Gustaf & Megan se huistroue

Met die gevolg wat KOVID-19 op dit trou industrie het is paartjies gedwonge om kleiner en meer intiem troues te hou, self aan ander venues dink om te gebruik vir hul troue.  In die geval van Gustaf en Megan het hul, hul bruilofsfees gevier by Megan se ouerhuis in Simonstad.  Ons hier by Mooi Troues kry ‘n gevoel dat in 2021 die moontlikheid daar gaan wees dat paartjies eerder vir ‘n huistroue sal gaan.

Gustaf en Megan het getrou in Simonstad en in die foto’s hieronder kan ons sien dit was ‘n lekker ontspanne dag met die mans wat branderplank gaan ry het voor die formaliteite.  Die paartjie se foto’s op die rotse, strand en op ‘n muurtjie tussen die waters is besonders en paartjies wat graag ‘n strand troue wil hê sal mooi foto inspirasie hier uit put.

Megan se trourok is regtig iets besonders en heeltemal anders as die gewone trourokke wat ons hier op Mooi Troues se webblad deel.  Ons weet daar is baie paartjies wat iets anders as die norm wil probeer.  So bruide wat besig is om jul droom trourok te soek, kyk asseblief tog na Megan se trourok.

Alhoewel baie paartjies gedurende hierdie tye stres oor hul troudag en die huistroue-tendens hier gaan wees vir ‘n tydjie moet ons lesers tog asseblief onthou dat trouvenues ook uitstekende aanbiedinge het vir kleiner en intieme troues.  Baie trouvenues bied ook verblyf aan om jul gaste ook te akkommodeer.   Ondersteun asseblief die trou diensverskaffers gedurende hierdie moeilike tye.  Klik hier om na Mooi Troues se aanlyn trougids te gaan.

Rol asseblief af en geniet Gustaf en Megan se huistroue.

 

huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar by Waterpolo op Universiteit ontmoet.  Ek het vir die dames-span gespeel en daar het sopas ‘n nuwe aantreklike kêrel by die mans-span aangesluit.  Al die meisies was onmiddellik geïnteresseerd, en natuurlik was ek die meeste van almal.  Een dag het ons spanne ʼn oefenwedstryd teen mekaar gespeel en sowaar het ons toe dieselfde posisie gespeel.  Dáár het ons op en af teen mekaar geswem en eintlik vergeet van die Waterpolo spel wat aan die gang is.  Ná die wedstryd kon ons skaars vir mekaar sê “mooi gespeel” sonder om te veel te bloos – maar ons oë was konstant op mekaar gerig.  Dit was toe vir lank stil, want die reses het aangebreek, maar ons het mekaar heeltyd op sosiale media dopgehou in hierdie tyd.

Gustaf het my toe gekontak nadat hy uiteindelik die moed bymekaar geskraap het, en van daar af het ons onophoudelik gesels.

Ons eerste avontuur was in Johannesburg se kunsgalerye, waar ons tot 4 uur die volgende oggend gesit en gesels het.  Ons het stadig maar seker, meer en meer vir mekaar begin voel en ek het daardie aand vir die eerste keer met sekerheid geweet dat ek my trouman ontmoet het.

My ouma is ʼn paar daggies voor die staat van inperking oorlede.  Ek en Gustaf het toe Kaapstad toe gevlieg om by my familie te wees en sodoende was ons daar vasgekeer toe die inperking aangekondig is.

Op 30 April 2020 – Die laaste dag van “swaar grendeltyd” en ook Gustaf se verjaarsdag het hy die groot vraag gevra.  Ek het die plek mooi gemaak vir die partytjie wat voorlê, onbewus dat dit ook ʼn verlowingspartytjie gaan wees.  En sy beste geskenk daardie dag was die woorde “JA, IN ELKE TAAL!”

huistroue huistroue huistroue huistroue

Die Verlowing Tydperk:


Ons was net 5 maande verloof.  Ons het basies gesit en wag vir die staat van inperking om na vlak 1 te beweeg om ‘n troudatum vas te maak.  Omrede ons in dié tyd heelwat oor ons troudag gesels het.  Toe besluit het om ons troue se onthaal by my ouers se huis te hou.  Ons wou ʼn klein, intieme troue gehad het en dit het troureëlings baie vergemaklik.

