Die klem was op romantiese, tog minder-is-meer, styl waneer dit kom by die Moderne Boheemse gestileerde trou inspirasie wat ons nou met Mooi Troues se lesers deel. Hierdié fotosessie is nie gekoppel aan ʼn spesifieke seisoen nie. Dit is maklik om aan te pas by enige seisoen, al wat jy doen is verander jou blomme seisoenaal wanneer dit kom by dekor elemente.
Baie paartjies is opsoek na inspirasie vir kleiner meer eenvoudige troues. Hierdie fotosessie sal jou asem wegslaan. Dit is prentjie mooi en soos iets vanaf ʼn Pinterest bord. Mooi Troues is ook ʼn groot liefhebber vir ʼn minder-is-meer tema. Jy hoef nie te veel dekor elemente te hê om iets baie mooi te skep nie. Die tafel dekor by die fotosessie het ʼn simplistiese gevoel en die kleur skakerings werk so mooi saam. ʼn Ligte tafeldoek buit in die natuurskoon gemeng met die skakerings van perske kleure, pienk en tikseltjie mosterd hier en daar. Dit is ʼn absolute wenner.
Die model wat as bruidegom rol speel het lyk te dapper in sy groen troupak Dit pas ook perfek in by die trourokke wat die model wat die bruid is. Hierdie fotosessie wys vir jou hoe een tema gebruik kan word in verskillende seisoene deur klein veranderinge te maak. Dit is veral iets wat mens nodig het in die tye waar troue uitgestel word as gevolg van die pandemie. Rol af en kry inspirasie vir jou eie troudag.
Wie het die fotosessie gereël?
Ek en Sarah van Sarah Stewart Flowers het die fotosessie gereël.
Inspirasie agter die fotosessie:
Ons het definitief gegaan met ʼn romantiese tema, maar ek wou nog daai bietjie boho flair ook Inwerk. Ons wou ʼn minimalistiese, maar klassieke gevoel gehad het, maar met ʼn ietsie anders. Die dekor het bietjie mosterd in gehad net vir ietsie anders.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Ek wou nog altyd saam Sarah werk. Haar werk is klassieke en neutraal, maar so romanties. Joslyn het presies geweet wat om met die rokke te doen, sy is boho koningin en ek is mal oor haar persoonlikheid en haar werk is fantasties.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
ʼn Troue hoe jou nie duisende Rande uit die sak te jaag nie. Minder is meer en die fotosessie weerspieël dit. Jy kan nogsteeds trou al is dit 20 gaste of 50 gaste. Daar hoef net ʼn paar dekor elemente op die tafel te wees en blomme.
Dekor:
Ons het meestal van die blom blare met water vorminge blomme in die tafel opset gebruik om ʼn organiese herfs gevoel te skep wat aangevul word deur die romantiese gevoel van die goue en kristal kandelaars met lang blos en terracotta kerse.
Die kristal gesnyde glasware sal ook daardie ekstra tikkie romantiese gevoel gee en elegansie byvoeg. ʼn Bietjie mosterd is bygevoeg in die vorm van servette wat die herfs gevoel gee. Gedroogde takkies, kruisbessie peule (verkry uit die tuin) wat nog ʼn laag byvoeg tot die organiese gevoel van die tafel opset.
Kleurskema:
Ek wou gaan met iets wat romanties is, sagte pienke en vuil pienk. Maar mosterd is nou vir my baie in die mode en indien dit reg gebruik word lyk dit pragtig.
Venue en Ligging:
Die venue was die perfekte keuse omdat ons iets gesoek het met oop landskappe en wat daai dromerige boho gevoel gaan gee. Ons kon toe ook die studio gebruik met die wit agter grond wat pragtige was vir ʼn paar foto’s …
Trourok en bruidegom pak:
Die rokke was gedoen deur Joslyn, en haar aandag tot detail was vir my fantasties! Sy het absoluut die speels en boho by mekaar gesit en dit het deur gekom in haar rokke
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
Minder is meer, en die kleure werk lekker omrede dit vir enige tyd van die jaar troue kan werk. Dit kan werk vir lengte, somer, herfs of winter. Jy kan net die blomme aanpas by die seisoen.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Blissfully yours photography
- Blomme + Dekor: Sarah Stewart flowers
- Grimering: By Bianca Furnarello
- Hare: Heavenly hair by Bianca
- Skryfbehoeftes: Handmade by Janine
- Trourok: Joslyn Kim bridal