Paartjies wat graag in die Robertson-vallei wil trou sal die inskrywing van Jan en Suzette se troue in Robertson baie geniet. Hulle het gebruik gemaak van plaaslike troudiensverskaffers in Robertson.
Hul troufotograaf was Helene Viljoen Photography. Mooi Troues se lesers sal sien Helene Viljoen se werk is van ʼn baie goeie gehalte. Sy vang al die spesiale oomblikke vas in verewige herinneringe.
Die paartjie se troue was gevier by DuVon Wine & Wedding Estate buite Robertson. Suzette vertel dat Lara du Toit van DuVon Wine & Wedding Estate hul baie goed gehelp het met keuse van blomme en dekor. Die paartjie se kleurskema was dieprooi en het die kleur baie mooi deurgetrek deur die hele troue, van Jan se hemp tot strooimeisie rokke en selfs die foto’s van die paartjie voor ʼn Bougainvillea bos.
Albei Helene Viljoen Photography en DuVon Wine & Wedding Estate was gelys as die paartjie se gunsteling diensverskaffers op hul troudag. Albei die diensverskaffers adverteer op Mooi Troues se aanlyn trougids. Opsoek na betroubare troudiensverskaffers om jul troue onvergeetlik te maak? Klik asseblief hier om na Mooi Troues se aanlyn trougids te gaan.
Rol af en geniet elke foto van Jan en Suzette se pragtige troue in Robertson.
Paartjie se Liefdesreis:
My beste vriendin het met sy beste vriend uit gegaan hy het toe vir Jan saam gebring na Wacky Wine 2014 waar ons mekaar ontmoet het en van daar het ons liefdes reis begin … Jan het vir my gevra op Paarl berg op die 22ste Junie 2019 dit was ʼn reënerige koue dag maar baie spesiaal en onverwags.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was vir ʼn jaar en 5 maande verloof voor ons getrou het. Ons het nie regtig ʼn trou beplanner gehad nie, maar my suster het die spesiale dag gereël, wat baie stres van ons af gevat het.
Finansiële Aspekte:
Ons het nie regtig ʼn begroting gehad nie, ons was baie gelukkig dat my pa betaal het vir die meerderheid van die troue. So ons het maar probeer om op die goedkoopste oor die weg te kom.
Ons het 120 gaste genooi, maar op die einde van die dag was ons net 97 gaste.
Merkwaardigste Oomblikke:
Toe ons mekaar by die kansel sien en ons liefde aan mekaar beloof.
Paartjie se styl:
Bruid se rok is vanaf Elizabeth Stockenström. Ek het ʼn heel ander tipe rok in gedagte gehad, maar toe Elizabeth my in die spesifieke rok sit toe weet ek dis dié een.
Bruidegom se pak was laat maak deur Stylish Stitch Tailor in Paarl.
Bruid se ring was ontwerp deur Carien van Zyl Jewelry.
Die Besluitnemingsproses:
Ons het die finale besluite geneem. Maar het ook raad gevra vir familie.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons Fotograaf beslis! Wat Helene Viljoen photography is.
Ons spysenier Ronel van Jamup Cater.
Dan natuurlik ons venue DuVon Wine & Wedding Estate.
Venue & Dekor:
Venue: DuVon Wine & Wedding Estate
Blomme en dekor: DuVon Wine & Wedding Estate
Ons nie regtig ʼn idee vanaf blomme nie, so ons het al ons vertroue in Laura du Toit gesit. Ons het net ons kleur skema deur gestuur en ʼn paar opdragte gegee van watse blomme ons van hou. Sy het haar taak 100% geslaag. Ons is baie gelukkig oor die end resultaat.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Ja, Ons sou die 5de September 2020 getrou het, maar moes toe skuif na 28 November 2020.
Eerste Dans:
Ons eerste dans was op Bon Fire Heart van James Blunt … hoekom ons dit gekoes het is omdat dit ons vriend (Kallie) wat ʼn paar jaar terug oorlede is in kar ongeluk se gunsteling liedjie was en as dit ook nie van hom was nie, het ons nie vandag mekaar geken nie. So dit was ons manier van ʼn herinnering van hom op ons troue.
Vermaak:
Ons het ʼn platejoggie gehad (DJ Kat) hy is ʼn plaaslike platejoggie vanaf Robertson. Hy het seremonie en onthaal gedoen.
- Fotograaf: Helene Viljoen photography
- Venue: DuVon wine & wedding estate
- Blomme: Laura Du Toit
- Dekor: Laura Du Toit
- Paartjie se verblyf: DuVon wine & Wedding estate
- Strooimeisie-rokke: Hoiden Bridesmaids
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Bruidegom-pak: Stylish stitch tailor
- Grimering: Iza Cloete
- Hare: Riana Ehlers van Dezina Hair
- Huwelik kontrak: Van Wyk Fouchee prokureur, Paarl
- Huweliksbevestiger: Ds. Ken
- Platejoggie: Dj Kat
- Skoene: Zando
- Trourok: Elizabeth Stockenström
- Trouring: Carine Van Zyl Jewellery
- Troukoek: Joyce Du Toit