Ons by Mooi Troues deel die Middestad troue Ivan en Marissa, omring deur pragtige argitektuur, familie en vriende nou met ons lesers. Die paartjie vertel dat hulle albei mal is oor lees, daarom is hul trou venue so gepas. Hul troue was gevier in die Nasionale Biblioteek van Suid-Afrika in die hartjie van Kaapstad. ʼn Middestad troue het altyd ʼn spesiale gevoel tot dit. Daar is net iets aan ʼn stadstroue wat mens se aandag trek.
Marissa het pragtig gelyk in haar vloeiende trourok met die mooiste detail op haar arms en bo lyf. Ivan het self baie deftig gelyk in sy swart pak en strikdas.
Die paartjie se troue was ʼn lekker gesellige kuier saam met vriende en familie. Hul troue het ʼn baie klassieke gevoel tot dit, waaroor ons gek is.
Rol af om meer te lees oor Ivan en Marissa se middestad troue en unieke trouvenue hieronder. Geniet die pragtige foto’s wat Hanru Marais geneem het.
Paartjie se Liefdesreis:
Ons het mekaar by die werk ontmoet. Ons was aanvanklik net vriende omdat ons ook kollegas was. Na ongeveer ʼn jaar van vriendskap het ons begin uitgaan. Ek en Ivan het vir twee-en-’n-half jaar uitgegaan en is toe uitmekaar uit vir een-en-’n-half jaar. Ons het vir ʼn ruk nie kontak gehad nie en het toe weer kontak gemaak as vriende.
Toe het ons in Oktober 2018 weer begin uitgaan, en het in Maart 2019 besluit om verloof te raak. Ivan het Marissa verras met ʼn verlowing op die rotse van Kampsbaai. Dit was ʼn pragtige geleentheid met sjampanje tydens sonsondergang. ʼn Vreemdeling het die oomblik gesien en vir ons foto’s geneem en gestuur!
Die Verlowing Tydperk:
Ons het verloof geraak in Maart 2019. En het getrou in Oktober 2019. Ek en Ivan wou nie lank verloof wees nie. Ons het self alles beplan en gereël, maar het wel ʼn trou koördineerder gehad op die dag. Dit was Hermann Laubscher van Hermann Creative Events. Sy diens en teenwoordigheid was onvergeetlik. H y het vir ons kos gebring terwyl ons foto’s geneem het. Herman het ongelooflike aandag vir detail en het gedink aan alles. Ons dag sou nie so suksesvol kon wees sonder hom nie!
Finansiële Aspekte:
Die begroting was tussen R130 000 en R150 000. Ons het by ons begroting gehou deur met mekaar te praat oor elke uitgawe, en dan uit te redeneer hoe belangrik dit was. In totaal het ons 60 gaste onthaal. Ons het saam besluit wat die heel belangrikste uitgawes vir ons was soos die rok, fotograaf, blomme en spyseniering. Vir die res van die uitgawes het ons die meer kreatiewe opsies gekies. Ons het ook besluit om net gaste te nooi wat ons albei al ontmoet het, en met wie ons die laaste 6 maande gepraat het, of op Whatsapp, in persoon of oor e-pos.
Ongelukkig kan ʼn mens nie almal nooi nie, dit is net nie moontlik nie, en ons het vrede gemaak daarmee. Ivan en ek neig albei ook meer na die introvert-kant van die persoonlikheid spektrum, en wou nie ʼn enorme troue hê nie. Ons het uitgewerk as ons ongeveer 60 gaste nooi, het ons ongeveer 2 minute per persoon, wat reeds baie min is maar darem doenbaar. Ek en Ivan het ook self vir ons troue betaal wat ʼn rol gespeel het in hoe groot ons begroting was, en ons het self besluit hoe ons, ons geld wou spandeer, wat ʼn baie bevrydende en positiewe ervaring was.
Merkwaardigste Oomblikke:
Vir ons albei was die merkwaardigste oomblik toe ons mekaar gesien het vir die eerste keer!
Paartjie se styl:
Marissa wou ʼn interessante trourok gehad het, en het oral gekyk maar nie regtig iets gevind nie. ʼn Vriendin het Charlotte van Charlotte Francina Bridal Designs aanbeveel en die vennootskap het soos ʼn handskoen gepas. Marissa se rok was van kant en gaas, met pers waterverf blomme.
Dit was ʼn rok uit ʼn droom! Sy wil dit nou nog die heeltyd aantrek. Ivan se pak was vlootblou en swart en ons het dit gekoop by ʼn pak winkel.
