Gerhard en Kaelynne het ʼn jaar en ses maande geneem om hul romantiese troudag te beplan. Hulle is dus deeglik deur elke fase van die trou-beplanning en kan daarom vandag waardevolle wenke en trou inspirasie met ons deel. Hulle het ook besluit om nié ʼn trou koördineerder aan te stel nie, maar eerder die hele familie in te span om te help met die beplanning. Kaelynne is van mening dat dit ʼn goeie idee is om sekere aspekte van jou troudag self te behartig. Dit skep ʼn persoonlike gevoel en verseker dat die gaste die dag net so baie soos jy waardeer.
Terselfdertyd, is Gerhard en Kaelynne ook baie passievol oor hul gunsteling diensverskaffers wat gehelp het om hul lang verwagte troudag ʼn sukses te maak. Indien jy jou troue in Gauteng beplan, moet jy beslis kyk of hierdie diensverskaffers dalk vir jou net so baie vreugde kan verskaf soos vir dié paartjie.
Rol af vir foto’s van Gerhard en Kaelynne se romantiese troudag.
Paartjie se Liefdesreis:
Ontmoeting
Ek en Gerhard was in dieselfde Laerskool en ons het mekaar daar ontmoet. Ek was so verlief op hom dat ek tot my gunsteling teddiebeer na hom vernoem het! Toe hy Hoёrskool toe gaan in ʼn ander provinsie, het ons kontak verloor. Ek onthou hoe ek nog vir my vriendinne vertel het hoe ek die man gaan trou eendag, maar natuurlik het hulle dit af gelag! Toe ek 17 jaar oud was het ons weer kontak gemaak en begin uitgaan. Na 7 jaar het hy my uiteindelik gevra om te trou.
Dagboek:
Gerhard het ʼn dagboek gehad en hy het nooit ʼn probleem daarmee gehad as ek dit gelees het nie, tot die dag wat ek ewe skielik glad nie aan die dagboek kon vat nie! Ons het toe saam met my familie weg gegaan vir Paasnaweek na ʼn wildplaas in die Waterberg distrik. Op die tweede laaste dag het my pa ons laat weet dat daar ʼn gratis wilds-besigtiging is vir twee. My ma het voorgestel dat ek en Gerhard gaan (min wetend dat alles fyn beplan was.)
Verlowing
Aan die einde van wilds-besigtiging rit was daar ʼn tafel in die oop veld opgestel, met blomme, sjampanje, en die mooiste sonsondergang! Daar was vir ons gesê dat die verversing deel van die wilds-besigtiging rit was. Gerhard het gesê ons moet ʼn video in plaas van foto’s neem met die sonsondergang in die agtergrond. Nadat hy die video opgestel het, het Gerhard die koeler-boks oopgemaak, sy dagboek uitgehaal en gevra dat ek dit op daardie dag se datum moet oopmaak. Ek het die dagboek oopgemaak op 20 April 2019, waar daar ʼn boodskap geskryf was wat gesê het: “Sal jy met my trou?” Na omtrent so 40 minute, die “ja” woord en baie trane het die gids my ouers gaan optel om saam met ons die verlowing te vier.
Die Verlowing Tydperk:
Ons eerste trou datum was vir die 9de April 2020 beplan, maar weens KOVID-19 moes ons die troue uitstel tot die 31st Oktober 2020. Dit het vir ons ʼn ʼn jaar en ses maande gegee om die troue te beplan. Ons het nie ʼn trou-koördineerder gehad nie, maar eerder die hele familie ingespan om te help met die beplanning.
Finansiële Aspekte:
Ons is baie dankbaar dat die bruid se ouers en ander familielede vir die troue kon betaal. Ons begroting was R200 000 en ons kon gelukkig daarby hou. Oorspronklik sou 250 gaste ons spesiale dag bywoon, maar weens KOVID het ons dit afgebring na 145. Ons raad vir enige paartjies wat trou is om soveel as moontlik self te beplan en om jou eie persoonlike insette te gebruik. Vanaf die uitnodigings ontwerp met handgeskrewe name voorop, tot die trou-aand se program, het ons self gedoen. Dit maak dat julle, asook die gaste, die aand meer waardeer. Wees ook seker oor jou diensverskaffers – hulle speel ʼn baie groot rol in hoe die aand verloop. Die fotograaf speel veral ʼn belangrike rol omdat hy/sy dit vir jou moontlik sal maak om vir altyd jou spesiale dag te herleef.
Merkwaardigste Oomblikke:
Kaelynne:
Daar was twee spesiale oomblikke vir my; Eerstens was dit my pa se reaksie toe hy my vir die eerste keer in my trourok sien en tweedens was toe ek by die kansel instap en Gerhard se reaksie sien.
Gerhard:
Die merkwaardigste oomblik vir my was die oorweldigende gevoel wat ek gekry het toe ek vir Kaelynne by die paadjie sien afstap en besef dat sy binnekort my vrou gaan word en dat ons op ons troudag geseën was met een van die grootste reënstorms wat ons in ʼn wyle gehad het.
Die Besluitnemingsproses:
Ons werk goed saam as ʼn span en is baie dieselfde as dit kom by smaak en wat ons wil hê. Dit was dus maklik om saam besluite te neem. Ons het baie hulp ontvang van ons familie en vriende wat soms goeie idees en advies vir ons gehad het. Alles het op die einde presies uit gedraai soos wat ons dit wou gehad het.
