In die inskrywing deel ons hier by Mooi Troues met ons lesers Human en Noelle se tydlose verlowingsfotosessie.
Die paartjie het semi-formeel aangetrek. Paartjies wat wonder watter klere om aan te trek vir hul verlowingsfotosessie sal ʼn goeie idee kry van Human en Noelle se uitrustings. Noelle het ʼn wynrooi lang vloeiende rok aangehad en Human ʼn semi-formele baadjie met ʼn netjiese groen broek.
Julle sal ook ʼn paar poseer wenke kry vanaf hul foto’s wat julle kan gebruik in jul eie verlowingsfotosessie. Dit is baie belangrik dat paartjies gemaklik raak met hul troufotograaf voor hul troudag, om die rede is ʼn verlowingsfotosessie van uiterste belang.
Rol asseblief af en geniet die mooi foto’s van Noelle en Human se tydlose verlowingsfotosessie.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons eerste ontmoeting was op 3 Mei 2019 – dit was ‘n ‘blind’ afspraak – maar ook die lekkerste afspraak! Oor ‘n glasie wyn en lekker ete het ons oor als gesels – ons drome, waardes, geloof en wat ons in ‘n lewensmaat soek.
Presies ‘n jaar en 2 maande later – het Human die groot vraag gevra:) die beste dag van ons altwee se lewens – sover!
Die groot vraag:
Human het my die 3de Julie 2020 gevra om die res van sy lewe saam hom te spandeer. Die spesiale oomblik het plaas gevind op ‘n wildsplaas net buite Barrydale. Ons was besig om die sonsondergang te kyk op ‘n heuwel tot hy op een knie afgaan. Ek was heeltemal verras – omdat ek net gedink het ons vier nog ‘n maand van mekaar ken! Van ons familie was ook op die wildsplaas – en na ons net die oomblik ingeneem het, het ons die verlowing saam hul gevier!
Hoekom ons mekaar liefhet:
My gunsteling eienskap van Noelle is haar mooi hart. Sy is beeldskoon, sag van geaardheid en weet ook presies wat sy wil hê in die lewe. Sy is baie hardwerkend en is daagliks ‘n goeie voorbeeld vir my.
Human is liefde, my grootste ondersteuner en my beste vriend. Hy dra my in geloof, laat my lag in moeilike tye, en laat my op ʼn daaglikse basis besef die dinge wat regtig saak maak.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
Ons het reeds ‘n trou datum vir 29 Mei 2021
Die verloofring:
Noelle het hier en daar prentjies gewys van watter tipe ringe sy van hou – vir wanneer ons ‘eendag’ verloof raak. Ek het toe self die ring laat maak – volgens wat ek gedink het by haar sal pas sy is mal oor haar ring!
Rede vir die verlowing fotosessie:
Ons wou graag ‘n trou-webblad maak vir ons trou uitnodiging – en besluit om ons liefste vriendin Inecke te vra om ons foto’s te neem.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons hou altwee baie van die natuur en om na ‘n mooi sonsak te kyk. Ons wou ietsie bietjie meer formeel doen ( siende dat ons die foto’s gebruik vir ons trou-webblad) maar wou dit so natuurlik as moontlik hou.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons verlowing was sover nog net ‘n fees! In die tydjie het ons al so baie saam geleer en gegroei. Ons enigste bekommernis op die stadium is KOVID-19 en dat dit ons dalk sal dwing om op ʼn latere stadium ons troue se gastelys moet sny.
Visie vir droomtroue:
‘n Lekker partytjie saam ons liefste familie en vriende om ons liefde vir mekaar te vier.
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Inecke Photography
- Verloofring: Carine van Zyl