Stephanus en Donay se Seinheuwel verlowing fotosessie is definitief een wat jy sal onthou. Die kombinasie van bome, berge en die stadsliggies in een prentjie, is ʼn wenner. Stephanus het vir Donay die groot vraag gevra by ʼn privaat verassings piekniek, by ʼn bekende wynplaas in Stellenbosch.
Donay en Stephanus se verlowing fotosessie was soveel pret. Jy kan deur die foto’s voel hoe opgewonde die paartjie was vir die fotosessie. Die plek waar jy jou fotosessie hou is baie belangrik. Ons kry gereeld vrae van paartjies wat advies soek oor die plek waar hul, hul fotosessie wil hou.
Die advies wat ons kan gee is as volg – Kies ʼn plek waar jy gemaklik is. ʼn Plek wat moontlik goeie herinneringe het, of waarvan julle as paartjie baie hou. Soos die paartjie se fotosessie, kyk net hoe mooi is die skemer lig en die stad se duisende liggies bo op ʼn berg in die hartjie van die Moederstad.
Dink aan ʼn plek wat julle as paartjie gaan geniet en wat jy weet die foto’s is iets waarna jy kan uitsien. Kry vir jou ʼn fantastiese fotograaf wat jou visie kan laat waar word. ʼn Goeie fotograaf sal ook vir jou idees gee as jy uit idees uit hardloop. Mooi Troue se Trougids is ʼn bron van professionele diensverskaffers van reg oor Suid-Afrika. Rol af om Stephanus en Donay se Seinheuwel verlowing fotosessie hieronder te kyk.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het vir die eerste keer in die kerk ontmoet. Hy het langs my kom sit en nie ʼn woord gesê nie, maar dit was genoeg om my van my voete af te slaan! Daarna het ons op verskeie geleenthede mekaar weer raak geloop, tot hy my vir ʼn koffie in Stellenbosch gevra het. 2 Jaar later het ons verloof geraak.
Die groot vraag:
Ons het verloof geraak by Hidden Valley wynplaas net buite Stellenbosch. Daar was heelwat van verlowing gepraat, maar die dag self was ʼn groot verassing. Ons het “vriende” ontmoet vir ʼn piekniek, wat toe as ʼn privaat piekniek uitgedraai het met ʼn ring. Ons het met ons 2 gesinne gebraai na die tyd.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
6 maande
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons fotograaf, Inecke Photography, het ons gely met voorstelle. Ons wou baie graag buite en rondom Kaapstad ons foto’s doen aangesien dit vir ons ʼn spesiale plek is, waarna sy Seinheuwel voorgestel het. Dit het soveel mooier uitgekom as verwag.
KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:
Ons was gelukkig dat ons trou datum geval het in die tyd wat die 2de vlaag op sy afname was en die beperkinge gelig was tot vlak 1 en kon dus ʼn redelike normale trou dag beplan. Daar was wel heelwat onsekerheid rondom die beplanning en met die oploop tot die troue (hoeveel gaste kan ons nooi, gaan ons dit moet beperk tot slegs familie, kan ons dans ens.).
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Inecke Photography
- Fotosessie Venue: Sein Heuwel
- Verloofring: Julian Thompson