Natuurliefhebbers wat besig is om hul troue te beplan sal sommer baie aanklank vind by Rynardt en Chantelle natuur geïnspireerde troue wat ons in dié inskrywing met ons lesers deel. Die natuur het só ‘n groot rol in die paartjie se besluite vir hul troue gespeel en weerspieël dit in hul keuse van trouvenue en Chantelle se trourok.
Chantelle se trourok was haar eie ontwerp waar sy graag die rank gevoel van blare wou laat voorkom, maar steeds wou sy ʼn tydlose silhoeët gehad het. Sy wou graag ʼn trourok gehad het wat enig in sy soort is. Ons hier by Mooi Troues glo ons lesers sal baie van Chantelle se trourok hou.
Die paartjie het Gustav Klotz Photography gebruik vir hul troufoto’s en -video. Gustav Klotz is ook al vir jare ‘n Mooi Troues adverteerder. Ons lesers kan hier klik om na sy ander werk te gaan kyk wat voorheen op ons platform gedeel is. Gustav se fotografie styl is ook definitief uniek aan hom. Hy het ‘n besonderse kunstige manier van foto’s neem en redigeer. Gustav Klotz Productions was ook een van die paartjie se gunsteling diensverskaffers op hul troudag. Wel gedaan Gustav, Mooi Troues se lesers sal jou werk hieronder geniet.
Besig om jul eie troue te beplan? Maak asseblief seker om te gaan kyk na Mooi Troues se aanlyn trougids deur eenvoudig hier te klik.
Mooi Troues se lesers kan nou rustig afrol en Rynardt en Chantelle se natuur geïnspireerde troue en hul liefdes storie hieronder geniet. Deel asseblief wyd-en-syd.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar ontmoet op die kampus van die Noord-Wes Universiteit waar ons altwee studeer het. Ons was nooit ʼn paartjie tydens hierdie tydperk nie. Na Universiteit het ons paaie geskei waar Rynardt in Mosambiek gaan werk het. Ek (Chantelle) het Kaapstad toe getrek om my loopbaan hier te begin. Ons het geen kontak met mekaar gehad tydens die tydperk nie, maar ons het ook nie van mekaar vergeet nie.
6 Jaar het verloop na Universiteit toe Rynardt Kaapstad toe getrek het om hier te begin werk, maar hy was nie bewus dat ek reeds in die Kaap gebly het nie. Een aand het gemeenskaplike vriende ons altwee genooi vir ʼn drankie na werk. Hierdie vriende het ook studeer by die Noord-Wes Universiteit, maar hulle het nie geweet dat ek en Rynardt mekaar ken nie. Nie ek of Rynardt het geweet die ander een gaan die aand daar wees nie. Ek het die aand na Rynardt daar opgedaag en toe ons oë mekaar ontmoet het ons gelyk gesê “dis jy”.
Ons het van daardie aand af alles saam gedoen en ons vriendskap het vinnig gegroei in iets meer. Rynardt het my gevra om te trou op ʼn koue en reënerige oggend op Tafelberg. Ek was nie eens bewus dat hy reeds ouers gevra en ʼn ring gekry het nie. Ek het dadelik ja gesê en natuurlik was my tweede vraag of hy reeds ouers gevra het. Rynardt was baie romanties en het ʼn skelm fotograaf gehuur wat die mooiste oomblikke vasgevang het. Na die groot vraag het Rynardt my weggeneem vir die naweek na Langebaan (waar ons voorheen baie spesiale tye saam spandeer het) om die verlowing te vier.
Die Verlowing Tydperk:
Die verlowing tydperk sou oorspronklik 10 Maande wees aangesien ons troudatum 8 Mei 2020 was, maar weens die pandemie (KOVID-19) was ons verplig om die groot dag uit te stel en was ons troudatum geskuif na 24 September 2020.
Ons het nie ʼn trou beplanner gehad nie en het ons dus alles self beplan en gekies.
Finansiële Aspekte:
Ons was baie dankbaar dat Rynardt se ouers en my ouers elk R50 000 as trougeskenk gegee het, waarmee ons ons droom troue kon beplan. Self het ons ook R60 000 by daardie bedrag gevoeg per ons beplanning.
Ons het daarby gehou (hierdie is ook moontlik ʼn wenk vir ander paartjie) deur te identifiseer wat vir ons die belangrikste aspekte gaan wees waarop ons geld sal wil spandeer en daarna het ons gekyk wat ons by kan voeg om die dag net meer spesiaal te maak. Vir ons was die foto’s, platejoggie en die venue van groot belang aangesien die venue en die platejoggie die gevoel van die troue bepaal.
Die foto’s is al wat mens oor het na die spesiale dag. Ons het ook gekies om baie goeie fotograwe te kies, maar eerder ʼn goedkoper pakket aangesien byvoorbeeld 50 mooi foto’s deur ʼn uitstekende fotograaf meer werd is as 800 foto’s deur nie so goeie fotograaf nie.
Ons het van die begin af besluit op ʼn kleiner troue met 65 gaste en dit het goed ingepas by die regulasies van KOVID-19 en ons begroting.
Nog ʼn wenk vir paartjies is kyk na ʼn venue wat inpas by julle styl en kyk wat die venue se kostes insluit, ʼn venue mag dalk bietjie duurder vertoon maar sluit moontlik reeds tafels, stoele, kelners, eetgerei en ʼn kapel in. Ons kon selfs die dag voor ons troue (aangesien die venue nie gehuur was vir die dag voor ons troue nie) die venue gereed maak vir ons troue wat die volgende dag plaasvind (sonder enige ekstra kostes). Hierdie dra by tot ʼn meer georganiseerde dag op die troudag.
Merkwaardigste Oomblikke:
Rynardt:
Ek het voor in die kapel gestaan en wag vir Chantelle, waar sy deur die woud na my sou kom stap het. Toe haar liedjie (waarop sy sou instap) begin speel moes ek myself weerhou om na haar te begin soek tussen die bome in die woud om net ʼn deeltjie van haar te kon sien. Die oomblik toe ek Chantelle vir die eerste keer daardie dag gesien het, was vir my so ʼn mooi oomblik. Later die aand van ons troue het Chantelle opgestaan om ʼn toespraak te lewer en in daardie oomblik (terwyl ek vir haar gekyk het) het ek geweet daar is niks die lewe wat my so gelukkig sal kan maak soos my vrou nie, dit was vir my ʼn baie merkwaardige oomblik.
Chantelle:
Ek was nog altyd ʼn persoon wat kyk na die bruidegom se reaksie wanneer hy sy bruid vir die eerste keer op die troudag sien en ek kon nie wag om eendag te sien hoe my bruidegom sou reageer nie. Dit was vir my die beste oomblik van my lewe toe sy oë my oë ontmoet die dag op ons troue en toe hy my hand in sy hand neem – ek het geweet ons sal vir altyd gelukkig wees, dit was my siel se erkenning van sy kontrapunt in ʼn ander.
Paartjie se styl:
Ons was nog altyd baie lief vir die natuur en wou dit graag inkorporeer op ons troudag. Ons is ook tradisioneel en hou van ʼn klassieke en tydlose gevoel.
Bruid se rok:
My rok was my eie ontwerp waar ek graag die rank gevoel van blare wou laat voorkom, maar steeds wou ek ʼn tydlose silhoeët gehad het. Ek wou graag ʼn rok gehad het wat enig in sy soort is en wat ek nog nie voorheen gesien het nie. Vonnie de Beer van Vonnie de Beer Designs het al my idees saam gesit in die rok van my drome.
Bruidegom se pak:
Die pak was ontwerp in die skakering van my keuse om tydloos en gemaklik te wees. Alles vanaf my sokkies tot my das is met sorg gekies.
