Hier by Mooi Troues is ons gek oor ryk kleurige blomme. Ons dink dit lyk altyd besonders mooi in troudekor. ‘n Groep kreatiewe trou diensverskaffers in KwaZulu-Natal het saam gekom en dié pragtige gestileerde Romantiese Plaasskuur Inspirasie bymekaar gestel wat ons met Mooi Troues se lesers kan deel.
Die fotosessie was gehou by Die Plaasskuur, ‘n trouvenue in KwaZulu-Natal. in die fotosessie was hulle verantwoordelik vir die Venue, Koördinering, Troukoek, Dekor en Blomme! Hulle het alle verwagtinge oortref. Ons lesers kan self afrol en self oordeel oor Mirelle, van die Plaasskuur, se kreatiewe flair. Ons is definitief beïndruk. Wil julle in KwaZulu-Natal trou? Is opsoek na ‘n een-stop-trouvenue? Wel ons hier by Mooi Troues glo julle soektog sal hier staak nadat jul dié pragtige foto’s hieronder gesien het.
Opsoek na meer betroubare diensverskaffers? Klik asseblief hier om na Mooi Troues se aanlyn Trougids te gaan kyk en al jul diensverskaffers vir jul droom troue daar te vind.
Rol asseblief af en geniet die kreatiewe span se besonderse werk. Onthou ook om wyd en suid te deel.
Wie het die fotosessie gereël?
Mirelle Brecher van Die Plaasskuur
Inspirasie agter die fotosessie:
Die donker “houtskool” koek met die helder vrugte en blomme met mosterd daarby … was ʼn prentjie wat ek al lankal het en nog altyd mal was oor … het die tema daar rondom beplan.
Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?
- Fotograaf – Mari van Tales of Light, haar fotos is so natuurlik. Sy jaag altyd die mooiste lig en sonsondergange na, wat haar fotos betowerend maak!
- Liesl – grimeerkunstenaar , mal oor haar dramatiese grimeer-tegniek!
- ZK Designers – haar ontwerpe het net so mooi by ons tema gepas!
- Handmade by me Pongola – my vriendin het die mooiste interieur winkel. Die dramatiese geblomde stoel was een van die inspirasies agter die fotosessie!
- Loka – die sagte gaas rokkie met geblomde druk motief van Loka was asof dit vir die fotosessie ontwerp is!
Merkwaardigste deel van die fotosessie:
Die model wat net so gemaklik was agter die kamera en in als waarin ons haar laat aantrek het!
Dekor:
Ons het die dekor eenvoudig gehou, met net koper en glas potjies in kontras met die helder en dramatiese blomme!
Kleurskema:
Donker pers, maroen, rooi, koper en swart. Ons het gehou van die swart kontras met die helder kleure.
Venue en Ligging:
Ons het na ʼn venue gesoek wat ons binne en buite mooi fotos kan neem. ʼn Venue ook met rustieke elegansie. Kontras van rustiek en elegansie is deurgetrek van die venue tot by die dekor en blomme. En dis presies wat Die Plaasskuur is.
- Venue, Koördineerder, Troukoek, Dekor + Blomme: Die Plaasskuur
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf: Tales of Light – Mari
- Grimering: Liesl – Make Up done by Me
- Hare: Hair Boutique – Ilana
- Skryfbehoeftes: ZK designers
[endsection]