Gert & Zelmé se Bosveld Troue

Gert en Zelmé se Bosveld troue by Bush Loerie was een groot makietie.  Die paartjie vertel dat hulle troue nie ʼn spesifieke tema gehad het nie.  Hul fokus was dat hul ʼn stylvolle, vintage met ʼn bietjie sjiek idee gehad het.  Die venue was die perfekte opsie hiervoor.

Zelmé en Gert vertel toe hulle na die venue gaan kyk het, het hul daar en dan geweet dit is die venue waar hul wil trou.  Bush Loerie is ʼn pragtige trou venue met ʼn lekker plaas gevoel net buite Pretoria.  Die venue is omring deur pragtige natuurtonele. Insluitende ʼn dam en die mooiste groen bome!   Perfekte agtergrond vir die mooiste foto’s van die bosveld troue.

As jy mal is oor ʼn bosveld troue of die tema, sal jy baie hou van Bush Loerie.  Hulle het nie net ʼn oulike trou venue nie, maar ook oorgenoeg verblyf vir jou trou gaste.  Die venue is die perfekte wegbreek plek vir die van julle wat sommer ʼn hele naweek wil maak daarvan. Rol af om meer te lees oor Gert en Zelmé se bosveld troue en hul liefdesreis.

Paartjie se Liefdesreis:


Beide van ons was reg om liefde en ons lewensmaats te vind. Ons het mekaar toevallig op In maat soek webtuiste ontmoet. Na 3 keer se probeer wat Gert my gevra het om op ʼn koffie afspraak te gaan, het ek ingestem om saam met hom op ʼn afspraak te gaan en ons het net dadelik gekliek … Ons was 2 jaar ʼn paartjie voordat ons begin gesels het oor die volgende stap in ons lewe saam.

Gert het my op my 30ste verjaarsdag partytjie verras met die groot vraag voor al my naaste familie en vriende. Gert het gevoel dit was die ideale geleedheid om my te vra omdat ek ‘n baie noue band met my familie en vriende het.

Die Verlowing Tydperk:


Ons was ʼn jaar en ʼn maand verloof voordat ons getroud is. Ons het alles self beplan tesame met ons naaste vriende en familie.

Bosveld troue

Finansiële Aspekte:


Ons het eers ʼn gastelys opgestel van almal wat ons graag wou hê moes die dag saam met ons deel. Die venue het vir ons ʼn kwotasie saamgestel van wat dit ons min of meer gaan kos om die dag spesiaal te maak.

Ons het dus van daar af beplan en om die kwotasie gewerk om in ons begroting te bly.

Bosveld troue

Merkwaardigste Oomblikke:


Verseker die oomblik toe ons mekaar die eerste keer sien toe ek in die paadjie afstap kansel toe en toe ons na al die verrigtinge die saal binnestap en al ons gaste ons luidkeels welkom heet.

Bosveld troue Bosveld troue Bosveld troue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Advies aan toekomstige bruidegomme, loop jou skoene vooraf goed in.

Vir bruide: vergeet van alle negatiewe dinge wat kan verkeerd loop. Neem alles in en geniet jou dag want die idee wat jy in jou kop het is nie noodwendig die idee wat almal in gedagte het nie.

Bosveld troue Bosveld troue

Paartjie se styl:


Ons het nie regtig ʼn tema gehad nie. Ons wou dit stylvol, vintage met ʼn bietjie sjiek gehad het. Die bruid se ring het sy self ontwerp met die hulp van Karlien Designs (wat ook die bruidegom se trou ring gemaak het).

Die Besluitnemingsproses:


Dit was werklik waar ʼn span poging van beide bruid en bruidegom. Ons ma’s was ook baie betrokke met raad en bystand. Hulle was die staatmakers wat ons dag in In sprokie verander het.

Vermaak:


Ons het net In platejoggie en ʼn fantastiese seremoniemeester gekry wat gesorg het vir die dag se vermaak.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Die bruidegom se skoene was ietwat van ʼn tameletjie en ʼn pyn volle ervaring. Dit kom van as mens nuwe skoene koop en dit word nie vooraf ingeloop nie! so toekomstige paartjies vat raad hier …

Eerste Dans:


Ja ons het. Ons het terwyl ons die troue beplan het, weeksaande op ons stoep gedans en net een aand besluit die liedjie gaan vir ons werk. Die liedjie het baie mooi woorde en beskryf presies ons storie. Ons het dus besluit op “BEAUTY AND THE BESAT”.

Venue & Dekor:


Die venue is deur die bruid se Ma voorgestel, ons het gaan kyk en was dadelik versot op die mooi wat die venue uitgebeeld het bv, die kapel wat op die dam gebou is en die saal met sy mooi ligte, tafels ens. Ons het net daar en dan besluit ons gaan nie verder soek nie en besluit om by Bush Loerie Lodge te trou net buite Pretoria. Daar was genoeg slaapplek vir ons gaste wat van vêr af gereis het en om almal te akkommodeer so dus het die venue net al ons verwagtinge oortref.

Wittebrood:


Ons wou baie graag Mauritius toe gegaan het maar met KOVID-19 en al die inperkings het ons toe besluit om die tuin roete te gaan doen. Ons vlieg dus eerskomende Vrydag 19/03/2021 eers op wittebrood …  Ongelukkig nog geen staaltjies om te deel nie.

Gunsteling Diensverskaffers:


Verseker die span agter Bush Loerie wat ingespring en gehelp het om ons dag spesiaal te maak. Dan ook die fotograaf wat alles mooi vasgevang het en die bloemis wat dit so mooi afgerond en prentjie mooi laat vertoon het.

    Artikel Diensverskaffers: