Hier by Mooi Troues deel ons graag Francois en Henriette se pragtige plaastroue met ons lesers.
Julle sal advies kry hoe om kostes te bespaar. Een van die groot elemente was dat die paartjie besluit het om op ‘n Woensdag te trou omrede venue’s aansienlik goedkoper pryse bied. Hulle het ook hul vriende en familie betrokke gemaak met van die selfdoen items.
Hulle troufoto’s wat julle hieronder sal sien is besonders mooi, veral die foto’s tussen die Fynbos. Ons hou ook baie van die foto’s met die beeste in en dit gee absoluut daai plaas gevoel, perfek vir ‘n pragtige plaastroue.
Henriette vertel ook dat sy inspirasie gevind het vanaf Mooi Troues se Instagram. Indien jy nie Mooi Troues op Instagram volg nie, kan jy nou hier klik. Ons deel van die mooiste foto’s van ons daaglikse inskrywings op dié platform.
Is julle ‘n paartjie wat besig is om jul eie troue te beplan? Opsoek na trou diensverskaffers? Indien julle nie bewus is daarvan nie, het Mooi Troues ‘n aanlyn trougids wat jy gemaklik, selfs op jou slimfoon, betroubare diensverskaffers vir jul troue kan vind. Klik hier om na Mooi Troues se Aanlyn Trougids te gaan kyk.
Julle kan asseblief nou afrol en gaan kyk na Francois en Henriette se pragtige plaastroue hieronder. Geniet hulle liefdesfees.
Paartjie se Liefdesreis:
Ek en Francois het mekaar ontmoet deur ʼn werkskollega wat gedink het ons sal goed by mekaar pas. Ons het mekaar toe ontmoet vir wat was veronderstel om ʼn vinnige Koffie te wees maar toe uitgedraai het in ʼn paar koffies en ʼn ete. Ons het ontmoet November 2018 en Francois het die groot vraag gevra 11 Oktober 2019. Dit was so ʼn spesiale dag, ek het niks verwag nie dit was ʼn groot verrassing. Francois het my gevra by Oppistal Horse Ranch waar hulle vir ons perde opgemaak het met ʼn bordjie om ʼn perd se nek wat gese het “Sal jy met my trou”.
Die Verlowing Tydperk:
Verlowings datum: 11 Oktober 2019
Trou datum: 16 September 2020
Ons aanvanklike trou datum was die 8ste April 2020 maar met KOVID-19 inperking moes ons die troue uitstel met 6 maande. Ek en Francois het die hele troue self beplan met hulp van my verskaffers en die venue.
Finansiële Aspekte:
Ons het ʼn streng begroting gehad van R85,000 vir die hele troue. Die begroting was opgemaak uit groot spaar gewoontes, werk bonusse en die bruid se ouers wat ʼn groot bydrae gelewer het. Ons het die trou kostes/verskaffers geprioritiseer in terme van wat is vir ons die belangrikste is. Waarvan die venue, fotograaf en grimering vir ons die belangrikste was.
Ons het begroot om 50 mense te onthaal en ons het besluit om op ʼn Woensdag te trou omrede die venue’s aansienlik goedkoper pryse bied vir troues in die week (Byna half-prys goedkoper).
Advies aan ander paartjies:
Dink wat is vir jou die belangrikste, wat gaan jy wil onthou en waarvan gaan jy fotos wil hê.
Merkwaardigste Oomblikke:
Ek en my man het net voor ons seremonie 5-minute saam gehad (net ons en die fotograwe). My man het my vir die eerste keer gesien en ek kon sy egte reaksie sien en koester. Hy het vir my trou geskenkie gegee en ons het net ʼn oomblik van stilte gehad voor die seremonie.
Ons “customised” seremonie – Weens KOVID-19 moes ons die seremonie so bietjie aanpas. Ek en my man het saam by die kapel afgestap.
Toe ons tydens die onthaal stil sit en inneem – Ek en my man het net vir ʼn oomblik gesit en gesels oor al die mooi dinge in die. Dit was so lekker vir ons om ons handewerk en bietjie van ons as paartjie te kon sien weerspieël in die dekor en te onthou hoe lekker ons die vorige oggend saam gewerk het om die tafels te dek.
