Danco & Maritza se stylvolle plaastroue

Danco en Maritza se stylvolle plaastroue was ‘n mengsel van natuur elemente en kleurskakerings.  Ons is mal oor die verskillende elemente wat gebruik was deur die hele troue en hoe mooi dit alles bymekaar gepas het.  Dit is belangrik vir paartjies om te doen waarvan hulle hou.  Die paartjie het ‘n plaastroue gehad met die mooiste sagte trou dekor.  Heeltemal in kontras van mekaar, maar pas soos ‘n perfekte handskoen!

Maritza het beeldskoon gelyk in haar trourok – die detail op haar oop rug en oor die skouers van die rok is prentjie mooi.  Danco het net so deftig gelyk in sy donker pak met die grys das en bruin skoene.

Dan is daar die pragtige en baie stylvolle dekor.  Die mooi rou hout tafels en die groen blom ontwerpe wat hang vanuit die dak trek onmiddellik jou aandag.  Alles vloei so mooi in bymekaar.  Die sagte materiaal op die rou hout tafels en die sagte rose.  Tikseltjies blink van die goue dekor elemente gee die tafel daardie elegante gevoel.

Alhoewel die paartjie nog nie op hul wittebrood was nie, as gevolg van die inperkings van die grendeltydperk, beplan hulle ‘n wittebrood na Thailand binnekort.  Ons weet sommer hulle gaan dit baie geniet.

Rol af om meer te lees oor Danco en Maritza se troudag.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Paartjie se Liefdesreis:


Ons was voorgestel aan mekaar deur vriende.  Ek het van die begin geweet, met hierdie man gaan ek nog trou.  Die verlowing was ongelooflik spesiaal.  Danco het met die hulp van sy familie ʼn romantiese piekniek vir ons op die plaas gereël.  Hy het die middag vir my gesê ons moet gou plaas toe ry om iets te gaan doen, niks uit die normaal nie.  Met ons aankoms was ek so verras gewees. Danco het op een knie gegaan en die ja woord gevra.  Ek kon nie anders nie, Ja moes ek vir die fantastiese man sê.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Die Verlowing Tydperk:


Danco het die 24 April 2020 die ja word gevra. O ns was nog onder grendeltyd weens KOVID-19, maar toe die regulasies verander wat toelaat dat Binnelandse sake weer huwelike kan bevestig het ons besluit ons trou dadelik.

Ons het op die 29 Julie 2020 trou aan mekaar beloof en ons families het die spesiale dag saam ons gedeel.  Op die 5 September 2020 het ons weer ons liefde aan mekaar bevestig voor familie en vriende.  Met behulp van my moeder, my wonderlike skoonma en die trou venue het ons koppe bymekaar gesit en die trou self beplan.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Finansiële Aspekte:


Die begroting was R150 000.00 gewees en met streng KOVID-19 regulasies was ons nie toegelaat om meer as 50 mense by die troue te wees nie. Ons het deur ʼn moeilike tyd gegaan om die gastelys op te trek, dit was ongelooflik moeilik om geliefdes en vriende nie te nooi na ons spesiale dag toe nie.  Gelukkige het ons binne ons begroting gebly en ʼn pragtige, intieme troue gehad.

Advies wat ons baie gekry het, was: “Doen wat julle gelukkig maak en geniet die dag, want as jy weer jou oë uitvee is dit verby.”

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Merkwaardigste Oomblikke:


Daar was soveel verruklike oomblikke gewees, maar drie wat my na aan die hart lê.  Die eerste was toe ek en my pa by die bos kerk instap en afstap na waar Danco vir my wag.  Dan was ek en Danco albei bevoorreg om nog ons oumas en oupa daar te hê wat die dag saam ons kon deel.  Die derde oomblik was toe die fotograaf ons 1ste amptelike gesins foto van ons vier geneem het.  Ek het 2 dogtertjies uit ‘n vorige huwelik.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Die Besluitnemingsproses:


