Beyers & Melissa se stedelike verlowing

Beyers en Melissa se stedelike verlowing fotosessie is prentjie mooi.  Ons by Mooi Troues is opgewonde om die verlowing fotosessie met ons lesers te kan deel..  Ons is mal oor stedelike gebiede en hoe mooi romantiese fotosessie in die spasies lyk.  So as jy ʼn stedelike verlowing beplan, dan is jy op die regte plek.  Melissa en Beyers se spontane stedelike verlowing fotosessie sal jou onmiddellik laat glimlag.

Paartjies wonder altyd of hulle ʼn verlowing fotosessie moet boek of nie.  Dit is ʼn uiterste belangrike deel van jou troudag.  Een van die hoof redes hoekom ʼn verlowing fotosessie belangrik is, is dat die paartjie meer gemaklik voel op hul troudag.  Dit gee jou die kans om saam met jou fotograaf te werk voor julle troudag.  As jy nie gemaklik voel voor die kamera nie, moet jy dit ʼn prioriteit maak om ʼn verlowing fotosessie te boek.

Dan is daar ook baie ander redes vir verlowing fotosessies.  Byvoorbeeld Beyers en Melissa sin was om foto’s te kry vir hul trou webtuiste te gebruik.  So ʼn oulike idee.  Dit gee daardie persoonlike element tot jou trou webtuiste.

Is jy verloof?  Besoek Mooi Troues se Trougids vir professionele en betroubare diensverskaffers vir jou troue.  Tot en met dan, geniet Melissa en Beyers se  stedelike verlowing fotosessie hieronder.  Rol af om meer te lees oor die paartjie se liefdesreis.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:


ʼn Vriend van beide van ons het my nommer vir Beyers gegee.  Omdat hy probeer het om ‘match-maker’ te speel (wat hy baie goed reggekry het).  Ek en Beyers het ʼn lang ruk slegs gesels op WhatsApp.

Tot ek eendag in Bloemfontein iets gaan doen het en besluit het om hom te verras en dit was ook die eerste keer wat ons mekaar fisies ontmoet het.  Ons was daarna na Bob’s Peanut Butter Shack toe en het melkskommel daar gaan drink om te gesels.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

Die groot vraag:


Ons het al die pad van Kimberley na Letsatsi Game Lodge gereis vir die verlowing.  Toe het ons Saterdag, 1 Augustus verloof geraak.  Beyers het besluit om my na Letsatsi Game Lodge te neem omdat dit die naaste plek was waar hy die perfekte uitsig waarna hy gesoek het kon kry.

Die verlowing was ʼn verassing alhoewel ons vrouens altyd iets vermoed omdat ʼn geheim mos nooit van ons gehou kan word nie. Dit was slegs ons 2 gewees aangesien dit ʼn ent van die huis af was. Letsatsi Game Lodge se personeel het als verder reg gekry en gereël.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

Hoekom ons mekaar liefhet:


My gunsteling eienskap van Beyers is:

Hy het soveel geduld het met my en hy weet hoe om my te hanteer in verskeie situasies aangesien ek nogal moeilik kan wees.

My gunsteling eienskap van Melissa is:

Dat sy altyd haarself rondom my is en nooit probeer voorgee nie en dat sy altyd haar beste gee om my te ondersteun in alle opsigte.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

Tydperk voordat die knoop deurgehak word:


3 Maande, ons het besluit om ʼn klein troue te hou op ons plaas en daarom is dit moontlik om dit vinnig te reël.  Ons het die 13de November 2020 getrou.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

Die verloofring:


Ons het na verskillende opsies gekyk en gekyk waarvan hou beide van ons, maar op die ou einde het die finale keuse by Beyers gelê en het hy met die ontwerper gekommunikeer.

My ring het definitief nie gelyk soos wat ek ooit gedink het dit sou lyk nie, maar dis definitief meer as wat ek gesoek het.  Louwka Jewellery het my ring ontwerp en Beyers het fantastiese diens ontvang.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

Rede vir die verlowing fotosessie:


Ons het besluit om dit te doen omdat ons dit op ons trou webwerf gebruik het vir die uitnodigings.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :


Die tydperk wat ons wel verloof is, is baie kort.  Daarom het ons nie te veel verwagtinge en vrese nie.  My grootste vrees was wel gewees of ek betyds ʼn rok gaan kry en of iemand my so vinnig sal kan help, maar gelukkig het ek my rok reeds gekry.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

Visie vir droomtroue:


Beyers wou nog altyd ʼn buite troue gehad het en beide van ons is mal oor ‘feetjie liggies’.  Ons gaan met ons naaste familie en vriende op ons plaas in die buite lug ʼn romantiese effek skep deur die onthaal te skep met ‘feetjie liggies’ reg rondom die onthaalarea en ook die res van ons idees te inkorporeer in die seremonie en vingerhappies area.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

KOVID 19 se uitwerking op jul trou reëlings:


Dit het beslis ʼn effek gehad, maar definitief in ʼn positiewe manier.  Ons het beplan om September 2021 te trou, maar toe meeste mense klein en intiem begin trou het, het dit definitief ʼn uitwerking gehad op ons.

Sodat mens nie nodig het om ʼn groot troue te hou nie en het daarom besluit om dit te vervroeg na November 2020 te verander.  Omdat die omstandighede dit toelaat en omdat ons so gou as moontlik lewe as ʼn getroude paartjie wil begin.

stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing stedelike verlowing

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]