Paartjie se styl:
Ons wou ons styl/persoonlikheid inkorporeer in alle aspekte van ons troue.
Ons styl was:
Elegant met plaas en fynbos. Ons is albei lief vir leer en het ook leer elemente in gebring. In Kleure het ons het besluit op olyf groen, bordeaux kleur en grys
Bruidegom se pak – Was nie tradisioneel, gemaklik. Ons wou hê sy pak moet inpas by die plaas en fynbos gevoel.
Bruid se rok – My rok was elegant maar ook gemaklik en saggies. Ek het ook pêrels gedra wat my laat dink aan natuurlike elegansie, prysloos en uniek.
Trou ringe – Ons trou ringe is albei goud. Francois het ʼn baie eenvoudige maar elegante goue ring met ʼn boodskap binne in “Jy is my wonderwerk”. My touring is roosgoud met diamante wat lyk soos ʼn blom. My ring is ook een van Browns se Protea reeks met ʼn Protea vorm wat die diamante dra en die ring is uit die Kaap gestuur. Op my ring staan geskryf “Effersiers 5:25”
Die Besluitnemingsproses:
Die bruid het meer van die finale besluite geneem met insette van die bruidegom natuurlik. Ons het albei voorstelle gehad, dit bespreek en dan saam die besluite geneem. Die bruid het wel meeste van die kleiner besluite geneem en die bruidegom was genader wanneer groter besluite geneem moes word. Die bruid en bruidegom was hoofsaaklik verantwoordelik vir die besluitneming.
Familie en vriende was betrokke by die maak van sekere selfdoen items asook die opmaak van die venue die dag voor die troue.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Advies van die bruid:
- Koester die nie-perfekte-oomblikke.
- Reël ʼn geskenkie vir jou man en / of ʼn brief.
- Moenie bang wees om kostes te sny en minder mense te nooi nie.
- Stel gesamentlik ʼn begroting op.
- Moenie bang wees om in die week te trou nie, mense maak plan om by jou troue te wees.
Advies van die bruidegom:
• Neem deel aan die beplannings proses en help uit waar jy kan met idees en selfdoen projekte.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Ons moes ons trou datum skuif van 8 April 2020 na 16 September 2020.
Ons troudag se reëlings/agenda/sitplek plan het dus ook verander byvoorbeeld ons gaste moes ry teen 20:30 die aand, geen alkohol was beskikbaar vir gaste.
My sussie en haar verloofde kon nie ons troudag bywoon nie omrede hulle in Duitsland was en nie vlugte terug SA toe kon kry tydens die inperking nie.
Ons het gelukkig onder 50 gaste gehad so ons het nie nodig gehad om mense te laat weet dat ons die gastelys moes kleiner maak nie.
Ons het gelukkig ook in die week getrou so al ons verskaffers was beskikbaar op ons troudag.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit is ʼn baie moeilike besluit omrede ek enige van ons diensverskaffers sterk sal aanbeveel vir ander paartjies. Maar, indien ons 2 gunsteling verskaffers kan kies sal dit wees:
• Die venue (Harmonie Proteas)
• Die fotograwe (One Fine Day)
Spesiale Tradisies:
Ons het ons self-geskrewe geloftes aan mekaar afgelê tydens die seremonie.
Nagmaal was gehou waarin die gaste deelgeneem het saam met die bruid en bruidegom tydens die seremonie.
Die bruid en bruidegom het gekniel en was ingeseën deur die pastoor met olyf olie tydens die seremonie.
Vermaak:
Ons het ʼn bruidsmeisie gehad wat viool gespeel het tydens die seremonie.
Verwelkomings drankies en ʼn kaas en biltong voorgereg as kanapees.
ʼn Foto hoekie vir fotos tydens kanapees – Gaste moes elkeen ʼn Poloroid foto neem en dit in ons gasteboek plak waar hulle ʼn paar vragies moes beantwoord.
Die gaste het speletjies gespeel wat gefasiliteer was deur die MC tydens die “Paartjie fotosessie”.
Die platejoggie het tydens die seremonie, kanapees en die onthaal musiek gespeel.