Paartjie se styl:
Ek het my rok by Olivelli Bridal Boutique in Northcliff gekoop, maar ek het ʼn paar veranderinge aan die rok gemaak. Die naam van die rok is Malia en Blue van Enzoani is die ontwerper. My juweliersware was die mees sentimentele deel van my drag; Die armband wat ek gedra het was ʼn geskenk van my man en aanstaande skoonfamilie en my enkel-band was ʼn geskenk van my beste vriendinne. My oorbelle was ʼn geskenk van my ouers – my ma het diamante van haar verloofring, asook ʼn diamant wat my oorlede oupa vir haar gegee het op haar 18de verjaarsdag, laat set in die stel oorbelle wat sy vir my ontwerp het. Gerhard het my verloofring en trouring privaat laat maak en het dit self ontwerp.
Gerhard het sy pak self ontwerp, materiaal gaan kies, en na ʼn kleremaker gevat om te laat maak. Sy trouring was ook self ontwerp en gemaak van hout, epoksiehars en ʼn paar diamante, asook gepreserveerde roos wat sy oorlede Pa vir sy Ma gegee het ʼn hele paar jaar terug.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons was baie gelukkig met al ons diensverskaffers. Hulle almal was uitstekend. Ons Fotograaf, Wynand van der Merwe, was fantasties! Die manier hoe hy nie net ons nie, maar almal op die troue deel maak en gemaklik laat voel, was merkwaardig. Dis amper asof ons hom jare al ken! Hy het die mooiste foto’s geneem en ons sal hom aanbeveel vir enige foto’s, veral vir troues!
Ons videograaf, Nicholas Mauerberger van Mauer Productions, was een van die beste besluite wat ons geneem het. Hy is baie professioneel en ʼn kenner van sy werk. Hy het die mooiste video van ons gemaak en ons troudag soos ʼn regte sprokie laat lyk.
Ons DJ, Sean Duncan van Discotech Events, het ons troue ʼn behoorlike partytjie gemaak. Hy het die partytjie heeltyd aan aan die gang gehou. Hy het ook presies geweet hoe om die gaste op hulle voete te kry en heelnag op die die dansbaan te hou. Hulle het ook gesorg vir die mooi rook effek vir ons eerste dans.
Eerste Dans:
Die liedjie vir ons eerste dans was Lovely van Billie Eilish en Khalid. Dit is nie ons gunsteling liedjie nie, maar dit skep ʼn goeie persepsie en atmosfeer van ons intieme liefde vir mekaar. Ons het vir een dansles gegaan om ʼn idee te kry vir ʼn roetine. Daarna het ons net saam geoefen om die roetine perfek te kry. Ons dans gereeld saam en hou van sokkie, so ons het baie vinnig gemaklik geraak met ons eerste dans se roetine.
Spesiale Tradisies:
Ons het ʼn spesiale tradisie gehad waar die bruid se kant van die familie die self vernoemde “Chair Dance” doen. Dit behels dat die familie ʼn dans doen na die beroemde liedjie van die Rocky Horror speelprent “Timewarp” maar net op stoele. Die tradisie bestaan al vir omtrent 29 jaar en is die oorsaak van baie lag en manier van “hoe die partytjie begin het.”
Wittebrood:
Oorspronklik sou ons Bali toe gaan vir ons wittebrood, maar weens KOVID het ons besluit om eerder deur ons pragtige land se Tuinroete te toer. Ons het Port Elizabeth toe gevlieg; My man het dit reg gekry om my op ʼn vliegtuig te kry sonder dat ek weet waarnatoe ons gaan! Toe ons land het ons ʼn huurmotor gekry en verder na “The Craggs” gebied toe gery in die Wes-Kaap. Ons het ʼn paar aande by Trogon House in die wittebrood-suite gebly, omring deur ʼn pragtige stil woud. Ons het toe daarna na ʼn paar dae in die Tsitsikamma gebied gebly en ons laaste stop was Saint Francis Baai.
Op ons reis het ons baie vriende gemaak en by elke padstalletjie gestop waar ons kon. Ons altwee hou baie van avontuur en reis, so elke oomblik was pret! Dit was een van die lekkerste avonture saam en baie anders as die normale wittebrood. Ons het die vakansie gebruik om nader aan mekaar te groei as man en vrou.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Wynand van der Merwe Photography
- Venue: Black Horse Estate | Wedding Venue
- Blomme: Frans Tailor
- Dekor: Black Horse Estate | Wedding Venue
- Gaste Geskenke: Kees Beyers Chocolates
- Grimering: Sculpted by Kai
- Bruid se Hare: TINT (Celeste Scott)
- Strooimeisies se hare: Xanadu Hair Studio (Jade Böck)
- Huweliksbevestiger: Pastor Greg Van Der Merwe
- Oorbelle: Pedro da Silva Jewellers
- Armband: Swarovski
- Horlosie: Fossil
- Platejoggie: Discotech Events SA
- Strooijonkers bykomstighede: The Designer Warehouse
- Bruidegom se Skoene: Woolworths
- Bruid se skoene: Truworths
- Skryfbehoeftes: MU studio
- Skryfbehoeftes: HennaK
- Strooimeisie-rokke: iCandee
- Trourok: Olivelli
- Trouring: Wooden Rings (Bruidegom)
- Troukoek: Tony’s Cake Boss Patisserie
- Videograaf: Mauer Productions & AV
- Wittebrood plek: Trogon House & Forest Spa + Rainforest Ridge Lodge & Venue + i-Lollo Lodge