Ons hier by Mooi Troues deel Hermann en Samantha se intieme troue by The Homestead. Die venue is ʼn 1820’s erfenis gebou wat die perfekte trou venue gemaak het vir die paartjies se intieme troue. Die paartjies se liefdesverhaal is soos ʼn sprokie. Hulle het verloof geraak tydens die sonsak in Praag – die oudste stad in Kislev. Hoe romanties is dit?
Alhoewel die paartjie hulle hele troudag moes verander, as gevolg van die Karonavirus, het alles op die einde ʼn sukses uitgedraai en ons opgewonde is om hulle troue met jou te deel.
Hulle het by The Homestead venue getrou in die Suidelike-Voorstede van Kaapstad. Die is die perfekte venue vir ʼn intieme troue. Nie net is die venue pragtig en baie elegant nie, maar hul spyseniering is wêreldklas. Food Fanatics maak seker dat jy lekker eet by die prentjie mooi venue. Wat is ʼn troue sonder lekker kos wat gaste kan geniet terwyl hul gesellig is saam met vriende en familie.
The Hire Haus het ook van die dekor items verskaf vir hul troudag. The Hire Haus bied verhuring van dekor vir troues in Kaapstad, so as jy ʼn troue wil hê wat so mooi is soos Samantha en Hermann se troue, dan moet jy definitief ʼn paar dekor items by hulle huur.
As jy ʼn intieme troue beplan gedurende die pandemie, besoek Mooi Troues se Trougids vir fantastiese diensverskaffers. Rol af vir tonne inspirasie vir ʼn intieme troue en om meer te lees oor Samantha en Hermann se liefdesverhaal.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het by die werk ontmoet. Hermann het die onderneming redelik kort daarna verlaat, maar ons het in kontak gebly. Ons verlowing was ongelooflik; ons is in Maart 2019 oorsee. Op 22 Maart het Hermann besluit ons moet gaan vir skemerkelkies op die pragtige bult wat oor die stad van Praag uitkyk. Ek kon nie verstaan hoekom hy aanhou dat ons 6 nm daar moet wees nie. Maar hy het gesê dat dit was wanneer die son sou sak, en nadat ons rondgeloop het, wat gevoel het asof ons in sirkels loop, het ons na die uitkykpunt begin loop.
Ek kon sien daar is ʼn pragtige tafel opgestel met heerlike vingerhappies, sjampanje en ʼn foto van ons. Hermann het op sy een knieg gegaan en my gevra om sy vrou te wees. Daar was ook ʼn hommeltuig wat die hele storie verfilm het. Die film was ook in ʼn video gemaak met ons gunsteling liedjie. Ons het toe daarna vir ure gesit en sjampanje gedrink, geëet en die sonsak gekyk.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was veronderstel om op 1 Mei 2020 te trou. Toe het Suid-Afrika in die streng grendeltydperk ingegaan einde Mei. Ons het toe geweet ons droom dag sou nie meer kon plaasvind nie en moes uitgestel word. Die troue is toe uitgestel tot en met Oktober 2020. Ons verlowing periode was veronderstel om 14-maande te wees, maar met Korona het planne verander en het dit toe 19-maande geword. Die beste besluit wat ons kon doen was om ʼn trou beplanner te huur.
Ons het Lauren van Kelz & Co gebruik. Sy was fantasties! Ek sou nie in staat gewees het om dit sonder haar te doen nie. Dit bygesê ons het twee troues beplan, dit met die eerste wat gekanselleer was. Sy het kalm gebly en baie gefokus op wat belangrik was, om te trou met my beste vriend. Lauren het goed omgekyk na alles – insluitende die skedule van die dag waar sy vir ons laat weet het hoe laat ons moes opstaan. 🙂 Hermann het nog ʼn grap gemaak in sy toespraak dat Lauren kwaad was vir hom omdat hy nie op die tyd wat sy gesê het opgestaan het nie.
Finansiële Aspekte:
Toe ons oorspronklik die beplanning van die troue gedoen het was die kostes oor R250,000.00. Die trou beplanner het definitief gehelp om die kostes in die begroting te hou. Ons moes oorspronklik 110 gaste gewees het by die eerste troue wat gekanselleer was. Op die einde het ons 18 gaste gehad. Ons klein troue het opeindig om minder as ʼn derde van die groot troue te kos en ons het nie gesny op enige iets nie. Ons het ons droom trou fotograaf, videograaf en dekor gehad en dit was verbysterend.
Daar was ook ʼn oop kroeg gewees. Dit was ongelooflik hoe baie ons bespaar het net om die mense te verminder, want elke ekstra word betaal per kop. My advies is om jou troue se nommers so klein moontlik kan hou. Dit sal jou in staat stel om geld te spandeer op dinge wat saak maak.
Spesiale Tradisies:
Hermann is Afrikaans en ek is Engels. Die seremonie was meestal in Engels, maar dit was belangrik vir Hermann om sy Afrikaans erfenis ook erken. So ons het besluit om sy geloftes in Afrikaans te doen en myne in Engels. Dit was ʼn baie spesiale element gewees. Die ander tradisie was, omdat Hermann sy broer verloor het en ek my Ma, het ons besluit om ʼn oomblik van stilte te hê by ons seremonie om hulle te eer.
