Henry & Aneskia se pragtige selfdoen troue

Daar is baie paartjies wat besig is om hul troue te beplan en die selfdoen roete wil gaan.  Henry en Aneskia se pragtige selfdoen troue is propvol trou inspirasie.   Hul styl is sag, elegant en modern met ʼn baie vars gevoel.  Mooi Troues se lesers moet asseblief kyk na Aneskia se besonderse trourok met pienk aan die onderkant.

Ons by Mooi Troues het al vele kere klem gelê in vorige artikels die belangrikheid van ʼn Tydlyn.  Julle kan hier klik om meer te lees.  Aneskia se advies ook is om al die verpligtinge te delegeer.  Mense help graag en sal waardeer as jy hulle vra om te help met alles verbonde aan troubeplanning.

KOVID-19 het ʼn groot gehad op Henry en Aneskia se troue, maar die paartjie het om dit gewerk en vandag kan ons hul pragtige selfdoen troue met ons lesers deel

Goeie trou diensverskaffers sal jou baie ver kan bring met die troureëlings.  Opsoek na betroubare trou diensverskaffers?  Klik hier om na Mooi Troues se aanlyn trougids te gaan loer.

Rol af en geniet Henry en Aneskia se pragtige selfdoen troue hieronder.

Paartjie se Liefdesreis:


Na ʼn hele paar boodskappies het ek ingestem om Henry vir die eerste keer te ontmoet by ʼn plaaslike koffie winkel op die dorp waar ek op die tyd gebly het , hy het spesiaal deur gery van Bloemfontein af.

Hoe sê hulle? “Liefde met die eerste oogopslag” …  Daarna het hy my gevra om saam hom na ‘Ek lief die Vrystaat fees’ te gaan en daar het ek sy ouers vir die eerste keer ontmoet.  Sowat 3 maande daarna het hy my op hulle plaas , terwyl ons teiken skiet , gevra om sy meisie te wees . 2 jaar later op 24 Desember 2018 het hy my gevra om sy vrou te wees.  Ons het met Mosselbaai Helikopter vlugte oor die see gevlieg toe die vlieënier al hoe laer en nader aan die strand begin vlieg het, waar daar toe staan “ Sal jy met my trou “ met ʼn familie lid wat by elke letter staan. Dit was so spesiaal!!!!

Die Verlowing Tydperk:


Ons was ʼn jaar en 11 maande verloof.  Ons sou oorspronklik 3 Oktober 2020 getrou het , maar a.g.v. die grendeltydperk en streng maatreëls wat in werking was het ons die troue eers uitgestel na 2021.  Na ʼn rukkie het ons besluit om die troue 14 November 2020 te hou.  Dit het nie vir ons gegaan oor hoeveel mense ons kon nooi nie, maar oor ons wat die trou aan mekaar beloof voor die Here en ons naaste familie en vriende.  Die vroutjie wat ons blomme en dekor gedoen het, het ons baie gehelp met die beplanning en ons fotograaf ook, sy het vir ons ʼn tydlyn uitgewerk vir die dag, dit het baie gehelp.  Verder het ons die hele troue self beplan.

Finansiële Aspekte:


Die begroting vir ons troudag was R 180,000.00.  Ons het ʼn lys gemaak van alles wat betaal moet word en die bedrag wat beskikbaar is daarvoor.  Ons het streng daarby gehou en as ons dalk meer op iets moes betaal het, het ons seker gemaak dat ons iewers anders minder betaal.  Daar was 70 gaste by ons troue.

Ons advies is:

Alles wat julle self kan maak of doen, doen dit.  Doen die klein goedjies eerste en maak voorsiening daarvoor, dit kan nogal duur uitwerk as jy alles bymekaar tel.

Merkwaardigste Oomblikke:


Alles was perfek.  Maar die oomblik wat ek vir altyd sal onthou, is toe ek in die trougang afstap … Daardie gevoel is onbeskryflik.  Jy weet die oomblik waarvoor jy al so lank wag het aangebreek! Vir Henry was dit definitief toe ons klaar die ringe aangesit het en die dominee sê, jy mag maar jou bruid soen.  Hy kon nie wag om te sê, “ek is lief vir jou my VROU’.

Paartjie se styl:


Ons styl was baie sag, elegant, modern en simplisties.  My rok se onderkant het pienk ingehad en ek dink daardie was definitief ʼn hoogtepunt.  Henry se pak was koningsblou met ʼn sagte pienk das, bruin skoene en ʼn bruin belt.

Die Besluitnemingsproses:


 Sjoe, dis moeilik. Definitief ons fotograaf en videograaf ! Hulle twee is sussies. Soos julle sal sien hulle neem die heel mooiste fotos, nie eers te praat van die video nie!  Ons fotograaf het ons so mooi gehelp met baie verwysings wanneer ons nie eers seker was waar om te begin soek nie en met die tydlyn wat sy vir die dag uitgewerk het. Sy is bitter oulik en ʼn hart van goud.  Die videograaf is net so oulik , sy het ons die heeltyd laat lag en so gemaklik laat voel!

Die vrou wat ons dekor en blomme gedoen het vir die troue.  Magda van Deco Table.  Sy het ons so baie gehelp en ons kon enige tyd op haar knoppie druk wanneer ons iets nodig gehad het of iets wou verander.  Sy het ons dag so spesiaal gemaak, dit was mooier as wat ek ooit kon droom.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie, “Knots and Crosses” en “Giant Jenga” gehad vir die gaste om hulself besig te hou terwyl ons fotos geneem het.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Geniet elke oomblik, wees rustig en neem in wat besig is om te gebeur, dit gaan in ʼn oogwink verby!!!  En DELIGEER pligte, moenie alles self wil doen nie, jy gaan nie by alles uitkom nie en op die einde gaan dit net chaos wees … Jou gevolg is bereid om te help, gee hulle die voorreg.

Venue & Dekor:


Ons was by al die venues in Bloemfontein en Pepper Tree het net uitgestaan.  Ons het gesoek na ʼn elegante, moderne, oop venue.  Pepper Tree het al ons boksies af getik”.  Ons styl vir die dekor was baie sag, elegant, modern en simplisties.  Die styl het die venue baie mooi gekomplimenteer.  Alles het perfek bymekaar gepas.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja, ons sou oorspronklik 3 Oktober 2020 al getrou het, maar ongelukkig moes ons die datum tot verdere kennisgewing aanskuif.  Sowat 2 maande later het ons toe besluit om 14 November 2020 te trou met net 70 gaste, waar ons oorspronklik 120 sou hê.

Wittebrood:


Ons was Mosambiek , Ponta d’Oura toe.  Ons wou oorspronklik Thailand toe gaan, maar met KOVID-19 regulasies was dit nie moontlik nie.  Maar as ek nou terug kyk sal ek dit vir niks verruil nie, ons het Mosambiek ongelooooflik baie geniet!

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

Artikel Diensverskaffers:

[endsection]