Ons gesels met Juané van A seed to sow

A seed to sow is ʼn bloemis besigheid en ons gesels met die stigter en eienaar, Juané Scheepers.  Haar besigheid is hierdie jaar al 6 jaar oud.   Dit is ʼn baie goeie mylpaal en definitief ʼn prestasie!  Soos julle sal weet is die span by Mooi Troues mal oor blomme.  Ons glo dat blomme soveel “persoonlikheid” en lewe inbring by die venue se stilering.   As jy iemand is wat mal is oor die natuur en wil dit so implementeer in jou dekor, dan is blomme die perfekte opsie.

Verskillende blom soorte bring verskillende teksture, kleure en reuke.  Saam vorm dit ʼn oasis van prentjie mooi blom ontwerpe.  Juané en die die span agter A seed to sow is passievol oor blomme en blom ontwerpe.  As jy ʼn trou venue wil opkikker met die mooiste blom ontwerpe, dan moet jy definitief hierdie artikel lees.  Rol af om ons onderhoud met, A seed to sow se stigter en eienaar te lees.

Storie agter die besigheid se ontstaan:


Juané het haar besigheid begin in 2015.  Sy was voor dit die Visuele direkteur en Stilis van Lééf tydskrif.  Dit is op dié tydskrif se bladsye waar sy haar liefde vir blomme ontdek het.  Sy moes altyd vir die tydskrif blomme saam sit en stileer wat dan afgeneem kon word vir uitgawes.

Die pad tot vandag was ʼn leerskool, waar Juané haar self geleer het om met blomme te werk, so veel as moontlik blom name te leer.  So ook haar talente begin gebruik wat God haar gegee het.

Dienste:


A seed to sow se dienste is meestal vir troues en funksies maar hulle het ook ʼn klomp nuwe dinge wat wag op die horison.

Alle soorte blomme:


A seed to sow gebruik soveel as moontlik verskillende blomme.  Ek is mal oor teksture, grof, glad, hard en sag en hoe dit mekaar komplimenteer.  Dan is ek veral lief om met unieke blomme te werk.  Droë takke en blare in te bring saam met die vars, rose het definitief ook terug gekom.  Deesdae word ons al hoe liewer om weer met rose te werk, veral as ons die blare van die rose terug vou.  Maar rose bly steeds een van die moeilikste blomme en moet baie mooi opgepas word, veral in baie warm weer en warm trou lokaal.

Storie agter Juané se liefde vir blomme:


My liefde vir blomme kom glo ek van my Ouma af, sy het altyd blommetjies langs ons bed gesit.  Hulle het in Potchefstroom gewoon en ons in Pretoria.  Altyd as ons gaan kuier het was daar altyd rose, sweet pea’s blomme langs ons bed.  Hulle het ook ʼn gaste plaas gehad en my ouma het altyd gesorg dat elke huisie vol proteas en mooi veld blomme is. Ek het wel gedink dat enige iemand kan blomme doen en dat dit nie so moeilik is nie.  Maar ek het besef dat dit wel ʼn oog nodig het, maar ek glo dat om met blomme te werk een van die lekkerste en gelukkigste dinge is om te doen daar buite.

Op die stadium is ons net diensverskaffers vir troues, of funksies, maar mense kan ons kontak vir blomme vir enige geleentheid.  Ons beplan ʼn aanlyn winkel waar mens blomme kan koop, dus hou ons sosiale media bladsye dop.

Gewildste blomtipe:


Die gewildste blomtipe verander gereeld, as gevolg van die tendense wat verander.  Toe ek A seed to sow begin het , was eukaliptus of soos ons dit by die mark noem “pennygum” baie in die mode.  Almal het dit gesoek op hulle tafels in lopers, later het groot ruikers op die tafels gekom.  Nou is dit baie meer minimalistiese ruikers, of selfs enkel stele blomme op die tafels en dan ʼn groot installasie hier en daar.  Pampas is op die stadium omtrent op elke beplannings bord aan my kant, maar ek weet dat daar weer iets nuuts aan die kom is.

Plaaslike ondersteuning:


Alhoewel dit een van my groot drome is kweek ons nog nie self ons blomme nie.  Ons koop wel by baie plaaslike blomplase aan en het self na laasjaar nog meer begin besef die behoefte vir om plaaslik te ondersteun en minder ingevoerde blomme te gebruik.

Fokus spesifiek op troues:


Ons grootste fokus is die blomme doen van troues, maar ons kan help met enige ander dekor items verkry.  Omdat die blomme en dekor so hand aan hand loop, maak ons graag gebruik van Bish Bash Boosch se dekor.

Tendense:


Ek dink die tendense is baie meer minimalistiese tafel blomme, enkel stele en nie uitspattige groot ruikers op die tafels nie , maar wel dan eerder ʼn blomme installasie of hoekie wat dan dien as ʼn lekker selfie area.

Maak kontak met a seed to sow:


Volg A seed to sow op Instagram of stuur hulle ʼn e-pos vir meer inligting oor hul dienste.  Jy kan hulle ook telefonie skakel op 082 956 5748.

Fotograwe Krediet: