Ons deel Pierre en Michelle se moderne Karoo-styl troue met ʼn moderne draai daaraan met Mooi Troues se lesers. Dit is so mooi hoe die Karoo en die moderne elemente so mooi saam met mekaar vloei om ʼn pragtige resultaat te vorm. Michelle en Pierre is albei mal oor die Karoo en plaaslewe, maar hou van moderne elemente. Hulle het getrou in ʼn skuur gevoel venue wat perfek by hulle idee van hul troudag gewerk het.
The Rose Barn is ʼn plaas-styl trou venue in Jeffreysbaai in die Oos-Kaap. Omring deur versorgde groen grasperke, laventel, en uitsigte van die omliggende plase is van die baie redes hoekom die trou venue jou eerste keuse moet wees. Die trou venue is populêr vir sy pragtige tuin seremonies, deursigtige tent en die skuur waarin die trou onthaal gehou word. Hulle bied ook verblyf opsies op die perseel, wat ʼn groot plus punt is.
Die tafel dekor is simplisties met vetplante soos spekbome. Baie paartjies wat twee style meng is bang om dit te doen, want hulle is bang dit werk nie met mekaar nie. Onthou dat dit jou troudag is en as jy nie waag nie, sal jy nie weet nie. Jy kan altyd jou trou koördineerder of dekor-stilis vra om vir jou ʼn voorbeeld tafel op te stel voor die troue. So kan jy min of meer ʼn idee kry van die end resultaat en kan dan sien of jou idee gaan werk of nie.
Hulle het ʼn baie oulike soesji gereg troukoek gehad. Dit is nogal ʼn baie oulike alternatief vir die normale soet troukoek. As jy weet jou gaste is nie mal oor soet goed nie, probeer vir iets teenoorgestelde gaan.
Githe-Meret Hancke Koertzen is ʼn professionele grimeerkunstenaar gebaseer in Jeffreysbaai met meer as 20 jaar in die skoonheid bedryf. Sy spesialiseer in bruids grimering. Laat sy jou spesiale dag in ʼn onvergeetlike herinnering te omskep.
Rol af om meer te lees oor Michelle en Pierre se liefdesreis en hul mooi moderne Karoo styl troue.
Paartjie se Liefdesreis:
Hierdie was een van daardie oomblikke waar ek net geweet het hierdie is die man met wie ek ʼn pad wil stap die dag toe ek hom ontmoet het. Ons het mekaar in Port-Elizabeth ontmoet by ʼn braai saam met vriende einde 2013. Ons het begin uitgaan in Julie 2014 na ons mekaar eers beter leer ken het as vriende.
Ek was vanaf 2016 -2018 in die Bahrain (Midde Ooste) vir onderwys en het vir vakansie huis toe gekom in Desember 2016. Dis toe wat Pierre, in die Kruger Wildtuin, (Berg-en-Dal kamp) met ʼn Bos-braai die groot vraag gevra het. Die Kruger Wildtuin was en is steeds vir ons ʼn baie spesiale plek.
Die Verlowing Tydperk:
Ons was vir 2 jaar verloof gewees en het dus meer as genoeg tyd gehad om ons groot dag te beplan. Ons hou van uitdagings en wou graag alles self beplan so dit was nie altyd maklik om alles vanuit die Midde Ooste en met Pierre steeds in Suid-Afrika te beplan nie. Met sy hulp en ondersteuning was dit meer as ʼn sukses en sal ons alles weer presies dieselfde doen.
Finansiële Aspekte:
Dit was bietjie moeilik om by die begroting te hou wat ons oorspronklik in gedagte gehad het omdat ons nie regtig bewus was van al die onkostes wat daar is vir ʼn troue nie. Soos die beplanning gevorder het, het die begroting ook bietjie meer geraak. Ek en Pierre het om die ou einde ongeveer R 150 000 spandeer wat ook ons finale begroting was. Ons het definitief baie gespaar deur sekere goed self te doen en mooi te gedink het oor sekere goed en daardeur kon ons op die ou einde by ons begroting hou. In totaal het ons 100 gaste onthaal.
