Ons hier by Mooi Troues is so opgewonde om hierdie klassieke plaastroue met ons lesers te deel. Die kleure van die tema is so ʼn presiese wanbeeld van die liefde wat Kobus en Lizé deel. Hierdie troue is ʼn perfekte voorbeeld van ʼn klassieke plaastroue.
Ons is absoluut verlief of haar meermin-styl rok met die fynste detail en veral daardie vere aan die onderkant. En dan boonop dit, haar stylvolle onthaal-rok. Dit was so ongelooflik mooi.
By hierdie klassieke plaastroue was die venue is afgrond met warm kleurige- en ligte kleurige blomme gekomplimenteer met groen dekor elemente. Die atmosfeer was so ʼn ongelooflik gemaklik en straal net absoluut gemak en vreugde. Al wat saak gemaak het was die kosbare tyd saam met die familie en vriende.
Rol af en geniet die mooiste foto’s van hierdie klassieke plaastroue. Dit is perfekte trou inspirasie vir paartjies wat besig is met hul troubeplanning.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons liefdesverhaal het begin in ons Graad 9 skooljaar. Ons was 10 jaar saam toe Kobus my gevra het om te trou. Dit was heeltemal onverwags en baie spesiaal! Ek sal nooit vergeet hoe my hart geklop het toe hy op sy knie gegaan het in ons hotelkamer in Tsitsikamma nie. Ek het uitgebars in trane, dadelik gevra of my pa hiervan weet en natuurlik met ʼn warm hart JA gesê.
Die Verlowing Tydperk:
Ons eerste troudatum was uitgestel as gevolg van KOVID-19, daarom was ons vir 1 jaar en 7 maande verloof. Ons het ongelooflike mense gehad wat ons gehelp het deur die hele proses, maar het nie ʼn troubeplanner gehad nie.
Finansiële Aspekte:
Ons het volgens ʼn begroting gewerk ja en dit was nie altyd maklik om daar binne te bly nie. Daar is soveel onbeplande kleiner kostes wat op verskeie tye bykom, waaraan mens nie aanvanklik dink nie. Ek dink dit is belangrik om ʼn lys te maak van ʼn paar goed wat vir julle baie belangrik is en dan daarop te fokus in plaas daarvan om alles te wil doen. Probeer die kleiner goedjies wat eintlik maar verdwyn tussen die groter aspekte, uit te sny. Julle sal baie geld so spaar.
Merkwaardigste Oomblikke:
Verseker die seremonie! Dit was ʼn ongelooflike gevoel om uiteindelik in die kapel af te stap na my man toe! Toe ek vir Kobus sien, wou ek eintlik net hardloop. Dit was so onwerklik, maar die lekkerste gevoel, toe Ds. Mynhardt aankondig dat ons nou wettig getroud is. Die oomblik toe ons in die onthaal saal inloop en by ons tafel gaan sit, was ook ʼn ongelooflike gevoel, want ons het geweet ons kan nou ontspan en net lekker kuier saam met al ons vriende en familie.
Paartjie se styl:
Die rok se inspirasie het ek van ʼn Pinterest foto af gekry. Dit was die heel eerste rok waarvan ek gehou het en het daarna soveel ander opsies oorweeg, maar op die ou einde by my oorspronklike keuse gebly. Daardie materiaal en die vere was los hande ʼn moet. Ek het geweet Kobus gaan net so mal wees oor die styl. Kobus wou gemaklik en natuurlik lyk en daarom het hy vir die groen en room gegaan. Dit het ook mooi by ons blomme, dekor en venue gepas.
Die Besluitnemingsproses:
Ek en Kobus is baie bevoorreg met ongelooflike ouers wat ons keuses ondersteun het. Hulle het natuurlik raad gegee en hulle opinies gelewer, maar ons kon alles kies soos wat ons dit graag wou hê.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit is baie moeilik om gunstelinge te kies, maar daar was ʼn paar wat ons bygestaan het deur die hele proses en soveel moeite met ons gedoen het! Ons fotograaf, Shaula Greyvenstein. Floral Creations and The Hire Warehouse wat ons blomme en tafel dekor gedoen het. Jana Rademeyer van Slipperfields Wedding Venue was verantwoordelik vir die beligting, meubels en ook dekor en het soveel meer as net dit vir ons gedoen. Big Day Symphony Wedding Films wat ons pragtige trou video gedoen het.
Venue & Dekor:
Ons het slegs een venue besoek en dit was Blomfontein. Ek kom van die plaas af en Kobus is mal oor jag en die natuur, so Bloemfontein was ʼn absolute droom vir ons albei! Ons het ook gehou by hierdie plaas styl vir die blomme en dekor.
Vermaak:
Ons het vir Emma Ellis bespreek om te sing tydens ons canapés en verwelkomingsdrankies. Almal het haar vreeslik geniet!
Wittebrood:
Ons sou oorspronklik die Filippyne besoek het, maar as gevolg van KOVID-19, kon ons nie. Ons het toe ʼn ongelooflike week in die Wes-Kaap gehad wat so spesiaal was, want ons albei het daar studeer.
KOVID-19 se uitwerking op jul troudag:
Ja dit het ʼn groot invloed gehad. Ons moes ons troudatum met 7 maande aanskuif en ons kon ook nie die Filippyne besoek nie.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shaula Greyvenstein
- Venue: Blomfontein
- Blomme: Floral Creations and The Hire Warehouse
- Bruidegom-pak: Country Road
- Dekor: Slipperfields Wedding Venue
- Grimering: Mishka Amod Studios + Melissa Aylott
- Hare: Passion Hair and Beauty
- Huweliksbevestiger: Ds. Mynhardt van Zyl
- Juweliersware: Swarovski
- Musiek: Occasion DJ’s
- Platejoggie: Emma Ellis
- Paartjie se verblyf: Blomfontein
- Strooijonkers bykomstighede: Country Road
- Skoene: Steve Madden
- Skryfbehoeftes: Elicit
- Strooimeisie-rokke: Kelly Mae Bespoke
- Trourok: Kelly Mae Bespoke
- Trouring: Jack Goodwin, Investment Diamonds
- Troukoek: Manna Delights
- Videograaf: Big Day Symphony Wedding Films
- Wittebrood plek: Stellenbosch, Franschhoek, Wes-Kaap, SA