Ruan & Charlene Gelofte-Vernuwing

Ons deel graag alles wat trou verwant is met Mooi Troues se lesers.  Dié inskrywing is van Ruan en Charlene wat gedurende die pandemie en grendeltydperk mekaar waardeer het.  Na 4 jaar se getroude lewe besluit die paartjie om ‘n Gelofte-Vernuwing seremonie te hou.  Die ligging op die berg van dié paartjie se Gelofte-vernuwing is asemrowend mooi!  Die wolke sorg vir daardie ekstra drama in die foto’s wat ons lesers kan sien.

Ons by Mooi Troues hoop vir Ruan en Charlene net soveel meer liefde en vreugde in die toekoms.  Ons lesers kan nou asseblief afrol en elke pragtige se Gelofte-vernuwing foto’s geniet.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons is Hoërskool liefdes.  Ruan het my gebruik as middelman om by my vriendin uit te kom.  Ek het die geleentheid aangegryp om ook sy nommer vir myself te hou.  Ons het dadelik gekliek en ‘n jaar na ons ontmoet het, is ons ‘n paartjie.

Ruan het my gevra om te trou met al ons gunstelinge (gunsteling pizza, wyn en sjokolade) in ‘n oulike koffie winkel wat hy mooi gemaak het met kerse.  Toe ek die omgewing sien het ek dadelik begin huil, want ons was 6 jaar saam voor ons verloof geraak het.

Ons is die jaar 4 jaar getroud met ‘n ongelooflike oulike seuntjie as toevoeging tot ons gesin en sy sussie wat op pad is.  Ons het toe besluit, veral na die hele pandemie situasie waarin onsself bevind dat ons net weereens mekaar waardeer, en wat is ‘n beter manier as om net ons 2 alleen op die berg te staan en ons liefde vir mekaar vooraf te beloof.

Merkwaardigste Oomblikke:


Die weer was perfek, met die mooiste wolke as agtergrond.  Als het net so perfek bymekaar gepas.  Die oomblik toe ons elkeen ons geloftes vir mekaar voorlees, was daar ‘n ander tipe stilte, asof die wind gaan lê het.  Ons was vir ‘n oomblik net ons, June ons fotograaf het als so goed vasgevang, ons was onbewus van haar.

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]