Merkwaardigste Oomblikke:
Sam:
My spesiale oomblik was toe ek by die gang afstap en my toekomstige man sien. Ons het ʼn pragtige liedjie gekies die dag voor die tyd, “If I ever saw heaven” deur Roan As. My oë het baie tranerig geraak, wat ek nie verwag het nie. Ek was so oorweldig met emosie met wat gebeur en was ook hartseer dat ek nie van my beste vriende op my spesiale dag by my kon hê nie. Dit is die oomblik wat ek nooit sal vergeet nie.
Hermann:
Is dit moontlik om een te kies? As ek moet kies, sou ek sê was dit die kalmte wat ek gevoel het toe Sam arriveer. Ek het verwag dat ek ʼn senuwee bal gaan wees. In daardie oomblik het ek besef dat ek so gelukkig en rustig voel. Ek het geweet ek is waar ek moet wees. Toe Sam by die gang afgeloop kom, was ek oorweldig met opgewondenheid en trots, en soos hul sal sê – die res is geskiedenis.
Paartjie se styl:
Alles was klasiek en elegant. Van die trourok gepraat. Sam het die eerste trourok gekoop wat sy aangepas het. Die styl is ʼn klasieke V-nek met ʼn snit tot onder die arms. Ek het soos ʼn droom gevoel in my trourok. Dit was pragtig. Hermann het my ring ontwerp met Olga – ʼn roosgoud halo. Die diamant is van Sam se oorlede Ma se verloofring en het ʼn sentimentele konneksie.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit sal definitief Lauren van Kelz & Co wees, wat ons koördineer was. Sy het die hele proses vergemaklik. Alhoewel sy twee troues vir ons beplan het, as gevolg van Kovid wat ons planne omver gegooi het, was sy altyd kalm en het baie emosionele ondersteuning gegee. Op die dag het sy alles onder beheer gehad tot die sneesdoekies op die tafel waar ons gesit het. Sy het die mees ongelooflike dag vir ons geskep, sonder dat ons oor enige iets moes bekommerd wees. Ons het vriende geraak deur die proses en bly nogsteeds in kontak. As ek ʼn tweede keuse mag hê sal dit ons fotograaf weer, Koring Kriek, wat ons asem weggeslaan het met haar foto’s.
Venue & Dekor:
Alhoewel ons nie getrou het by dieselfde venue as wat ons sou met die oorspronklike troue voor Kovid nie, het ons van die venue gehou. Ek het van die venue gehou tot ons oorspronklik ook gekyk het na venues, maar dit was te klein vir die oorspronklike troue. Toe ons besluit het op ʼn klein troue het Homestead weer opgekom in ons gedagtes. Dit was ook slegs 1km weg vanaf ons huis.
Die venue was alles wat ons wou gehad het. Ou pragtige Victoriaanse huis met soveel sjarme en pragtige dekor. So baie van die meubels was ingesluit en die span by the Homestead was baie behulpsaam. Met betrekking tot die dekor, het ons dinge simplisties gehou en het ons die meeste van die pragtige venue gemaak. Ons het net pragtige blomme by Bouwer Flowers laat maak en die res baie simplisties en elegant gehou.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Ons troue was beplan en sou geskied op 2 Mei 2020. Dit sou die perfekte dag gewees het, omring deur byna 120 van ons naaste vriende en familie. Toe het Karonavirus gebeur. Soos ons nader gekom het aan die oorspronklike trou datum het ons besef dat ons die hartbrekende besluit moet neem en die dag uitstel tot en met verdere kennisgewing. Teen die tyd was dit die moeilike kombinasie van die uitstel van die troue en wittebrood en die onsekerheid oor wanneer ons dit sou kon hê.
In Augustus 2020 het ons besef dat ons in die tweede helfte van die jaar die geleentheid sou hê om ʼn troue te kan hou. Dit moes op verskillende voorwaardes wees. Met die opgewondenheid om ons lewens saam te begin, het ons besluit om ons troudatum na 10 Oktober 2020 te skuif. Ons het ook ons trou venue na ʼn baie kleiner plek verander. Aangesien die aantal gaste wat by die byeenkomste toegelaat was, steeds tot 50 beperk was, het ons net ons naaste familie genooi. Al ons vriende was ongelooflik begrip-vol en het die dag regstreeks aanlyn gekyk en saam met ons geniet.
- Venue: Food Fanatics The Homestead
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Koringkriek Photography
- Blomme: Bouwer Flowers
- Bruidegom-pak: Eurosuit
- Dekor + Koördineerder: Kelz & Co
- Gaste Geskenke: Elysian Creative
- Grimering + Hare: Cecilia Fourie
- Huwelik kontrak: Maurice Phillips Wisenberg
- Huurdienste: Hire Haus + Palm Event Hire + Sitting Pretty
- Huweliksbevestiger: Rudy Nadler-Nir
- Juweliersware: Silvery
- Musiek: Westhouse Sound
- Paartjie se verblyf: The Alphen Boutique Hotel
- Skoene: Woolworths
- Skryfbehoeftes: Fleur Design Studio
- Trourok: Cindy Bam
- Trouring: Olga Jewellery
- Troukoek: Kanya Hunt
- Vermaak: Dan Fernandes
- Videograaf: Second Luke Films
- Wittebrood plek: Buff and Fellow