Tydens die onthaal het die bruid en bruidegom ook ʼn skoen speletjie gespeel saam met die gaste.
Wittebrood:
Ons wittebrood voor KOVID-19 inperking: Grootbrak in die Wes-Kaap (Tussen Mosselbaai en George). Ek en my man is albei baie lief vir die Wes-Kaap en spesifiek George. Dit praat met ons altwee se harte, die berge en die see. Ons moes ongelukkig ons wittebrood by Grootbrak kanselleer weens die KOVID-19 regulasies.
Ons wittebrood tydens die KOVID-19 inperking: Nelspruit in Hazyview en Graskop, ons het besluit om nie te ver te reis vir ons wittebrood nie maar ons wou tog iewers wees wat ons naby aan die natuur laat voel het; dus het ons gekies om Nelspruit (Hazyview en Graspot) te toer, nuwe plekke te ontdek en nuwe mense te ontmoet.
Venue & Dekor:
Ons was albei onmiddelik verlief op die venue se natuurskoon, die bome en proteas, die Nguni plaas beeste en die argitektuur. Ons het tuis gevoel en geweet dat dit die venue vir ons gaan wees. Neels en Elsje (Eienaars van die venue) is regte hartsmense en ons het sommer dadelik met hulle as mense geklik. Dit was die liefde en passie van Neels en Elsje en die merkwaardige natuurskoon van die venue wat ons besluit op die venue maklik gemaak het.
Inspirasie agter die dekor was iets eenvoudig wat pas by die fynbos van die venue asook die elegansie van die kapel en die onthaal saal.
Indien julle enige diensverskaffers of inspirasie van Mooi Troues gekry het, spesifiseer asseblief.
Ek het ʼn post van Mooi Troues se Instagram blad gesien van wat my geïnspireer het om ons trou tafels soortgelyk te dek/dekor.
Ek het ook ons konfetti houers idee op Mooi Troues se Instagram blad gekry.
Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:
Die nie-so-perfek oomblik was verseker die KOVID-19 inperking. Ons troue was aanvanklik geskeduleer vir 8 April 2020, maar ons moes die troue uitstel tot “verdere kennisgewing” so ons was nie seker wanneer ons sal mag trou nie.
Met die inperking kon my sussie wat in Duitsland bly nie ons troue van die 16de September 2020 bywoon nie. En ons gaste kon net saam ons kuier tot 20:30 so die troue het baie kort gevoel.
Indien moontlik sou ons natuurlik die KOVID-19 inperking wou verander (Hehe), maar ons glo dat dit op ʼn manier ons troudag storie interessant gemaak het.
Eerste Dans:
Ja ons het ʼn eerste dans gehad. Ons het vroeg beplan om te gaan vir dans lesse op ʼn spesiale liedjie “Beautiful in white” van Westlife. Ons het 1 dans les gehad en toe word die KOVID-19 inperking ingestel. Dus kon ons nie verder lesse bywoon nie. Gelukkig het ons die 1ste les se begin van die dans op kamera vasgevang en kon ons die begin oefen vir ons troue op die 16de September. Ons het dus ons eerste dans inleiding professioneel gedoen en toe oorgeskakel na ʼn gemaklike stadige dans waartydens ons vriende en familie die dansbaan oop gemaak het.
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: One Fine Day
- Venue: Harmonie Protes
- Blomme: Ansen Flowers (tafels) + Bloom Collective (ruikers & boog)
- Bruidegom-pak: Zara
- Dekor: Bloom Collective + Harmonie Proteas
- Fotohokkie: Bloom Collective + Harmonie Proteas
- Gaste Geskenke: Jane Hibbert + Amanda Marais
- Grimering + Hare: Unmissable Makeup
- Huurdienste: Ysterhoudt
- Juweliersware: Lovisa & Pandora
- Koördineerder: Harmonie Proteas (Elsje)
- Platejoggie: Multi Music Entertainment
- Skryfbehoeftes: Sulit Design + Baie Goeters + Droom Ontwerpe + Cheeky Crafts
- Strooimeisie-rokke: Miss Dressed
- Trourok: Maxi Byleveldt
- Trouring: Browns
- Troukoek: La Moraine