Ek en my skoonma het meeste van die finale besluite geneem.  Memory Fields se bestuur en personeel was ongelooflik behulpsaam en altyd reg gewees met nog ʼn voorstel of alternatiewe plan.  Ek dink Danco het besef hier sal hy moet katvoet loop en die detail vir my en sy ma eerder los.  Die hele dag se beplanning was so mooi uiteengesit gewees.  Die dag het sonder enige groot krisisse af gespeel en sonder die wyse woorde, voorstelle en hulp van my skoonma sou dit nie so goed verloop het nie.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Vermaak:


Na die kerk seremonie was daar die lekkerste verversings voorberei gewees wat ons gaste aan gesmul het terwyl ons foto’s geneem het.  Die platejoggie het gesorg dat die lywe wikkel en Danco se broer, Bernu, wat as seremonie meester opgetree het, het gesorg dat daar gelag word met al sy stories van hul kinder jare.  Verder het en ons baie lekker gekuier en gedans saam met ons familie en vriende.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Spesiale Tradisies:


Ons het geen spesiale of kulturele tradisies anders as die gewone tradisies by die troue gevolg nie, maar wat ons dominee, Arina wel gedoen het was om my twee dogters soveel moontlik te betrek by die kerk seremonie en ons huweliksbevestiging.  Dit was besonders spesiaal en simbolies.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:


Ons sal niks wil verander nie, die mooi lê juis in die nie-perfekte oomblikke.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Ons het nog nie met wittebrood gegaan nie.  Siende dat ons nog tans op vlak 1 is van die grendel staat wat nie internasionale reise tans toelaat nie, het ons besluit om ons wittebrood so bietjie uit te stel.  Ons beplanning is om in Maart 2021, Thailand toe te gaan.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Venue & Dekor:


Ons wou graag iets natuurlik en gemaklik gehad het.  Memory Fields het presies die gevoel gehad waarna ons gesoek het, buiten dat die bos kerk wat op die oewer van die Oranje rivier is en die mooiste uitsig bied is die onthaal saal en die tuine ongelooflik mooi.

Daar is ʼn sprokiesagtige atmosfeer wat by Memory Fields teenwoordig is.  Memory fields het vir ons daardie natuurlike elemente waarna ons opsoek was aangebied.  Mens ervaar ʼn rustigheid daar en dit is baie intiem. Memory Fields is modern, maar ook oud modies wat perfek by ons gepas het.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Paartjie se styl:


Ek hou van natuurlike elemente met ʼn spatsel blinkgoed en kleur – Simplisties, elegant, natuurlik maar stylvol.

Dus sal ek ons styl beskryf as natuurlik, modieus, elegant met ʼn bietjie “blink”.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons sal definitief Memory Fields aan beveel vir enige paartjie.  Vanaf die kennis maak met bestuur, die beplanning, die kerk seremonie, die onthaal en nie te praat van die heerlike kos wat hulle bedien het nie was hulle diens uitstekend.

Ons het gebruik gemaak van Reflective Photography in Kimberley.  Sy het die mees verruklikste foto’s geneem en regtig “ons” vas gevang.  Sy is uiters professioneel en haar werk is van ʼn baie hoë gehalte.

Die Platejoggie, Liquid Ice het hom werklik goed van sy taak gekwyt.  Hy het gesorg dat die dansvloer weinig leeg was.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

Eerste Dans:


Sjoe, ja ons eerste dans saam as man en vrou was baie spesiaal.  Ons het die dansbaan ge-open met die liedjie “Ons word een” van Juan Boucher.  Die woorde het so ʼn mooi betekenis vir ons gehad.  Ons het vonkel-stokkies vir ons gaste gegee wat hulle aangesteek het terwyl ons, ons eerste dans saam gehad het.  Dit was net ons in daardie oomblik in tyd gewees.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:


KOVID-19 het ʼn merkwaardige impak op ons beplanning gehad, maar ons was hoopvol gewees en ons het geweet als sal presies uit werk soos dit moet.  Ons troue was pragtig en ʼn groot sukses en ten spyte van struikelblokke het ons net sterker as ʼn paartjie, gesin en familie ander kant uitgekom.

stylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastrouestylvolle plaastroue

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]