Ons is vreeslik opgewonde om met ons lesers die Treffende en Moderne gestileerde trou inspirasie te kan deel. Dié gestileerde trou inspirasie is vir die bruidspaar wat buite die lyne inkleur en die boks dink. ʼn Bruid wat haar standpunt wil stel. Die wêreld verander deur mense wat anders dink, hulle is die spelwisselaars … Sonder hulle sou die wêreld verseker ʼn vervelige plek wees.
In die foto’s hieronder sal jul sien hoe Nadia van Bacht Design en ander diensverskaffers bymekaar gekom het en uitsonderlike trou dekor inspirasie vir julle bymekaar gesit het. Hulle wil aan paartjies uitbeeld dat om anders te dink nét so stylvol kan wees.
Die paartjie wat “anders as die normale” en iets treffend waar hul trou wil doen sal dié inskrywing baie geniet.
Wie het die fotosessie gereël?
Nadia Wambach van Dyk die eienaar van Bacht Design het die fotosessie gereël.
Inspirasie agter die fotosessie:
Ek wou al lank ʼn fotosessie reël en het gesukkel met idees want dit voel vir my almal is altyd dieselfde en toe praat ek bietjie met my sussie en toe dink ek maar wat van ʼn bruid wat tatoeëermerke het, ʼn fotosessie wat met gepaard gaan met “rustic, moody” en kleurvolle styl.
Almal het altyd dieselfde “look” met ander woorde die bruide met die sagte elemente en ek wou juis iets anders vat, want daar is baie bruide wat tatoeëermerke en kleurvolle haarkleur het en nie weet hoe om die style toe te pas met hulle troue nie en ons wou die bruide help met inspirasie vir iets heeltemal anders, iets heeltemal uniek en funky.
Iets vir die bruide laat hulle nie hulle eie persoonlike unieke styl hoef te verander nie maar dit uit te leef.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
Nadat ek die konsep uitgewerk het, het ek dadelik begin met my verskaffers praat, ek het die diensverskaffers gebruik wat ek ken deur hulle wat my troue of my susters se troues gedoen het te gebruik. Hulle almal se werk is net ongelooflik goed en ons almal werk so lekker saam in ʼn span, ons verstaan mekaar se gevoel en styl.
Ek voel die diensverskaffers wat ek gekies het is van die beste in die industrie en hulle diens wat hulle lewer is net ongelooflik.
Agter die skerms van die fotosessie:
Skokkend was daar nie eintlik probleme nie, ek dink ons as span het net so mooi alles beplan en uitgewerk dat daar nie veel probleme eers kon plaas vind nie. Daar was let wel een ding, die een lamp skerm het aan die brand gesteek …
Dit was eintlik meer snaaks want ons het dit dadelik onder beheer gehad. Verder sal ek sê was alles ʼn reuse sukses.
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Vir my was die mees merkwaardigste hoe al ons diensverskaffers bymekaar kon kom en die gedagte kon uitleef in so ʼn unieke, mooi sessie. Ons het ons eie sprokies prent laat waar word.
Dekor:
Ons was opsoek na ʼn treffende en moderne manier om ons unieke bruid haar perfekte dekor te gee.
Die bruid soos julle sien, het tatoeëermerke en ʼn unieke haarkleur. Ons het besluit om ons tafel te dek in die pragtige kapel van Monte Bello Estate wat die ongelooflike tekstuur-ryke fokus muur het van klip.
Met dit ingedagte het ons besluit om swart deel te maak omrede, swart hom verleen aan ʼn bietjie drama en dit is ʼn treffende en tydlose kleur. Met die skakering van goud wat perfek werk teen swart het dit vir ons n ongelooflike verrassingselement gegee.
Omrede ons bruid haar swart leer baadjie en skoene gebruik het, het ons ook gefokus om leer elemente op die tafel in te bring soos ons gedoen het met die onderborde.
Die blomme was tekstuur-ryk met vars lente bloeisels uit die vrugteboorde. Verskillende skakerings van pienk en pers glas potte is gebruik om ʼn tafelloper te vorm. Saam met die klassieke kandelare uit die dak het dit sielvolle pragstuk gevorm.
Ons glo dat dekor alles in die detail is en dat die tentoonstelling ʼn vars bries is op trou dekor.
Kleurskema:
Ons besluit om swart deel te maak omrede, swart hom verleen aan ʼn bietjie drama en dit is ʼn treffende en tydlose kleur. Met die skakering van goud wat perfek werk teen swart het dit vir ons n ongelooflike verrassingselement gegee.
Verskillende skakerings van pienk en pers is gebruik omrede die bruid se hare helder pienk is en ons wou dit deel maak van die styl wat heeltemal ʼn ander kyk gee oor die trou industrie. Al is die pienk so oorheersend is dit tog so ʼn unieke element.
Venue en Ligging:
Ons het besluit op die pragtige kapel van Monte Bello Estate wat die ongelooflike tekstuur-ryke fokus muur het van klip. Dit skep ʼn unieke kontras tussen die kleur en elemente.
Advies aan toekomstige paartjies wat troue beplan:
My advies is dat bruide moet hulle styl uitleef al is dit hoe vreemd. So kon ons tatoeëermerke en helder pienk elemente ʼn pragtige sessie vorm wat tydloos is. Moet nooit iets probeer wees wat jy nie is nie.
- Skryfbehoeftes: Bacht Design
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Anja Aucamp photography
- Blomme: Blom weddings
- Dekor: Grand Room Design
- Grimering: Estie Swart Artistry
- Hare: KOLOR studio
- Juweliersware: Carins jewellery design
- Trouring: Carins jewellery design
- Troukoek: Sassy Bakes
- Koördineerder: Bowtie Evolution
- Trourok: Novella Bridal Boutique
- Venue: Monte Bello Estate
- Videograaf: Zita Filmz
- Beligting: Lighticle