Vier jul droom troue in Stellenbosch by Lanzerac

Trou in Stellenbosch by Lanzerac, met wêreld klas verblyf, fasiliteite en aktiwiteite, sal jy op jou beste voel op jou troudag.  Lanzerac is ryk aan geskiedenis en is ʼn historiese landmerk in die gebied, hul storie dateer terug na 1692.  Stellenbosch is ʼn populêre trou bestemming vir paartjies van regoor Suid-Afrika.   Met pragtige uitsigte, heerlike wyn en mooi tuine, kan jy nie verkeerd gaan as jy Lanzerac kies nie.

Vir die mees romantiese en onvergeetlike troue, kan jul eenvoudig nie die Stellenbosch Wynlande miskyk nie. Lanzerac is geleë aan die voetheuwels van die idilliese Jonkershoekvallei.  So jou troue se seremonie en onthaal word gehou teen ʼn skouspelagtige natuur landskap.  Die landgoed spog met uitsigte oor majestueus bergreekse en eindelose rye welige wingerde, wat dit die perfekte romantiese toevlugsoord vir paartjies maak.  Lees meer oor wat Lanzerac vir jou troue kan bied hieronder.

Geskiedenis van Lanzerac:


Ryk aan geskiedenis, lê die historiese landmerk en Stellenbosch se ikoon, Lanzerac, wat terug dateer na 1692. Kaapse geskiedenis omvou mens vanaf die inry slag.  Dit voel werklik of mens ʼn sprokie betree aan die voet van die Jonkershoek Vallei. ʼn Dramatiese bergreeks, eindelose rye van wingerd, honderde hektare tuin.  Reuse Eikebome en hul eekhoring inwoners, verwelkom mens by Lanzerac.

Die Manor Huis dateer terug na 1959.  Weerspieël die tradisionele Franse manier van plattelandse hotel, bekroonde kroeë, restaurante en Deli.  Asook ʼn asemrowende wyn proe area en ʼn dag spa vir die beste ontspanning.

Terug in 1692, is Lanzerac slegs 13 jaar na Stellenbosch gevind is, gestig.  Dit is die derde oudste plaas in die omgewing. Die eerste eienaar van die plaas, wat ook die eerste wingerde geplant het, het die plaas Schoongezicht genoem.  Wat duidelik na die skoonheid en sprokiesagtige gevoel van die berge verwys het. In die vroeë 1800’s was die eerste kelder gebou en dit was gekomplimenteer deur die prentjie mooi Manor Huis. Die Manor Huis, asook die Werf, staan vandag trots as ʼn Erfenisterrein.

Lanzerac se naam:

Die plaas staan vandag bekend as Lanzerac, te danke aan die landgoed se invloedrykste eienares, Elizabeth Catherina ‘Kitty’ English, wat Schoongezicht in 1920 gekoop het.

Mrs English het die plaas se naam verander na Lanzerac. Gerugte reken dat sy dit vernoem het na Generaal Charles Lanzerac, ʼn Franse Generaal wat die Vyfde Weermag by die uitbreek van die Eerste Wêreld Oorlog gelei het – maar dit daar gelaat. In haar 9 jaar van Eienares wees, het Mrs English Lanzerac getransformeer in een van die mees gesogde en moderne wynplase in die Kaap. Sy het werklik die fondasie goed neergelê vir al die ander Stellenbosch wynplase wat sou volg. In 1929 is sy oorlede, en het Lanzerac nuwe eienaars gekry.

Deur die jare, het eienaars gekom en gaan – maar die naam Lanzerac het gebly. Lanzerac is alombekend as die tuiste van die eerste gebottelde Pinotage in die wêreld, wat terug dateer na 1959. Sedertdien 1959, het Pinotage die wêreld ingegaan, en Lanzerac is ʼn deel van baie huishoudings.

Ontspan:


By Lanzerac is daar nie net wyn nie, maar ook ʼn ongelooflike spa vir ontspanning. ʼn Hotel met meer as 50 unieke kamers wat spog met fyn uitgesoekte dekor en meubels, asook vier puik restaurante.

Lanzerac bied meer as net ʼn spasie vir ontspan – by Lanzerac kan jou siel werklik rus aan die voet van die Jonkershoek Vallei, terwyl die goue son verdwyn en die mooiste sterre die aandlug kom ophelder.

Trou:


Asof dit nie genoeg is nie; is hierdie die bekendste wynplaas vir sprokiesagtige troues. Van klein intieme troues in die tuin onder die oudste bome in Stellenbosch, tot groot makietie troues in die Cellar Hall, bied Lanzerac unieke opsies vir jou droom troue.

Blanc de Blancs Methode Cap Classique vanaf die plaas, kos vanuit die boonste rakke en spasie vir al die vriende en familie. Lanzerac bied verskeie trou pakette aan wat geskik is vir elke persoon. Jou sprokie begin hier.

Lanzerac; Trots op die herkoms, en opgewonde vir die toekoms.

Artikel Krediet:

  • Foto’s verskaf deur Lanzerac – Fotograaf: Cr8tive Duo
  • Teks:  Verskaf deur Lanzerac