Stefan & Lizzy se romantiese verlowing fotosessie

Ons deel met ons lesers Stefan en Lizzy se romantiese verlowing fotosessie in Dullstroom.  Die paartjie het ʼn wegbreek gereël en sommer die fotosessie ook daar gedoen.  Lizzy se donker blom patroon rok het so mooi ingevloei saam met die agtergrond.  Hul verlowing fotosessie het ʼn herfs gevoel tot dit en die plaas agtergrond is prentjie mooi.

Paartjies het verlowing fotosessies vir verskillende redes.  Die paartjie se rede was om hul fotograaf beter te leer ken, sodat hul gemakliker kan wees op die dag van die troue.  Hul het die foto’s ook gebruik vir hul spaar die datum kaartjies.

Mooi Troues vergemaklik die troubeplanning proses vir paartjies.  Ons bied gratis advies en inspirasie.  As jy opsoek is na professionele diensverskaffers wat jy kan vertrou, besoek Mooi Troues se Trougids. Lees meer oor die paartjie se liefdes reis hieronder.

Die groot vraag:


Ek was so geskok en toe om alles te kroon kom ons families uit en skree “verrassing”.  My skoonpa het met trane in sy oë gestaan.  Ek het my sussie se stem tussen almal gehoor.   Om te weet hulle het gekom van ver om deel te kon wees van ons dag was spesiaal.  My aanstaande skoonsussie het vir ons haar beroemde kolwyntjies gebak.

My sussie en haar dogter het die oulikste geskenk boksies gemaak.  Met karamel springmielies met ʼn kaartjie wat sê “He popped the question … She said YES!!! Stefan & Lizzy”.  Dit was net een van die gelukkigste dae van my lewe.  28 Julie 2019, het een van my grootste drome waar geword het.

Ons familie en vriende was beslis betrokke en hulle almal het dit baie goed geheim gehou.  Ek kan dit nou nog nie eintlik glo nie veral Stefan wat gewoonlik glad nie geheime kan hou nie.

Hoekom ons mekaar liefhet:


Stefan:

My gunsteling eienskap van Lizzy is dat sy ʼn baie gelowige mens is.  Dat sy saam my ons Hemelse Vader dien en volg. Ons is al deur so baie en sy staan my ongelooflik goed by en ondersteun my in alles wat ek aan pak. Lizzy is ʼn liefde volle mens en is gemaklik in enige situasie waarin sy haarself bevind.

Wat ek ook van haar hou/lief kry is dat, sy is lief vir wie ek is en nie vir wat ek is en wat ek het nie. Ander eienskappe wat sy het waarvan ek hou/lief kry is, dat sy eerlik en opreg is.

Lizzy is sterk van gees, liefde vol en streng. Sy gaan ʼn baie goeie Ma wees vir ons kind of kinders.  Ek is so dankbaar dat ʼn vrou soos sy my vrou gaan word en wees.  Ek is baie lief vir haar, sy is die liefde van my lewe!

Lizzy:

Stefan is ʼn kind van God en dit kan mens sien in sy mens wees. Sy rustige en geduldige persoonlikheid, sy sagte en opregte hart. Sy liefde vir die natuur al die diere klein en groot selfs die plante en bome. Ek dink soms dis lawwigheid maar hy gee so veel om hy sal bv. die bye wat in die swembad beland uit haal en red.

Sy liefde vir kinder is wonderlik en hy is reeds ʼn wonderlike ander Pappa vir my seun en nog te meer sal hy wees vir ons toekomstige kind of kinders. Hy is hardwerkend eerlik en ongelooflik lojaal.  Sy mens wees. Die manier hoe hy my hanteer en op sy hande dra en bitter min kwaad raak.

Deur dit alles maak hy my ʼn beter mens en ons vul mekaar perfek aan. Stefan is waarlik my beter helfte my alles.

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


Ek dink as ons kon het ons some gou getrou, maar finansies is maar ʼn ding want ons wil ons dag met al ons geliefdes deel.

Datums wat ons na gekyk het was 29 Februarie 2020, 25 April 2020, 26 September 2020 of Februarie 2021.  Dit is bietjie iets anders as April want dis ʼn lang naweek, maar vinnig het ons besef ons spaar varkie gaan nie genoeg hê vir Februarie nie.

April se lang naweek troue maak als weer duurder. Maar toe vra Stefan my om saam met hom in die bos te gaan bly en werk. Hy was ʼn veld gids en omdat ons mekaar so min gesien het, elke 6 weke net vir 2 weke het ek besluit om my loopbaan as tandarts stoel assistent op te gee en saam met hom bos toe te gaan.

1 ste September 2019 het beide van ons by die lodge begin.  Toe het ons maar ons ander moontlike datum van 26 September 2020 op sy geskuif.  Sodat ons eers ons 1ste jaar by die maatskappy kon voltooi en dan verlof vat vir troue en wittebrood, maar toe moes ons ook na ons nuwe werk siklusse kyk en die 26 September 2020 sou nie werk nie.

Toe het ons saam besluit op 31 Oktober 2020.  Toe gebeur die Korona virus/KOVID-19.  Ons troue is toe gekanselleer.  Beide, Stefan en ek het ons werk verloor in die toerisme industrie as gevolg die pandemie.  Ons is baie gelukkig dat ons al twee weer werk gekry het en soos hulle in Engels sê ”Come hell or high water”. Ons trou 10 April 2021.

Die verloofring:


Stefan, sy sussie en sy Ma het baie gevra waarvan ek hou en ons het baie na ringe gekyk, maar niks gesien waarvan ek gehou het nie.  Stefan het gou besef dat dit ʼn moeilike taak gaan wees, so hy het ʼn juwelier genader om die verloof ring te maak.

Hy het gevra hy soek prentjies van die tipe ring waarvan ek hou. Ek het my drie gunstelinge vir hom gestuur, maar ek het nie gesê van watter een ek die meeste van hou nie en dit is waar dit geëindig het.

Hy het nooit weer oor ringe gepraat of eers na ringe gekyk nie. Die dag met verlowing het ek gesien Stefan het die ring gekies waarvan ek die meeste gehou het.  So in ʼn mate was die ring ʼn verrassing.

Rede vir die verlowing fotosessie:


Beslis om die fotograaf in aksie te sien.  Dan ook om fotograaf beter te leer ken sodat mens gemakliker is met haar met die dag van die troue ens.  Dan ook vir die spaar die datum kaartjies.

Stefan & Lizzy se romantiese verlowing fotosessie

Inspirasie agter die verlowing fotosessie:


Omdat Stefan baie lief is vir die natuur was dit ʼn moet om ons fotosessie buite in die natuur te doen.  Ons het ʼn lekker wegbreek naweek gehad saam met familie by Dunkeld Estate en gedink ons kombineer dit sommer.  Dis een van ons gunsteling naweek wegbreek plekkies, so dit was perfek vir ons verlowings fotosessie in natuur en waar mens net kan rustig wees en jouself weer vind.

Perfekte plek om die natuur saam met die sagtheid van verlief wees met bietjie romanse vas te vang.  Ons fotograaf Sweetmelon Photography (Gillian Robus) woon in Lydenburg so Dunkeled Estate vir die verlowings fotosessie het goed uit gewerk.

Stefan & Lizzy se romantiese verlowing fotosessie

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Stefan:

Verwagtinge:  Al wat ek wil hê is dat ek en Lizzy een word voor God ons Vader dat ons trou beloof aan mekaar tot in ewigheid voor God, ons families en ons vriende.

Verse: Is dat die pandemie weer op hol gaan en dinge weer omver kom gooi vir ons.

Lizzy:

Verwagtinge: Om een te word voor God en om ons naastes en geliefdes daar by ons te hê, om te weet ek begin een van ons grootste avonture saam met my siel genoot my beste maatjie en beslis my beter helfte.

Sodat almal ons liefde vir God en mekaar sal kan sien, sodat almal wat saam met ons daai dag is kan voel dat ware liefde nog bestaan en dat mens deur dik en dun goeie tye en swaar kry nog steeds saam bo kan uit kom.

Sodat almal hulle dag/aand saam met ons sal geniet.  Op ʼn ligter noot sal ek bietjie skraler wil wees met ons trou dag, maar ek dink alle bruide voel maar so.

Verse: Dat die Kovid-19 pandemie weer ons dag om ver gooi.  Almal se gemoedere loop maar hoog met troues en almal wil ʼn sê hê oor dit-en-dat.  Sodat almal net sal rustig wees en nie in meng en dat ons alles wat na ons kant toe gegooi word saam as ʼn span sal hanteer.

Stefan & Lizzy se romantiese verlowing fotosessie Stefan & Lizzy se romantiese verlowing fotosessie

Visie vir droomtroue:


Stefan:

Wat het ons gedagte vir ons droom troue?  Verskriklik baie!  Vir my gaan dit meer oor wat my bruid wil hê.  Ek wil hê dit moet vir haar mooi wees en dit moet wees net soos sy dit wil hê.

Ek sou daarvan gehou het om in die bos te kon trou met ʼn trop olifante wat ver agter ons loop en wei.  As ook een wat vir ons die ringe bring.

Hahaha, maar ons het ʼn beter plek gekry waar ons trou aan mekaar gaan beloof voor God, ons familie en ons vriende.  Idillies in Dullstroom, is prentjie mooi en ek is bly ons het die venue gekies.

Lizzy:

Om Stefan se asem weg te slaan.

Om ewige trou aan my siel genoot te beloof, sal nie sê ʼn perfekte troudag nie. maar dat ons elke sekonde sal geniet en elke liewe persoon wat daar is weet hoe baie hulle vir ons beteken.

Dat my aanstaande skoonma sal weet, ek het haar seun onvoorwaardelik lief en dat ek dankbaar is dat hulle as ouers hom perfek gevorm en groot gemaak het om by my te pas.

ʼn Droom vir my sou wees om beide my ouers ook op ons troue sou te kon hê, maar my broer wat my “weg gee” en my suster wat teken maak die verlang na ons ouers so bietjie minder.  Dat almal sal lekker eet en dans en ʼn heerlike boere opskop makiti saam met ons sal vier.

Stefan & Lizzy se romantiese verlowing fotosessie

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Wel soos in die ander vrae wat ons beantwoord het kan julle verseker hoor dat die pandemie redelik als om ver gegooi het vir ons.  So, ja ons moes ons Vrystaat boere troue wat sou wees 31 Oktober 2020 kanselleer.

Ons het beide ons werk verloor in die toerisme industrie, maar gelukkig het beide van ons weer ander werke gekry.  Met die hulp van ons families kan ons, ons troue voortsit.  Ons het redelik geld verloor as gevolg van die kansellasie.

Maar met slim planne om geld te bespaar en mooi sente om draai gaan ons nog steeds ons pragtige dag kan hê.  Wel nou nie meer in die Vrystaat nie, maar bietjie nader aan ons.

Ons woon in Witrivier Mpumalanga en het op ʼn juweel afgekom so klip gooi van ons af.  Idillies in Dullstroom is waar ons op 10 April 2021 Mr en Mev Kruger gaan word.  Die pandemie sal ons nie onder kry nie!

Stefan & Lizzy se romantiese verlowing fotosessie

Klik hier vir diensverskaffers

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers: