Renaissance-Boho Trou Inspirasie

Mooi Troues deel met ons lesers Renaissance-Boho trou inspirasie fotosessie wat jou asem sal wegslaan.  Daar is so baie verskillende trou temas wat jy kan implementeer by jou troudag.  Een van die temas is die Renaissance-Boho tema, wat die tema was van hierdie trou inspirasie fotosessie.  ʼn Groepie talentvolle trou diensverskaffers het koppe bymekaar gesit om ʼn eensoortige pragtige gestileerde fotosessie bymekaar te sit.

Asemrowend mooi!  Dit is presies hoe ons hierdie dekor elemente sal beskryf.  Die pragtige groot blom ontwerpe trek onmiddellik jou aandag.  Skakerings van donker kleure insluitende, koraal, Bordeaux-kleur en sagte pienk en hier-en-daar ʼn tikseltjie geel is deel van die blom ontwerpe en dekor.  Met die donker kleurskakerings kan jy nie verkeerd gaan nie.   Die trou skryfbehoeftes het ook al die kleure in en trek al die verskillende elemente bymekaar.

Baie kerse word op die tafel beruik, wat dit ʼn baie romantiese gevoel gee.  Die kos staan uit soos individuele kunsstukke uit op die rou hout tafel en donker groen loper.  Dan is daar die model se sprokies mooi trourok, wat so mooi inpas by die tema van die fotosessie.  Alles aan die fotosessie was net perfek gewees.  Rol af om meer te lees oor die fotosessie en vir Renaissance-Boho gestileerde trou inspirasie.

Wie het die fotosessie gereël?


Impressionant Events

Inspirasie agter die fotosessie:


ʼn Renaissance-Boho affair.  Die venue leen homself daarnatoe aan ʼn Renaissance gevoel, luuks, asemrowende tuine en die pragtige ou-hout deure en Kaaps Hollandse styl, laat jou amper voel of jy in ʼn ander tyd instap.

Maar so saam met die oud gevoel wou ons ʼn stukkie van nou insit, en daarom ʼn stukkie boho ook ingebring met los ruikers en die “meadow-look” wat vreeslik nou tendens is, ook oorsee.  Ons wou graag speel met die juweel toon klere, helder maar warm – diep en kleurvol.  Ons het inspirasie getrek van die juwele, maar wou ook die winter tyd kombineer met die helder somers blomme.

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


Elke verskaffer wat aan die dag deelgeneem het glo in uitmuntende – kwaliteit werk en om ʼn stileerde sessie ʼn sukses te maak, maak mens gebruik van beste van die bestes

Agter die skerms van die fotosessie:


Ons beplande onthaal saal opstel area was klaar gepak met tafels vir ʼn ander funksie, ons tyd was ook kort geknip.  Maar ons het die beste van die saak gemaak en dit maak werk.  En behalwe dat almal met ʼn bottel hand ontsmettingsmiddel en masker moes werk, was daar geen ander struikelblokke nie, en het die dag baie goed verloop

Merkwaardigste deel van die fotosessie:


Die diensverskaffers was absoluut briljant.  Almal was op tyd en gewillig om te help.  Impressionant Events het omtrent ʼn bussie vol blomme aangery en het elke blom versigtig ingesit asof dit ʼn skildery was wat hulle besig was om te skilder.

Ons model Nicole, met die mooiste rooi hare, het nog nie ʼn dag in haar lewe model gespeel nie en sy het ons almal se asems weggeslaan en ons monde het omtrent oopgehang.  Sy het verseker ʼn verskuilde talent.  Sy is ʼn rekenmeester in haar alledaagse lewe.

Dekor:


MU Studio SA het die dekor verskaf vir die fotosessie.  Gewoonlik is alles mos maar een kleur by ʼn troue en sy was verskriklik op gewonde om die geleentheid te hê om te kon speel met kleure en totaal buite die gewoon te beweeg met al haar ontwerpe.  Alles het perfek uitgewerk, die spyskaarte met die verskillende kleure naam kaartjies, het perfek gepas op die verskillende kleure servette. Sy het wel ook 3 nuwe produkte bekendgestel op die fotosessie.  Die LED Liggie tafelnommers, die goue glas raam tafelnommers en die gedrukte akriel spyskaart en welkom bord.

Kleurskema:


“Jewel-tones” spreek van ʼn “ryk” gevoel, dit smelt mooi saam met die Renaissance styl en het die venue en die konsep, pragtig ge-komplimenteer.

Venue en Ligging:


Ons het al voorheen saam met Kleinkaap gewerk op ʼn stileerde sessie en ʼn ruk terug gesels om weer so iets by hulle te doen.  Kleinkaap as venue is so ongelooflik mooi en een van die vooruitstrewende venues in Pretoria.  Die konsep en styl het perfek by die venue gepas.

Trourok en bruidegom pak:


Ons rok keuse mik om ou wêrelde romans met moderne boheemse gevoel saam te vleg.  Die blom motief kant en die sagte tulle op die rokke wek n gevoel van droomwêreld wasigheid

Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:


Bly by die diep juweel toon klere, geel werk mooi as ʼn helder kleur element.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]