Leon & Lize se vrolike liefdesverhaal

Leon en Lize het 90 vriende en familielede genooi om in hulle vrolike liefdesverhaal op 4 Maart 2020 te deel by Wederom in Robertson.

Alhoewel hulle volgens ʼn begroting gewerk het, is hulle van mening dat mens op die volgende drie aspekte maar mag spandeer: jou spyseniering, platejoggie en fotograaf.  Maar die één aspek wat regdeur hul troue gesien kan word, is hoe goed dié paartjie met blomme en dekor getoor het om ʼn merkwaardige troudag te skep.  Wanneer jy dus jou gaste bederf met lekker kos, ʼn vrolike partytjie en ʼn pragtige omgewing, kan jy nie verkeerd gaan nie!  Dié paartjie het die hout-tafels in hul venue naak gelos, en dit versier met kleurvolle blomme en wit kerse.  Dit het gesorg vir ʼn vrolike, tog romantiese atmosfeer.  Hulle het ook ʼn ou gunsteling, krismisrose, weer modern laat vertoon deur dit by hul seremonie, asook in sommige van hul trou-skryfbehoeftes te gebruik.

Die bruid wou nog altyd in ʼn skuur trou en Wederom trou venue het al die boksies afgetik.  Lize vertel ook dat met die hulp van Nicola van Wederom het hulle, hul troue self beplan.

Viljoen Juweliers is gebaseer in Worcester met kliënte regoor Suid-Afrika. As jy opsoek is na ʼn juwelier wat die perfekte verloofring of trouring vir jou kan maak, dan hoef jy nie verder te soek nie.  Met meer as 70 jaar se kennis en ʼn passie vir mooi juweliersware is jy in goeie hande.

Rol af om na Leon en Lize se vrolike liefdesverhaal te kyk, asook idees om ʼn opwindende atmosfeer by jou eie troudag te skep.

Paartjie se Liefdesreis:


Ons reis het begin op ʼn Donderdagaand voor ʼn langnaweek in April.  Ons het ontmoet deur ʼn vriend van Leon en het van die eerste ontmoeting af geweet ons is bedoel vir mekaar.  Met Lize se wilde hare net na sy wakker geword het het ek, Leon, besef dat sy vir my beeldskoon is nes sy is.

Die verlowing was ʼn spesiale oomblik by Lize se familie in Pretoria.  Ek, Leon, het vir haar gesê ons moet in die tuin instap om my ouers te bel om gelukkige Nuwejaar te sê.  Met die oproep het my ma’lle geantwoord met ons hondjie in hulle hande en ʼn ring ballon vol helium wat agter in die lig hang.  Terwyl Lize wonder oor wat aangaan en probeer uitmaak watter ballon dit is, het ek agter haar op my knie gegaan en haar met die omdraai slag onkant gevang.  Sy het darem ja gesê so tussen die trane deur!

Die Verlowing Tydperk:


Ons is verloof op 1 Januarie 2019 en het getrou op 21 Maart 2020.  Ons was 14 maande en 21 dae verloof.  Met die hulp van ons ouers, Nicola van Wederom, Pinterest en insette van familie het ons die troue self beplan.

Finansiële Aspekte:


Ons het dit reggekry om binne ons begroting te bly en ons het ongeveer 90 gaste onthaal.  As ons advies kan gee rakende kostes, sal ons sê daar is sekere goed waarop mens nie spaar nie – die kos, die platejoggie en die fotograaf.  Mense onthou altyd of hulle lekker geëet het en of die kuier die moeite werd was.  Die fotograaf is ook belangrik aangesien die foto’s al is wat jy oor het nadat die aand in ʼn oogwink verby is.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Die enigste effek wat dit op ons gehad het was drank-verkope wat verbode was op die dag.  Ons kon wel deur die regte kanale rondom dit werk.

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Moenie stres oor enige aspekte van die troue nie, anders raak jy verlore en vergeet om die opbou en proses te geniet.  Laat die ma van die bruid eerder stres!

Bruidegom:

Die enigste raad wat ek sal gee is om nie te veel in te meng in die proses nie.  ʼn Gelukkige vrou verseker ʼn gelukkige lewe!

Merkwaardigste Oomblikke:


Vir my, Lize, was die oomblik toe ek vir Leon vir die eerste keer na ʼn week gesien het.  Dit was merkwaardig hoe mooi die hele dag uitgedraai het.  Asook die kuier geleentheid wat ons nog kon gehad het voor KOVID-19 alle troues kom verander het.

Vir my, Leon, was dit die oomblik toe my vrou afgestap kom en ek weet ons gaan hierdie liefde en verbintenis aan mekaar nou verewig maak.  Saam met dit, was dit ook besonders om familie van Namibië, Amerika en België by die troue te hê en dit saam met hulle te kon geniet.

Paartjie se styl:


Lize:

Na 25 rokke se aanpas was ek nie tevrede nie!  Ek het toe besluit om my rok by Thalita van Greunen te laat maak.  Die styl is uniek tot wie ek is en wat ek wou gehad het.

Leon:

Ons het vooraf oor my pak se kleur besluit en die idee van die das wat belaai is met klein blomme was geïnspireer deur die idee dat my pa en skoonpa ʼn soortgelyke das sal dra.  Die troue ringe is gebaseer op ons unieke wense.  My, Leon, se ring was iets wat ek graag wou hê.  Die idee het begin met ʼn troue wat ek in die reeks Vikings gekyk het.  Die rowwe ring het onmiddelik my oog gevang.  Lize se ring was totaal en al iets uniek.  Ek, Leon, wou die diamant steen in ʼn blom stelling sit, maar toe ek die blaar pante sien het ek net geweet dit gaan die ring goed aanvul.

Vermaak:


Ons het ʼn platejoggie gehad, ʼn minibus wat as foto-hoekie opgetree het en twee ooms wat ons groot vermaak het met Bingo tydens die vinger-happies.

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Daar het niks volgens volgorde verloop nie, maar ons sou dit nie wou oordoen nie, aangesien dit die dag ook besonders spesiaal gemaak het.

Venue & Dekor:


Ek, Lize, wou altyd in ʼn skuur getrou het en na net 3 venues se kyk het ons Wederom gekry.  Ek het net daar besluit dit is die venue!  Dekor inspirasie was grotendeels Pinterest idees asook ons ouers wat ons bygestaan het.

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons kan nie eintlik kies nie, maar ons sal verseker die platejoggie aanbeveel vir enige troupaar, aangesien hy regdeur die aand die dansbaan aan die gang gehou het!

Eerste Dans:


Ons het op Kane Brown se Thunder in the Rain gedans, sonder enige lesse!  Ons het net op die dansvloer gekom en dit geniet.  In die middel van die lied het ons ons gesinne en gevolg opgeroep en op The Git Up gedans.

Wittebrood:


Ek, Leon, het ʼn wittebrood gereël vir Bali in Junie 2020.  Weens KOVID-19 kon ons dit nie maak nie.  Ons het wel vir vier dae weg gegaan na Fossil Hills naby Mcgregor.  Die rede vir die bestemming was om weg te kom van al die geraas en gejaag van die lewe en werklik uit te rus.

    Artikel Diensverskaffers:

    [section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids.  Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar.  Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag.  Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer?  Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

    [endsection]