Toe vlak 1 aangekondig is, het ons onmiddellik na ons werk skedules gekyk, familie en vriende gekontak en ons troudatum bekend gemaak – oor presies 1 maand.

My ma was werklik die beste troubeplanner waarvoor enige bruid kon vra.  Ek het haar laat weet dat ons oor ʼn maand gaan trou en sy het dadelik aan die werk gespring en hulle huis as ʼn klein troulokaal ingerig.  Verder het ek en Gustaf die troue beplan saam met die hulp van ons familie en vriende.  Ons wou juis ons troue so ‘intern’ en intiem as moontlik hou.

huistroue huistroue huistroue

Finansiële Aspekte:


Die kerkdiens was oop vir alle familielede en ons het ook ‘n ‘lewendige stroom’ van die troue vir ons familie en vriende gestuur wat nie daar kon wees nie.  Na die diens het ons koek en sjampanje saam met ons geliefdes in die kerk geniet.

Die onthaal was by my ouers se huis, en daar was net 20 mense rondom die tafel.  Ons het die onthaal eksklusief gehou met slegs ons gesinne – ouers, broers en naaste vriende.

Ons wou ‘n minimalistiese troue hê.  Die begroting was algeheel R50 000.  Ons het besluit om alle kostes so laag as moontlik te hou, omdat dit werklik kan ophoop.

Ons was as een van 3 paartjies wat ‘n fotografie-pakket gewen het.  Reflective Photography het dit eerlikwaar reggekry om die spesiaalste oomblikke op ‘n foto vas te vang – ons het nie gedink dit is moontlik nie.  Ons is ongelooflik dankbaar vir die werk wat hulle gedoen het, omdat die foto’s dit moontlik maak om die gevoel van daardie dag te herleef.

My ma se vriendin het ons heerlike troukoek gebak, my ma en ons bure het meeste van ons onthaal se kos gemaak, dekor was ook deur my ma en haar vriendinne gedoen. My vriendinne (strooimeisies) het my hare en grimering gedoen.  Gustaf se vriend het die klank en musiek hanteer.  Dit was vir ons ook meer spesiaal deurdat ons geliefdes betrokke was en nie net bygewoon het nie.  Ons is ongelooflik dankbaar vir elkeen wat bereid was om ons die dag by te staan.

So ons werklike besteding was net helfte van ons begroting.

My advies:

My advies vir paartjies wat nou hulle troue beplan is dat ‘n troue nie ‘n ‘funksie’ is nie.  Dit gaan nie oor die rok, kos en dekor nie.  Fokus op jou verhouding met jou man, die beloftes wat jy voor God en jou getuies gaan maak.  Die res is net bykomend.

huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue

Merkwaardigste Oomblikke:


Ons albei se mees merkwaardigste oomblikke van die dag was die intimiteit van ons troue, om al ons gaste om een tafel te hê en die aand ten volle saam met ons geliefdes te geniet.

huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue

Die Besluitnemingsproses:


Die besluite was deur my en Gustaf geneem, maar ons kan met alle eerlikheid sê dat ons troudag soveel te meer spesiaal was as gevolg van ons familie en vriende se hulp en bystand.  Elkeen was baie betrokke en het ‘n groot bydrae gelewer.

huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue

Paartjie se styl:


Toe ek kleiner was het ek altyd my ouma gevra of ek haar ring kan dra.  Dit was my oumagrootjie se verloofring, werklik ‘n besonderse kunswerk.  En toe ek ouer word het ek altyd gefantaseer dat my man eendag met ‘n identiese ring op sy knieë sal gaan.  Sonder om enige iets hieroor vir my trouman te noem.

