Ons deel met ons lojale lesers Shane en Belinda se pret verlowing fotosessie. Die grendeltydperk het bietjie gebots met Shane se planne om vir Belinda te vra om met hom te trou, tog het dit nie vir hom gekeer en het hy โn alternatief beplan. Met hul van familie en vriende was die dag van hul verlowing super spesiaal.
Belinda het ingeskryf vir hul fotograaf se kompetisie om โn verlowing fotosessie te wen. Nou wel, baie geluk aan die paartjie wat toe die verlowing fotosessie gewen het wat ons nou met julle deel. Alhoewel dit hul eerste fotosessie saam was, kan ons sien in die foto hoe dit paartjie hul self geniet.
Mooi Troues se lesers wat opsoek is na inspirasie vir hul verlowing fotosessie, kan gerus hier klik om na honderde verlowing fotosessie te gaan kyk.
Rol af en geniet die pret verlowing fotosessie van Shane en Belinda.
Die paadjie wat gelei het tot die verlowing:
Ons het ontmoet op โn familie-vriende se plaas, waar ons smoor verlief geraak het op mekaar. Ons het ons ander helfte in mekaar gevind op daai dag.
Shane het โn hele romantiese verlowing beplan, en toe gebeur die โgrendel-tydperk. Dit het hom nie gestop om dit steeds spesiaal te maak nie. Op ons 5 jaar herdenking, op die 9de Mei, het hy my gevra om sy vrou te wees.
Dit was werklik die heel beste dag van my lewe, want ek kan nie my lewe sonder hom indink nie.
Die groot vraag:
Ek het geen idee gehad wat Shane beplan het nie! Dit was die grootste verassing ooit.
Ons naaste vriende en familie het alles op gestel in die tuin. Daar was โn gazebo op geslaan, wat met klein liggies versier is, en โn groot teken wat se โWill you marry meโ. Op die grond was daar โn groot hartjie met pink rose gemaak. Dit het alles soos die beste droom gevoel, soos โn sprokies verhaal.
Hoekom ons mekaar liefhet:
Belinda
My gunsteling eienskappe van Shane, is sy sin vir humor en sy hart van goud. Hy is so โn mooi mens, binne en buite. Hy het so baie respek vir sy mede mense, en help graag ander in nood. Oral waar hy gaan, is mense mal oor hom. Hy is definitief โthe life of the party. In my oรซ, is hy net perfek!
Shane
Ek is mal oor Belinda se vriendelike en sagte hart, en dat sy altyd daar is vir ander mense. Haar liefde vir die kleinste dinge in lewe en die goeie manier wat sy ander hanteer is vir my ongelooflik. Ons kan enige plek in die wรชreld gaan, en ek sal veraltyd net oรซ hรช vir haar, a.g.v. haar beeldskoonheid.
Tydperk voordat die knoop deurgehak word:
As ons mรดre al kon trou, sou ons beslis so gemaak het. Maar ons wil so graag โn mooi troue hรช, waarna ons kan terug kyk oor 40 jaar se tyd. Ons is tans besig om te spaar om ons droom troue waar te maak, en hoop om genoeg gespaar te kry om ons troue teen 2022 te hรช.
Die verloofring:
As gevolg van die grendel-tydperk, kon Shane nie die ring gaan koop wat hy in gedagte gehad het nie.
Sodra die juwele winkels oop gemaak het, het ons saam gaan kyk na ringe, waar ons albei smoor verlief geraak het op โn fyn saffier ring.
Rede vir die verlowing fotosessie:
Smoldering Photography het โn kompetisie aan die gang gehad vir โn verlowings sessie te wen was. Ek het gedink dit sal so mooi wees om so ietsie te wen, om ons spesiale mylpaal vas te vang. Ons was toe die baie gelukkige wenners gewees.
Dit was ook ons heel eerste fotosessie ooit, en sy het alles so natuurlik en pret gemaak. Een van die beste fotograwe ooit.
Ons sal die fotos gebruik in ons huis en ook vir ons uitnodigings.
Inspirasie agter die verlowing fotosessie:
Ons wou graag โn rustiek/in die natuur tipe fotosessie gehad het, en Wonderboom Natuurreservaat het albei aspekte gehad.
Wat dit vir ons onvergeetlik gemaak het, was dat ons net onself kon gewees het, en net pret gehad het deur die hele fotosessie.
Verwagtinge en vrese vir die verlowing tydperk :
Ons verwagtinge is om genoeg geld te spaar vir ons Groot dag, om alles โn moontlikheid te maak. Ons het alles mooi uit beplan, en uitgelรช wat moet elke maand gedoen moet word, om alles op tyd gereed te hรช. Ek doen so veel moontlik op my eie, om geld te spaar waar ookal ons kan. Ek gaan self al ons blomme doen, al die macramรฉ maak, en self ons gaste geskenkies maak.
Visie vir droomtroue:
Ons droom troue moet โn boho gevoel hรช. Die seremonie en onthaal moet albei buite in die woud plaasvind. Daar moet liggies en macramรฉ oral hang. Die kleur skema sal definitief salie en goud wees. Ek het die perfekte prentjie in my kop, en kan nie wag om ons troue in werklikheid te stel.
- Fotograaf: Smoldering Photography
- Fotosessie Venue: Wonderboom Natuurreservaat
- Verloofring: American Swiss