrokke geraak het, het ons dit saam bespreek en saam ʼn besluit gemaak. Ons het advies gevra van ons familie en vriende en hulle opinie het baie beteken. Alhoewel ons steeds, as paartjie, saam die finale besluite geneem het.
Venue & Dekor:
Toe dit by die venue kom wou ons net iets sentraal gehad het omdat ons so baie gaste het wat regoor Suid-Afrika reis. Met KOVID-19 wat ons getref het wou ons die reis kostes so laag as moontlik hou. Daarom het ons ʼn venue gekies in Ballito, wat lekker sentraal is. Ons het oral gesoek na ʼn venue waar ons onsself kon indink om te trou, so kom ons toe af op Seaton Manor House. Die seremonie spasie was presies wat ons in gedagte gehad het. Tussen die bome met ʼn ongelooflik uitsig. Ons het hoog en laag gesoek na ʼn venue wat gepas is vir ons visie op ons troudag.
Met dekor:
Ons woord as ons besluit het oor troudekor was “doelbewus”. M.a.w. wou ons nie dekor by die troue gehad het net om dit daar te hê nie. Ons wou gehad het alles moet betekenis hê. Elemente wat spesiaal was vir ons was die volgende:
Ons sjampanje muur:
Dit is handgemaak deur Brandon en sy familie. Hulle het dit gemaak omdat hulle weet hoe baie ek van sjampanje hou. Ons wou ook iets anders doen in terme van ons sitplek-plan, so hoekom nie dit inkorporeer met iets waarvoor ons lief is nie?
Ons kerse:
Die kerse op die tafel het name op gehad van mense wat hul plek verloor het in iemand spesifiek se lewe. Byvoorbeeld, my ouma se naam was voor my ma; my beste vriend se naam was voor my.
Ons blomme:
Alhoewel gedroogte blomme niks nuut is nie, wou ons gedroogte blomme hê sodat ons na die troue liefde kon versprei en vir gaste van ons blomme gee as ʼn geskenkie. Al die strooimeisies het ʼn ruiker gekry wat hulle vir die res van hul lewe kan hou en elkeen se ruiker is spesiaal aangepas tot elke se styl in hul huis.
Naam kaartjies:
By elke sitplek het ons kurke gehad met die gaste se name. Die kurk was van bottels wyn wat ons met die gaste gedeel het oor die jare. Ons wou hê dit moes sentimeel wees eerder as net ʼn stukkie papier.
Gunsteling Diensverskaffers:
Eerlikwaar, daar is geen manier hoe ek ʼn gunsteling kan kies nie. Elke diensverskaffer was uit die boonste rakke en as ek kon sou ek vir toekomstige bruidpaartjies aanbeveel om hulle almal te gebruik.
Eileen van Bright Girl:
Sy was ʼn ongelooflike fotograaf. Haar foto’s is so perfek en natuurlik terwyl sy elke oomblik vasvang, selfs beter as wat jy kan dink. Sy laat jou so gemaklik voel en laat jou soos die beste weergawe van jouself voel. Sy is nie net ʼn fantastiese fotograaf nie, maar ook een van die vriendelikste en briljantste mense.
Dane Forman:
Ons videograaf. Jy weet nie eers hy is daar nie. Hy het elke oomblik vasgevang en jy kom dit nie eers agter nie. Al die oomblikke was so natuurlik. Die video was baie beter as wat ooit onsself sou kon indink. Nie net is hy briljant nie in wat hy doen nie, maar neem sorg in alles wat hy doen. Wat ʼn vreugde om om hom te wees?
Oh Happy Day:
Daar sal nooit genoeg woorde wees om te beskryf hoe ongelooflik hierdie span is nie. Om ʼn troue te beplan in inperking is stresvol, alhoewel hierdie span al die stres van my ontneem het. Van die begin af was hulle soos ons persoonlike trompoppies, hulle raak opgewonde vir jou part en saam met jou. Hulle is baie eerlik oor wat is moontlik en wat nie, alhoewel met ʼn span soos die, is amper niks onmoontlik.
Nie net maak Jo en haar span seker van elke klein detail nie, maar ook wys hulle soveel liefde en omgee tenoor hulle bruide. Hulle sit hulle hart en siel in elke klein detail. Die liefde, deernis en vreugde wat hulle bring saam met die troubeplanning en die hele reis is ongelooflik. Waar alles begin het met ʼn diensverskaffer/kliënt het omskep in ʼn pragtige vriendskap en dit is omdat hulle soveel liefde toon teenoor hulle bruide.
