Met baie opgewondenheid, deel ons Stefan en Natanya se stylvolle verlowing fotosessie met jou. Hierdie paartjie het die oulikste liefdesreis. Van laerskool liefdes tot 14 jaar later en toe is hul verloof!
Ons is gek oor die paartjie se verlowing fotosessie. Die venue waar dit gehou was is prentjie mooi. Stefan en Natanya se uitrustings vir hul verlowing fotosessie was self baie stylvol. Dit het so mooi ingepas by die plek waar die foto’s geneem was. ʼn Stylvolle, elegante gevoel vir hul verlowing fotosessie.
Baie paartjies vra vir ons wat hul moet aantrek vir hul verlowing fotosessie. Advies wat ons kan gee is om te besluit waar jy die fotosessie wil afneem en dan so ʼn uitrusting te beplan. Jy kan besluit of dit dan formeel of meer informeel sal wees. Dit help nie jy is formeel aangetrek, maar jy neem foto’s waar jy rotse moet klim nie. Probeer altyd so neutraal moontlik aan te trek. Dit pas by alles.
Is jy verloof? Mooi Troues se Trougids is ʼn bron van professionele diensverskaffers wat jou troudag perfek sal maak. Dit is baie belangrik om diensverskaffers te gebruik wat jy kan vertrou en om hulle te kry vanaf ʼn bron wat vertrou word deur ander bruidspare. Rol af om meer te lees oor Stefan en Natanya se stylvolle verlowing fotosessie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het verhuis na Centurion, Pretoria in 2004 en langs die mees stoutste seun ingetrek. Ons was albei nog in laerskool toe ons vriende begin raak het. Ek vermoed hy het net by my kom kuier om te swem. Na skool het Stefan het hy oor die muur geloer. Hy het my geroep om te kom kuier en ʼn swem sessie in te druk. Bygesê die eerste paar maande het hy nie my naam geken nie dus my MEISIE genoem; ai. Stefan het die aand van die 7de April 2006 my uitgevra. Ons het verloof geraak 1 Maart 2020, 14 Jaar later.
Die groot vraag:
Ek verjaar die 29ste Februarie, so ek het lank gepraat oor my “7de” verjaarsdag viering en hoe groot dit moet wees. Die Sondag het Stefan my vroeg wakker gemaak en gesê ons gaan op ‘n uitstappie. Hy het my verras met kaartjies na die Elephant & Monkey Sanctuary in Harties. Ons het op na berg gestap om die Olifante te voer/vryf. Met beplanning gee die olifant vir my ‘n pakkie in my hande met sy slurp. Toe ek omdraai staan Stefan op een knieg. My antwoord was nie JA nie maar Dankie.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Natanya aan Stefan: saggeaard, betroubaar, respek teenoor my en ander, realistiese dinkers, onafhanklikheid, hardwerkend Stefan aan Natanya: Vermoë om mense gelukkig te maak, kreatiwiteit, dapper, oneindige energie, liefdevol.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons het nie tyd gebind op die idee van hoe lank ons verloof wil wees nie. Met die venue se beskikbare datums het ons agter gekom dat ons vinnig moes ʼn trou datum kies en dit vas maak. Omdat dit op ʼn wyn plaas is, wou ons die perfekte tyd trou wanneer die wingerde nog in helder groen en volle ontwikkeling is so het ons besluit op die datum, 27 Maart 2021 by Pont de Val, Parys.
Die verloofring:
Toe ons gepraat het oor die idee van verloof raak het ek genoem aan Stefan dat ek graag wil deel wees van die ontwerp proses. Nie net omdat dit ʼn opgewonde tyd is nie maar EISH!! ek moet die band vir die res van my lewe dra. My oorlede Ma het haar trou ring aan my gegee en ons het dit gebruik as die inspirasie vir die ontwerp van die 2de pant. Daar is hier & daar veranderinge aangebring op ma se ring maar dit het mooi saam gekom toe Stefan die 2 op my vinger gesit het.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ek is een van daai wat foto’s van alles en almal neem. Toe my ma oorlede is in 2016 het ek agter gekom dat sommige herinneringe van haar vergete gaan. Al wat oorbly is die foto’s, dis wat ʼn mens altyd gaan laat onthou van die goeie tye. Die verlowings fotosessie was definitief ʼn merkie af op my lys van wat moet gedoen word wanneer ons verloof raak. Met die verlowings foto’s kon ons ook sien hoe ons as mens en paartjie gegroei het en so besef ons dat tyd wag vir niemand nie so memories moet vasgevang word.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons is ʼn paartjie wat hou van dinge anderste doen, die fotosessie was Vogue geïnspireer. Net soos die idee agter ons troue wil ons dit graag klassiek met ʼn bietjie van ʼn op die rand prent skep. My uitrusting was bestel ʼn week voor die fotosessie. Dit het te danke aan die agent van Opari dit gearriveer 2dae voor die sessie. Stefan het gegaan met ʼn Chino, wit hemp en wit skoene vir die eenvoudige rede dat hy nie ʼn swart pak wil dra in SA se hittige somer nie. Shepstone Gardens was net die kersie op die koek vir die fantastiese agtergrond.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Daar was geen verwagtinge/vrese nie, ons het nie gesit en dit bespreek nie. Die lewe gaan aan. Omdat ons so lank saam is, is ons net te opgewonde om verloof te wees, want natuurlik is dit ʼn groot stap. Maar soos dit is toe die beplanning begin het kom mens gou-gou agter hoe elkeen se smaak verskil in sekere aspekte … Ons het net ʼn manier gekry om om dit te werk , te sit en saam op dinge te besluit. KOVID-19 het natuurlik meer druk geplaas en mens se verhouding getoets maar net soos ander dinge, bou mens ʼn brug en kom oor dit.
Visie vir droomtroue:
Die troue se tema is klassiek met ʼn bietjie van ʼn modernheid tot dit. Pragtige helder blomme, perfekte weer, heerlike kos en baie dans. Die dag gaan oor ons wat ons lewens saam gaan begin, en om ons familie/vriende van naby en ver daar te hê om dit te beleef sal fantasties wees. Dit moet ʼn dag wees wat ons hoop almal sal geniet en jare daaroor praat. Ons wil alles in neem en onsself geniet.
KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:
Ons was heelwat positief dat ons troue kan hou die 27ste Maart 2021 want by die tyd sou dit oorgewaai het. Die venue koördineerder het gevra dat ons moet wag tot die President weer praat en dat ons dan finaal sal weet wat die pad vorentoe is. Ons het eerlikwaar moed verloor met die trou beplanning want die opgewondenheid was weg, daar was teveel onsekerheid. Ons venue kon ons nie help met ʼn datum nog in dieselfde jaar nie so toe maak ons die besluit om te trou in 2022.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Celeste Cilliers
- Fotosessie Venue: Shepstone Gardens
- Verloofring: Deon Le Roux