Trouringe:
Bruid se trouring in ontwerp om te pas by die verloofring. Die trouringe is klassiek en tydloos ontwerp om te pas by mekaar. Al die ringe is gemaak deur Shimansky.
Die Besluitnemingsproses:
Rynardt sal lekker lag indien ek sê dat ons altwee saam alle besluite geneem het, want tog het ek as die bruid hier en daar bietjie meer besluite geneem. Familie en vriende was egter nie betrokke by die besluitnemingsproses nie.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Advies aan bruid en bruidegom:
Onthou dit is julle spesiale dag, julle sal nooit almal tevrede kan stel nie, fokus om mekaar gelukkig te maak.
Advies aan die Bruid:
Alles sal goed verloop, maak tyd om te ontspan voor die troue.
Advies aan Bruidegom:
Doen moeite om nie net die aand van die troue vir die bruid spesiaal te maak nie, maar ook die aand voor die troue.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Kovid-19 het ʼn effek op ons troue gehad in die dat ons ongelukkig ons troue moes uitstel sowel as ons wittebrood. Die dag was egter steeds vir ons ʼn sprokie en ons sal niks wil verander nie.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit is onmoontlik om te kies, maar diensverskaffers wat die grootste inpak op ons groot dag gehad het:
- Die Woud se hele span – Venue
- Gustav Klotz – Fotograaf
- Annemarie van Blommeprag – Blomme
- DJ Joe Steyn – Platejoggie
- Krummels – Troukoek
- Vonnie de Beer Designs – trourok
Venue & Dekor:
Aangesien ons baie lief is vir die natuur wou ons graag ʼn venue gehad het wat dit uitbeeld, maar steeds elegant en stylvol is.
Die oomblik toe ons Die Woud gesien het, het ons geweet dit is die venue van ons drome. Leandré Louw en haar personeel was baie behulpsaam en vriendelik deur die hele proses.
Die woud en die reën van die Kaap was ons inspirasie vir die blomme en dekor. Vir ons troue het ons besluit op baie ranke van blare met blomme in die venue en kristal vir al ons dekor items. Annemarie van Blommeprag het vir ons die mooiste ranke en rangskikkings van blomme saam gesit om ons droom waar te maak.
Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:
Ons sal niks verander van ons mooiste dag nie. Die nie so perfekte oomblikke maak deel uit van daardie herinneringe. Rynardt sê wel graag in ʼn grap dat ek vir hom te klein stukkie van die troukoek gegee het tydens die sny van die koek.
Eerste Dans:
Ons het besluit op ʼn ouer bekende liedjie (LOVE deur Nat King Cole). Ons altwee is baie lief vir dans en neem danslesse uit belangstelling en ons het hierdie lesse ingewerk om op ons troue om die Foxtrot te dans.
Wittebrood:
As gevolg van KOVID-19 moes ons ongelukkig ons Wittebrood na die Griekse Eilande uitstel. Maar het ons ʼn paar dae na die troue spandeer in die pragtige Knysna area. Ons is mal oor ʼn bestemming wat ryk in avontuur en geskiedenis is en om die rede het ons besluit op die Griekse Eilande en Knysna.
- Fotograaf: Gustav Klotz Photography
- Videograaf: Gustav Klotz Photography
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Venue: Die Woud
- Blomme: Blommeprag
- Bruidegom-pak: Tidy Tucs Tailor Willowbridge
- Dekor: Function Hiring 4U
- Grimering: Cecilia Fourie
- Hare: Cecilia Fourie
- Huurdienste: Tentmen
- Huweliksbevestiger: Johan Steenkamp
- Juweliersware: Jack Friedman
- Platejoggie: DJ Joe Steyn (KryptoBeat)
- Paartjie se verblyf: Die Woud
- Strooimeisie-rokke: Bride & Co
- Trourok: Vonnie de Beer Designs
- Trouring: Shimansky
- Troukoek: Krummels Sugar Art