Daar is verskeie redes hoekom paartjies ʼn winter troue wil hou, hetsy dit a.g.v. begroting is, of weens die KOVID-19 pandemie se grendeltydperk wat almal se datums om ver gooi …
Dié paartjie, Zane en Monique, het getrou gedurende die winter. Hul winter troue is propvol inspirasie en mag ʼn paar paartjies wat wonder oor ʼn troudatum, oorreed om ‘n winter troue te hou. Indien julle nogsteeds nie oorreed is nie gaan kyk na al die winter troues wat al op Mooi Troues gepubliseer is.
Die paartjie se dekor was ook nie oortollig nie, tog het die kleurskema ʼn verwelkomend en snoesige gevoel tot dit gehad. Die rooi van die strooimeisie rokke en vlootblou van Zane en sy strooijonkers se pakke het mooi deur getrek na die kleurskema van die troudekor.
Monique het beeldskoon gelyk in haar trourok met mooi lang kant moue wat haar bietjie beskut het teen die koue.
Opsoek na betroubare diensverskaffers om te help met die troureëlings en jul slapelose nagte te spaar? Klik hier op na Mooi Troues se aanlyn trougids te gaan.
Rol af en geniet Zane en Monique se winter troue tussen Proteas. Onthou asseblief om die paartjie se troue met almal te deel.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar einde 2010 ontmoet by ʼn Karate klub waar ons altwee studente was. Ons verhouding het sommer vinnig vlam gevat en in 2011 het ons gekys. Albei van ons was nog op skool gewees, hy in Gr 12 en ek in Gr 11.
Ons het in Julie 2018 Thailand toe gegaan op vakansie, en Zane het toe ʼn fotosessie gereël en tydens die’ het hy my UITEINDELIK gevra om met hom te trou. Ek onthou nog hoe ek met hom gestry het oor waar ons volgende moet gaan staan, minwetend dat hy alles fyn beplan het en binne sekondes my voete onder my sou uitslaan.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was vir ʼn jaar verloof gewees.
Die eienaarres van die venue het my ongelooflik baie gehelp met beplanning vir die dag. Ek het meestal alles self beplan en net by haar gehoor of dit sou werk by hulle venue en ook of hulle die dekor het en so aan …
Pinterest was natuurlik my grootste inspirasie.
Finansiële Aspekte:
Ons het beplan om nie meer as R80 000 te spandeer nie, maar dit werk nie altyd uit nie … Die venue het uitgewerk op omtrent R55 000 vir 80 gaste wat hul minimum is. Ons het hier en daar goedjies bygesit so dit het die bedrag nog bietjie meer gemaak. Dan moet mens nog die trouklere ook koop, skryfbehoeftes, jou platejoggie en fotograaf bysit. Ons dekor was gelukkig ingesluit.
Ons advies is moet nie laat ander mense julle gaste laat nooi wat julle nie wil nie. Hierdie bly julle dag en ook beslis julle keuse. Probeer ook waar jy kan dinge self doen/maak om geld te spaar. Kies ook ʼn gevolg wat julle weet julle sal bystaan teen alle tye.
Merkwaardigste Oomblikke:
Monique:
Vir my was dit toe ek en my Pa buite die Kerkie gestaan het en ek net besef het dat Zane daar vir my wag en dat ons so ʼn groot stap gevat het. Die opwinding en gestres van die hele gewag was op daai oomblik vergete en net hy het vir my saak gemaak.
Zane:
Definitief die oomblik wat my pragtige vrou in die paadjie afgestap gekom het. En ook toe ek haar verras met ʼn Pandora terwyl ek ʼn blinddoek aangehad het. Ek was só op my senuwees.
Paartjie se styl:
Ons styl was elegant maar ook redelik plein. Ons wou nie dit te oordoen gehad het nie. Dit moes rein en steeds elegant gelyk het. “Minder-is-meer” was definitief inspirasie. Ons is minimalisties, maar toe dit vir my kom by ʼn trourok kies was dit redelik moeilik. Daar is ongelooflik baie style om van te kies maar my rok het my definitief baie gemaklik laat voel en nie soos ʼn ander mens op my troue nie.
Ek het my verloofring net so gehou en besluit om met ons eerste kind eers ʼn pantjie by te sit. Dit maak dit nog meer spesiaal. Zane se ring is n tungsten ring, wat gemaak is juis sodat dit nie hom kan beseer wanneer hy op masjiene werk nie. Op die einde van die dag moet dit mooi en steeds prakties wees.
Die Besluitnemingsproses:
Ons het albei saam meeste besluite finaal geneem. Hy meer die finansiële deel en ek die idees. Ons het hulle baie betrek om opinies te kry, maar op die einde van die dag bly dit jou eie keuse en as ʼn paartjie moet dit saam gedoen word.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Bruide:
Gaan kry soveel idees as wat jy kan. Jy kan nooit teveel hê nie al sê ander mense so … Hierdie dag gaan oor julle, so moet asb nie laat ander mense se opinies jou keer om iets te doen wat jy graag wil nie. Vat ook ʼn oomblik daardie aand saam jou bruidegom en kyk net na al julle gaste en hoe alles lyk … neem dit in vir ʼn oomblik. Geniet die beplanning, ons droom al jare hiervan.
Bruidegom
Probeer soveel as moontlik betrokke wees met die reëlings ens. Staan jou verloofde by. Wees uitgerus die dag van die troue-dit raak ʼn baie lang dag. Geniet elke oomblik.
Venue & Dekor:
Ons het ʼn venue gesoek wat nie te droog voorkom in die winter nie. Op die Protea plaas was daar kleure in oorvloed, wat nie sommer in ʼn winter troue gesien word nie, en dit het perfek gepas by ons protea tema.
Gunsteling Diensverskaffers:
Ons heel gunsteling diensverskaffer is beslis Harmonie Proteas. Hulle het alles perfek laat afloop. Sonder hulle sou my dag nie so glad verloop het nie. Hulle kos was besonders en hulle was altyd daar as ek hulle nodig gehad het. Ons fotograaf ook … sy het al ons besonderse oomblikke afgeneem waarna ons so gereeld kyk.
Eerste Dans:
Die eerste dans … Hieroor lag ons steeds. Ons is glad nie goeie dansers nie, so ons het ʼn hele paar lesse geneem wat ons gelukkig laat lyk het of ons weet wat ons doen. Natuurlik het ons op die dag a.g.v. stres ʼn paar stappe gemis en ook nuwes bygesit, maar dit was soveel pret .
Ons het Matthew Mole, You are loved gekies … meestal omdat die woorde so gepas was, en dit ook nie moeilik was om op hom te dans nie haha …
Vermaak:
Ons het net ons platejoggie gehad en hy het ons heeltyd op ons voete gehad.
- Musiek: Gauteng DJ
- Fotograaf: The Lightbulb
- Venue, Dekor + Verblyf: Harmonie Proteas
- Blomme: Plush Fig Floristry
- Grimering + Hare: Pasquale Hairstylists
- Huweliksbevestiger: Ds. Deon Lartz
- Juweliersware: Lovisa
- Skoene: Call it Spring
- Trourok: Love and Lace East Rand
- Trouring: American Swiss & Wolfbros
- Wittebrood plek: Thailand