Ivan en Nicole se paartjie fotosessie wat ons nou met Mooi Troues se lesers deel is propvol inspirasie vir paartjies wat na idees soek vir hul eie paartjie fotosessie of verlowing fotosessie. Dié paartjie het twee verkillende liggings en uitrustings gehad.
Hul eerste ligging is tussen geboue en hul uitrustings was “T-hemde, jeans en sneakers”. Die uitrustings gee ‘n baie pret element tot die ligging wat gewoonlik woel met sake mense. Die tweede ligging was in die natuur, in die veld en langs ‘n rivier. Ivan en Nicole se uitrusting het die natuurtonele baie mooi gekomplimenteer.
Ons kan in die foto’s sien die oulike paartjie het die fotosessie baie geniet en ons hoop Mooi Troues se lesers geniet hul paartjie fotosessie net so hier onder.
Die eerste ontmoeting:
Ons het deur ons groep gemeenskaplike vriende ontmoet. Dadelik het ons geweet ons gaan vir seker beste “chommies” wees. Ons het so baie in gemeen en ons kom baie goed oor die weg. Ons het ʼn baie goeie vriendskap gehad. Op daardie tyd was hy besig om deur ʼn ”break-up” te gaan en ek ook. Ons het al hoe meer tyd begin saam spandeer en mekaar deur die hartseer tyd gehelp. Nooit het ons toe enigsins gedink ons sal eventueel begin uit gaan nie.
Ek het vir hom soos my “groot boetie” hanteer en in my kop wou ek nooit ons vriendskap in gevaar stel nie. Ons was baie goeie vriende vir omtrent 3 jaar voor enige iets anders van ons vriendskap geword het. Ons het omtrent elke week vir mekaar oor genooi na ons huise toe om net lekker te ontspan en op te vang.
Gunsteling eienskappe van mekaar:
Nicole:
Waar begin ek … My gunsteling eienskappe van Ivan is sy sagte geaardheid. Sy lus en liefde vir die lewe, hoe baie hy omgee vir almal om hom. Selfs vir die hawelose mense en rondloper hondjies langs die pad. Hy het die mooiste maniere en hy praat met almal met wie hy in kontak kom met so baie respek en geduld.
Sy vriende en familie beteken vir hom alles. Hy sal enige iets doen om ʼn goeie verhouding met hulle te behou. Hy lag vir al my grappies en hy is net so lief vir my Ouma soos was ek is. As ek vir die naweek weg gaan dan bly hy by my huis (ek bly saam my Ouma). Hy bestel vir hulle “takeaways” en kyk “scary movies” saam met haar, want hy weet ek hou nie van “scary movies” nie, maar hy en Ouma hou van hulle. Hy maak altyd tyd om vir my te luister en hy wil net die beste vir my hê.
Ivan:
Nicole is my gunsteling mens en ek is so verlief op die mens wie sy is. Sy is onbaatsugtig, sag gesproke, sy gee so baie om vir ander mense. Sy sal altyd hulle behoeftes voor haar eie sit … Al beteken dit dat sy dalk gaan seer kry. Nicole het so ʼn passie vir die lewe en sy waardeer al die klein goedjies wat ek nie altyd raak gesien het voor ek en sy begin uitgegaan het nie (soos die sterre, maan en wolke).
Sy is so bitter lief vir die kindertjies vir wie sy skool gee en na kyk en dra hulle seer en onsekerheid op haar eie skouers. Nicole se Ouma is haar hele lewe en om te sien watse ware, onsterflike liefde sy vir haar Ouma het, maak my net meer verlief op haar. Ek gee nie om as ek tweede kom na haar Ouma nie.
Drome as paartjie:
Ons drome is om saam die wêreld te sien, om uit ons gemaksones te stap en om in elke aspek van ons lewens te groei. Ons wil saam alles ervaar wat die wêreld het om te bied.
Eendag in die toekoms wil ons ons eie klein familie hê, maar voor dan wil ons saam die lewe geniet en saam groei.
Ons volgende groot mylpaal in ons verhouding is om saam oorsee te trek. “Watch this space.”
Dinge wat die paartjie hou van om saam te doen:
Ons is mal daaroor om saam aktief te wees, of buite in die Natuur of in die Gym.
Een van ons gunsteling dinge om te doen is om saam weg te gaan en nuwe plekke te ervaar. Ons leer op hierdie tye so baie oor mekaar en dit is vir ons so spesiaal.
Elke naweek wat ons kans kry gaan stap ons saam en gesels vir ure oor ons drome in die lewe, ons bekommernisse en ons doelwitte. Ons moedig mekaar altyd aan om ons “beste self” te wees.
Ons geniet dit ook so baie om saam net te ontspan voor die TV. ʼn Lekker fliek aan te sit en net by mekaar te wees. Ook om ʼn goeie fliek by die rolprentteater te gaan kyk.
Ons is MAL daaroor om saam tee eet en te kook, ons deel die selfde liefde vir goeie, smaaklike kos.
“We are better together”- om net in mekaar se geselskap te wees is vir ons baie belangrik.
Ons is ook mal daaroor om saam na musiekfeeste toe te gaan en saam musiek te luister.
Rede vir die fotosessie:
Die fotosessie was bietjie uit ons gemaksone gewees. Ons wou net bietjie iets anders saam doen en Lené is ʼn baie goeie vriendin van ons. Sy neem pragtige fotos so ons het geweet ons sal gemaklik wees en ons het op die ou einde dit so baie geniet!
Inspirasie agter die fotosessie:
Ons “jeans, sneakers en t-hemde” look was omdat dit is hoe ons gewoonlik aantrek en ons voel die gemaklikste so en die natuur fotos is omdat ons ʼn liefde vir die natuur het.
Visie vir ‘n romantiese afspraak:
Ons idee van ʼn romantiese afspraak is om êrens in die natuur, sonder skare mense te wees met lekker kos, ʼn goeie glas wyn en mekaar se geselskap. ( en al wat Nicole wil hê is blomme, sy is so “easy going” en verwag nooit te veel nie)
Romanties is nie vir ons so belangrik soos om in mekaar se geselskap te wees nie en om aanwesig te wees.
[section=Klik hier vir diensverskaffers]
- Fotograaf: Elle_V Photography
- Fotosessie Venue: Silverlakes Landgoed