Voor my ouma se dood het sy dié ring vir my ouers gegee dat hulle dit vir Gustaf oorhandig wanneer hy ouers gevra het.

Ek kon nie my oë glo toe die man van my drome met die ring van my drome ‘n huweliksvoorstel maak nie.  Dit is ongelooflik spesiaal en sentimenteel.

Met dié spesiale verloofring aan my vinger het ek geweet dat ek ook ‘n besonderse ring vir Gustaf wil kry.  Ek het toe dadelik ‘n trouring met die Tempelhoff-familiewapen begin ontwerp, en vir Silvery gekontak om die ring te maak.

Ons albei is werklik beïndruk deur hulle voortreflike werk.

huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons fotograwe van Reflective Photography was absoluut ons gunsteling diensverskaffer en ons sal hulle beslis vir ander paartjies aanbeveel.  Hulle het moeite gedoen om ons te leer ken en presies geweet wat ons soek.  Hulle portefeulje spreek vanself boekdele oor hulle goeie werk.

huistroue huistroue huistroue huistroue

Advies aan toekomstige bruide en bruidegomme:


Bruide:

“Dit is só maklik om prentjies op Pinterest of Instagram te sien en dan te glo dit gaan jou troue ‘perfek’ maak.  Herinner jouself dat dit net bykomend is. Die feit dat julle trou, en trou aan mekaar beloof voor God en julle getuies is werklik al wat belangrik is.

En op die ou einde van die dag moet julle doen wat julle harte begeer.  Dit was vir ons die moeilikste besluit om ‘n klein, intieme troue te hou, omdat ons altwee groot families het. Gesels met mekaar en doen wat vir julle twee reg voel wanneer dit by gaste, finansies, dekor of die kleinste detail kom.”

Bruidegomme:

“Geniet die oomblik en onthou waaroor dit gaan.”

huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue

Wittebrood:


Ek wou graag enige plek in Suid-Afrika wittebrood hou, sodat ons elke jaar met ons huweliksherdenking die plekkie kan besoek.

Gustaf het ‘n besonderse plekkie in Kommetjie gekry waar ons die hele argitektoniese skoonheid vir onsself gehad het.  Heeltemal omring deur fynbos, met die geruis van die see in die agtergrond. Ons sal Moonshadow Stays vir enige paartjie aanbeveel.

Ons het ons huweliksaand by Residence William French in Simonstad deurgebring.  Dit is die weelderigste plek wat ek al beleef het.  Die eienaar is ‘n joviale Franse man wat die lekkerste kos maak en soveel trots in sy plek en besittings het.

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


Ja, ons moes in spanning wag dat vlak 1 aangekondig word om ‘n troudatum vas te maak.  Maar ons betoon alle simpatie aan paartjies wat hulle troudatum in hierdie tyd moes uitstel (selfs meer as een keer).

huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue

Venue en Dekor:


Ons het in die NG Kerk in Simonstad getrou en die onthaal by my ouers se huis gehou.  Ons het juis die huis as ons troulokaal gekies omdat ons ‘n ‘tuis-gevoel’ met ons troue wou hê.

huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Ons kan met alle eerlikheid sê dat ons absoluut niks van ons troudag sou wou verander nie.  Ons wou met mekaar trou en dit is die ‘perfekte oomblik’ van enige troue.

huistroue huistroue huistroue huistroue

Eerste Dans:


Ons het glad nie vir danslesse gegaan nie.  Die eerste dans was werklik, so natuurlik as wat dit kon wees.  Ons enigste ‘danslesse’ was ons spontane dansies in die sitkamer.

Ons liedjie-keuse was ‘Teach me how to dance with you’ van Causes.  Dit was van die begin van ons verhouding af ons gunsteling liedjie.  So dit was gepas dat ons eerste dans as man en vrou op dié liedjie sou wees.

Die liedjie simboliseer vir ons dat die huwelik ‘n dans is waar ‘n man en vrou gedurig van mekaar moet leer om lekker sáám deur die lewe te dans.

huistroue huistroue huistroue huistroue huistroue