Ons het albei van Marissa se ringe (verloofring en troupand) gevind by Browns Jewellers. Die verloofring bestaan uit ʼn witgoud ring met ametis, granaat, rooskwarts en diamante, en die troupand witgoud en diamante. Ivan se troupand is van Unbreakable Man en is ʼn koolstofvesel Wolfram ring.
Die Besluitnemingsproses:
Ons het al die besluite gedeel, en het net ons persoonlike opinies in ag geneem – dit is immers ons troue en dag, en ons moet gelukkig en vreedsaam voel oor die besluite wat ons geneem het. Weereens was die feit dat ons ook self daarvoor betaal het, baie bevrydend en kon ons die besluite makliker neem.
Vermaak:
Mischa van Mischa Dreamfolk het opgetree by ons verwelkomingsdrankies. Mischa het ook die trou seremonie liedjie gesing toe Marissa ingestap het, Heavenly van Cigarettes After Sex. Die ervaring met haar was regtig ʼn plesier en ons kan haar definitief aanbeveel!
Ons platejoggie span was David en Rean van That DJ Guy. Ivan en ek het vooraf met hulle ontmoet om te praat oor liedjie keuses en wat ons graag wil speel en wat nie. David was regtig voortreflik om mee te werk. Ons kan hom met gemak aanbeveel! Hy was effektief en professioneel, en al ons interaksies het seepglad afgeloop. Dit is duidelik dat hy hierdie al lank doen!
Venue & Dekor:
Ons het getrou by The Centre for the Book in Kaapstad. Dit is ʼn historiese gebou en een van Suid-Afrika se nasionale biblioteek monumente. Die gebou is meer as 100 jaar oud en werklik spesiaal. Ek en Ivan albei is mal oor lees en oor boeke, en dit was vir ons ʼn maklike keuse.
Ons wou graag ʼn interessante venue gehad het vir ons troue. En ons moes bietjie meer self werskaf aangesien dit nie ʼn trou venue is nie, maar dit was die moeite werd en ons is so bly ons het daar getrou. Ons het ons trou foto’s geneem in die gebou self tussen die boeke, op die dak en in die Kompanjiestuin.
Gunsteling Diensverskaffers:
Dit is moeilik om te kies! Ons het twee gunsteling diensverskaffers gehad – Hanru Marais, ons fotograaf, en Matt Hoepner van The Flying Pan, ons spysenier. Ons kan albei diensverskaffers hoogs aanbeveel! Hanru was ʼn ongelooflike fotograaf.
Ons foto’s is ʼn droom, ons kan nie genoeg daarna kyk nie! Dit was regtig ʼn fantastiese ervaring om saam met Hanru te kon werk. Ons is so bly ons het hom gevind. Hanru was ook ongelooflik professioneel met voortreflike diens. Ons het minder as 5 dae gewag voor ons ʼn voorsmakie kon kry. Wat ʼn plesier om Hanru as fotograaf te kon hê.
Die spyseniering was uit ʼn ander wêreld! Ons wou nie ‘standaard vleis en rys’ hê nie, en het ʼn Asiatiese spyskaart gekies, met “potstickers” “wok boxes”, “summer rolls”, kerries en soveel meer!
Ons het ook navraag gedoen oor elke gas se kos behoeftes (byvoorbeeld vegetariër, veghaan, enige allergieë) en Matt het elkeen van ons gaste akkommodeer. Marissa het ook self suiwel- en skulpvis allergieë, en Matt het die hele spyskaart ontwerp rondom dit, en Marissa kon selfs nagereg eet! Matt en sy span se diens was uitmuntend. Boek hom as jy kan!
Ons gaste kan nou nog nie uitgepraat raak oor ons foto’s en ons spyseniering nie!
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ‘n internet konneksie het en ‘n toestel wat gekonnekteer is tot ‘n aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ‘n rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ‘n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Hanru Marais Photography
- Venue: The Centre For The Book
- Blomme: Bulb Flowers
- Bruidegom-pak: House of Monatic
- Gaste Geskenke: @home + Banks Kitchen Shop
- Grimering + Hare: Nicola Loots Hair & Makeup Artist
- Huwelik kontrak: Curran Attorneys
- Huurdienste: Urban Tonic
- Huweliksbevestiger: Stephen Murray
- Juweliersware: Lorne Handmade Jewellery
- Koördineerder: Hermann Laubscher Creative Events
- Musiek: Mischa Dreamfolk
- Platejoggie: That DJ Guy
- Paartjie se verblyf: AirBnB
- Skoene: Mango South Africa
- Skryfbehoeftes: James Gray
- Strooimeisie-rokke: Superbalist + Poetry
- Trourok: Charlotte Francina Bridal Designs
- Trouring: Browns Jewellers + The Unbreakable Man
- Vervoer: Jaco van der Merwe
- Wittebrood plek: Thailand