Joni K Functions:
Joni is absoluut besonders. Sy luister na jou visie en sy is so eerlik en vriendelik. Ek ken Joni al vir jare en die liefde en omgee wat sy in elke troue insit is iets om te bewonder. Sy sit haar hele hart en siel in alles en reël dinge wat beter is as waaroor jy kan droom.
Richard Anderson:
Ons platejoggie. As daar iemand is wat ʼn partytjie aan die gang kan kry, is dit hy. Hy is ongelooflik.
Vermaak:
Ons het ʼn jarelange vriend, James Freedom, wat voor die onthaal, gedurende vingerhappies gespeel het. Hy het ʼn besonderse stem en is net fenomenaal. Gaste het so baie van sy optrede gehou en tot vandag toe praat ons gaste nog oor hom.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ons sou nie een elke ding wou verander nie. Ons dag was meer as wat ons ooit onsself sou kon indink. As iets moes skeefloop, sou ons nie eers daarvan geweet het nie, te danke aan Oh Happy Day!
Eerste Dans:
Ons eerste dans se liedjie was “Tequila” deur Dan en Shay. Terwyl dit nie ʼn tradisionele eerste dans liedjie is nie, was dit ons liedjie vir baie jare. Dit verbind ons albei se liefde vir tequila en was van daar af nog altyd net ons liedjie. Ons het geen danslesse geneem nie, vir die rede dat ons net natuurlik wou wees en ons wou dans hoe ons nog altyd saam dans. Tydens ons eerste dans het ons skinkborde vol tequila laat uitstuur na al ons gaste.
Brandon: Nog ʼn eerste dans wat ons besluit het om te doen (buiten die pa en dogter dans) was ʼn ma en seun dans. Ek het gedans met my ma en my stiefma. Dit is so belangrik vir ons om dit te doen vir ons moeders omdat hulle net so belangrik is soos ons pa’s en die troudag is net so emosioneel vir hulle.
Ons seremonie meester het besluit om ʼn vertoning vir ons te doen wat hulle die geskiedenis verduidelik van dans lesse. Dit was die snaakste oomblik van die aand en die gaste het uitgebars van die lag.
Wittebrood:
Ons het ʼn klein wittebrood gehad as gevolg van KOVID-19 en ons wag nogsteeds totdat ons die oorspronklike wittebrood kan gaan vier. Vir ons klein wittebrood het ons twee aande by Leopard Mountain in Zululand spandeer. Ons is albei baie lief vir die bosveld en dit was sonder twyfel ons eerste opsie. Die bosveld is die perfekte plek om net weg te breek en af te skakel. Hier kan julle ook soveel kwaliteit tyd saam spandeer. Wanneer ons weer mag reis is ons planne om na Kenia te gaan en daarna Amerika.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Ja, ons oorspronklike trou datum was 18 November 2020, alhoewel ons ʼn besluit moes maak toe die inperking geïmplementeer is. Ons het geweet daar is nogsteeds ʼn kans om te kan trou, maar ons het geweet mense sukkel finansieel (en ons ook) so ons wou nie ons vriende en familie in daardie posisie plaas nie. As ons moet terugkyk, ons het soveel meer tyd gehad om verloof te wees en ons sou nie enige iets anders wou hê nie. Alles gebeur vir ʼn rede.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Diensverskaffers:
- Fotograaf: Bright Girl
- Venue: Seaton Manor House
- Blomme: Joni K
- Bruidegom-pak: Suit Yourself
- Dekor: Joni K Functions
- Grimering: Nixon Make Up
- Hare: Kate Style
- Huurdienste: The Wedding Table
- Huweliksbevestiger: Dudley Anderson
- Koördineerder: Oh Happy Day
- Platejoggie: Richard Anderson
- Skryfbehoeftes: Name the date
- Strooimeisie-rokke: Chanelle Wright
- Tente: Funky Functionz
- Trourok: Janita Toerien
- Trouring: Apollo Gems
- Troukoek: Fat Rabbit Bakery
- Vermaak: James Freedom
- Videograaf: Dane Forman