Advies: Doen deeglik navorsing! Nooi gaste wat vir julle belangrik is en met wie jy ten minste in die laaste jaar gepraat het. Probeer om sekere goedjies self te doen aangesien dit baie geld spaar.
Merkwaardigste Oomblikke:
Die mees spesiale en merkwaardigste oomblik vir ons albei was die oomblik toe ek in die paadjie afgestap kom en ons is net gefokus op mekaar. Dit was die oomblik wat vir ons die meeste uitgestaan het en toe ons natuurlik uiteindelik getroud is en dit kon geniet saam ons vriende en familie.
Die Besluitnemingsproses:
Ons was altwee baie betrokke en het saam besluite geneem en mekaar se opinies en voorstelle in ag geneem. Ons familie en vriende het ons besluite en idees gerespekteer en was altyd daar indien ons raad nodig gehad het.
Gunsteling Diensverskaffers:
Fotograaf – Shaula Greyvenstein (Sy is ʼn mense mens en stap daardie ekstra myl vir haar kliënte).
Platejoggie – Occassion DJ’s ( Baie goeie keuse en weet hoe om ʼn dansbaan vol te hou)
Venue – The Rose Barn (Uitstekend met hulp en koördinering)
Venue & Dekor:
Ons is Karoo mense, hou van die plaaslewe en om dinge so eenvoudig as moontlik te hou, maar tog stylvol. The Rose Barn het dadelik vir ons uitgestaan en voldoen aan die “Karoo” effek, maar het tog daardie moderne styl gehad. The Rose Barn het vir ons ʼn skuur effek gegee. Die dekor was alreeds WOW en het op sy eie uitgestaan. Ons wou graag die Karoo effek in ons troue uitbring en The Rose Barn het dit definitief moontlik gemaak en ingepas by ons styl.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Ons is ʼn avontuurlustige paartjie, hou van kamp en mal daaroor om te reis en nuwe plekke te sien, so dis definitief die rede vir ons besluit gewees.
Ons wittebrood was ʼn 2 maande toer deur die hele Namibië en Botswana. Dit was ONGELOOFLIK. Dit was ook ʼn baie goeie toets vir ons as ʼn pas getroude paartjie omdat daar baie uitdagings was gedurende hierdie toer. Een ding weet ek verseker, ek het die regte man getrou.
Eerste Dans:
Ons het ʼn eerste dans gehad en dit was baie spesiaal.
Liedjie – Free van Zac Brown Band
Hierdie liedjie was vir ons ʼn refleksie op ons eie lewe. Ons het voor ons troue alles opgepak, gestoor en besluit ons wil vir ʼn tyd net “free” wees, reis en bietjie dinge “explore” en maak nie saak wat nie ons staan by mekaar deur dik en dun. Dit sluit ook aan by ons idee van ʼn 2 maande wittebrood.
Ons het nie vir danslesse gegaan nie, dans nog altyd lekker saam so ons was net onsself met ons eerste dans.
- Troue Venue + Koördineerder + Dekor+ Verblyf: The Rose Barn
- Bruids Grimering: Githe-Meret Professional Makeup Artist
- Strooimeisie-rokke: Hoiden Bridesmaids
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Shaula Greyvenstein
- Blomme: Must Love Flowers
- Bruidegom-pak: Jones + Kent of London
- Dekor: The Rose Barn asook self
- Hare: Samuel Beck Hairdressing
- Huwelik kontrak: Hennie Bence Attorney Port Elizabeth
- Huweliksbevestiger: Ds. Anton Oliphant
- Juweliersware + Trouring: Browns + American Swiss
- Platejoggie: Ocassions DJ’s
- Strooijonkers bykomstighede: Markhams + Woolworths
- Bruidegom se Skoene: Tread & Miller
- Bruid se Skoene: Bella Su’lize Bridal Boutique
- Skryfbehoeftes: MONA Captivating Design
- Trourok: Casa Blair Bridal
- Troukoek: Ocean Basket Jeffresy Bay
- Videograaf: Salt Video Productions
- Wittebrood plek: Namibia & Botswana Toer