Braam & Janine se stylvolle plaastroue

Hier by Mooi Troues is ons opgewonde om Braam en Janine se troudag met ons lesers te deel.  Die paartjie het ʼn stylvolle plaastroue gehad en julle sal sien in die foto’s dat daar ʼn paar plaasdiere in die agtergrond is.  Ons weet ons lesers is baie lief vir plaasdiere in die foto’s van plaastroue wat ons deel.

In kontras met die ruheid van die plaas omgewing was Braam en Janine se troudekor sag en romanties.  Die blompatroon was stylvol gebruik en self is hul troukoek dieslefde versier met blom patroon as hul trou skryfbehoeftes.  Dit het al die dekor elemente perfek saam gebring van die paartjie se plaastroue.  Een ding wat vir ons uitgestaan het is die paartjie se trou-program, so sal julle gaste presies  die verloop van jul troudag weet.

Janine het beeldskoon gelyk ʼn meermin-styl trourok prominente kant patroon en lang kant sleep.  Braam het dapper gelyk ʼn olyfgroen troupak, wat verseker iets anders is as die normaal.

Van ons lesers wat besig is om hul eie plaastroue te beplan sal die inskrywing van Braam en Janine se troue baie geniet.  Rol af en geniet al die pragtige foto’s van die stylvolle troue.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar aanlyn ontmoet.  Na ons eerste koffie afspraak het ek gedink, sjoe maar dis ʼn oulike boerseun, opregte, eerlike, liefdevolle man.  En soos hy in my brief geskryf het, was hy van daai dag af verlief op my en geweet hy wil met my trou.

Hy het my vroeg wakker gemaak met ʼn koffie om my op ʼn lugballon rig afvat, wat ongelukkig gekanselleer moes word weens sleg weer.  Hy wou nie langer wag nie en het toe sommer na middagete in my sitkamer op sy knie afgesak en my gevra om te trou.  Albei ons ouerpare was daar.  So spesiaal.  Natuurlik het ek dadelik ja gesê.

Die Verlowing Tydperk:


Hy het my 6 Februarie 2020 gevra om te trou en ons het 13 Maart 2021 getrou.  Ekt hom gesê ek wil ten minste ʼn jaar hê om die mooiste dag te beplan.  Ek wou dit graag self beplan.  Dit was bitter lekker om elke detail te beplan.

Finansiële Aspekte:


Ons het ten spyte van KOVID-19 besluit op ʼn intieme plaastroue.  Ons het 62 gaste genooi waarvan 2 nie kon kom nie.

Albei se ouers het saam 70% van die troue betaal.  Wat R110 000 uitgemaak het.

Ons het dit gebruik om die groter uitgawes te dek, bv. Foto- en videograaf, blomme en dekor dame, kos en venue huur ens.  Ander uitgawes het ons oor die tydperk van ʼn jaar aangekoop soos ons op iets besluit het, uit ons eie sak.

Ek stel voor, kry ʼn lys op die internet of bruids-tydskrif om seker te maak jy dek alles in jou begroting.  Besluit wat is die belangrikste, en probeer spaar op die minder belangrike goed.  Vir my was die belangrikste hoe ek lyk, hoe my man lyk en ons fotograaf en videograaf.  Kies ʼn venue wat klaar prentjie mooi is, en min dekor nodig het.

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir my was het ʼn groot emosionele oomblik om te die kapel in te stap saam my pa, en om uiteindelik voor by my man te kom.

Vir hom was die opwindendste oomblik ook toe ek ingestap het en om te sien hoe ek lyk.

Paartjie se styl:


Ek wou graag ʼn “wow” rok hê. Ekt op Pinterest na trourokke gekyk en begin stoor, en so het dieselfde patroon my oog begin vang.  Iets met ʼn prominente kant patroon en lang kant sleep.  Braam het sy uitrusting in my hande gelos, en ek het besluit op ʼn kakie/olyf groen wat by sy oë pas.  Iets ander maar tog stylvol.

My verloofring is ʼn pragtig protea solitaire. En ek wou graag 2 pantjies daarby sit.  ʼn Dun roosgoud pand en witgoud met klein diamantjies.  Hy wou ook hê ek moes sy ring kies, so dit het ʼn verrassing gebly tot ons dit in die kapel vir mekaar gegee het.  Dus het ek besluit op ʼn titanium ring met ʼn dun roosgoud strepie wat ons ringe dieselfde styl gee.  Met my ringvinger afdruk met ʼn Bybelversie aan die binnekant van sy ring.

Die Besluitnemingsproses:


Ek het basies alleen besluite geneem, ek het alles my man bespreek, maar hy het elke keer net gesê, “Jy weet wat mooi is”.  Dit was ongelooflik lekker om al die mooi bymekaar te sit.

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Glad nie, dalk meer fotos van elke oomblik.  Dit was só spesiale dag.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Verwag dat iets gaan fout gaan (sonder om pessimisties te wees), moenie ʼn perfekte dag verwag nie.  Op die ou-ent draai alles dan perfek uit.

Venue & Dekor:


Ons wou graag ʼn stylvolle plaastroue gehad het, oor ek en my man albei op ʼn plaas groot geword het, waardeer ons die stilte en natuurskoon.

Bahri Wedding Venue is ʼn mooi venue wat nie baie dekor nodig het nie.  Ons dekor is absoluut ʼn inspirasie van Sonia Deeflets van Sophia’s in Parys.  Sy het ʼn ongelooflike manier met blomme en eks mal oor haar styl.

My kleur skema, wat oor roosgoud bevat, was Pinterest inspirasie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Sophia’s van Parys (dekor en blomme) Of Rolene photography.

Moeilik om te kies!

Vermaak:


Quentin Venter van IFM was ons Platejoggie.   En Braam se oom Hanlo Pretorius ons seremoniemeester.

Ons het saam op 3 ysbrekers of speletjies besluit wat ʼn groot sukses was.  Baie pret en vermaak wat almal betrek het.

Eerste Dans:


Ons het besluit op Jy maak my beter van Demi lee Moore, want vir my is die liedjie se woorde dieselfde as ons verhouding.  Dit word net beter en beter.  Veral aan die begin van ons verhouding kon ek nie ophou luister na die liedjie nie en net so bevoorreg voel met die goeie man in my lewe.

Wittebrood:


Ons wou graag 2 weke weggaan net om mekaar te geniet voor ons weer terug gaan na realiteit.  Vir 2 weke enige plek net saam mekaar.  Ons het besluit op Umhlanga Sands.  ʼn Lekker see vakansie en baie aktiwiteite om te doen.  Was die lekkerste vakansie ooit.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]