Nikus en Suzaan se oulike selfdoen troue was ʼn prentjie mooi gesellige makietie saam met hul familie en vriende. Hierdie paartjie se mooi troue sal vir jou tonne inspirasie bied – veral as jy ʼn selfdoen troue beplan. Ons is mal oor al die verskillende elemente van Suzaan en Nikus se moderne troue in Clarens.
Nikus het dapper gelyk is sy steenkool-kleur pak. Suzaan het beeldskoon gelyk in haar elegante trourok met soveel mooi detail op. Al die strooimeisies het die mooiste vloeiende groen rokke gedra, wat so mooi ingepas het by die strooijonkers se pakke en tan kleur skoene.
Clarens is ʼn prentjie mooi area in die Vrystaat, omring deur die mooiste berge. Ons is so bly om te sien die paartjie het dit so mooi inkorporeer by hul troudag. Die kontras ontwerp tussen droë blomme, asook vars blomme werk so mooi saam. Jy het nogsteeds daardie plaas gevoel, maar met moderne elemente. Mooi Troues se lesers sal inspirasie hier uit kan baat.
As jy ʼn selfdoen troue beplan is dit belangrik dat jy diensverskaffers het wat jy kan vertrou. By Mooi Troues het ons ʼn fantastiese trougids met van Suid-Afrika se oulikste diensverskaffers. Loer gerus na ons Trougids vir al jou diensverskaffers.
Geniet Nikus en Suzaan se oulike selfdoen troue hieronder.
Paartjie se Liefdesreis:
Na ʼn paar vlugtige ontmoetings op universiteit, bevind ons, onsself as twee jong ingenieurs in Secunda. ʼn Plek met heelwat jongmense en nie veel om te doen nie. Ons vriende groep gaan dus gereeld op groep-vakansies. Tydens so vakansies, by ʼn sjampanje fees in Franschhoek, het ons mekaar vir die eerste keer werklik raakgesien en was toe nooit weer net vriende nie.
Nikus wou aanvanklik my vra om te trou tydens ons Europese reis, maar het toe besluit om dit eerder vooraf te doen. ʼn Sjef het vir ons, ons eie Europese styl ete voorberei en hy het my so die ja-woord gevra.
Die Verlowing Tydperk:
Ek en Suzaan was 9 maande verloof. Ons het nie ʼn troubeplanner gehad nie en het self alles beplan. Die venue het wel ʼn trou koördineerder gehad, wat seker gemaak het dat alles op ons troudag glad verloop het.
Finansiële Aspekte:
Ons begroting was ±R200 000 en ons het 118 gaste gehad.
Ons het vooraf besluit wat vir ons die belangrikste is. Dus was daar sekere verskaffers waarop ons nie wou kompromie nie. En moes ons bereid wees om minder te spandeer op ander aspekte om steeds binne ons begroting te bly.
ʼn Maklike geld spaar wenk – as jy iets self kan doen of iemand ken wat dit vir jou kan doen, maak daarvan gebruik. Ek het self ons trou skryfbehoeftes gemaak. Ons gaste geskenkies was spek boompies wat ons self van stiggies af gegroei het. My ma het my strooimeisies se japonne gemaak en ons ma’s het die nagereg ook self gemaak.
Merkwaardigste Oomblikke:
Dis vir my moeilik om net een oomblik te kies, want die hele dag was merkwaardig. Die oggend toe ek wakker word en besef vandag is die dag dat ek met die liefde van my lewe trou was ongelooflik. Toe ek in die kerk afstap en Nikus daar sien staan en emosioneel raak was ook ʼn baie spesiale oomblik.
Vir Nikus was die merkwaardigste oomblik toe ek in die kerk afstap en hy my vir die eerste keer in my trourok gesien het en die realiteit vir hom ingesink het dat ek sy vrou gaan word.
Paartjie se styl:
Ek het nie ʼn spesifieke trourok ingedagte gehad nie, maar wel ʼn paar idees van wat ek nie soek nie. Ek het rokke gaan pas en soos ek meer gepas het, het ek agtergekom ek soek ʼn noupassende rok met baie kant detail.
Ons wou graag vir Nikus ʼn steenkool kleurige pak kry en ek het my hart gehad op ʼn blomme das.
Ek wou ʼn eenvoudige en elegante ring gehad het. My verloofring is ʼn solitaire-tipe met ʼn ovaal diamant en my troupand het fyn ronde diamantjies. Nikus se trouring was sy oupa se goue ring, waarvan ons ʼn gedeelte met witgoud gevul het.
Die ʼnie-so-perfek’ oomblikke:
Daar is niks wat ek sou wou verander op ons troudag nie. Die enigste aspek wat skeefgeloop het, as mens dit so kan stel, is dat sommige Covid-19 beperkings die week voor ons troue ingestel is.
Ek is iemand wat alles fyn beplan en het gedink die week voor die troue sal glad verloop, want alles was in plek, maar ʼn pandemie wat ons troue tref, was nie deel van die beplanning nie.
Daar was baie trane en kere wat die troue amper uitgestel moes word, maar met baie genade en ʼn ongelooflike venue wat ons baie te gemoed gekom het, was alles steeds perfek.
Die Besluitnemingsproses:
Oor die algemeen het bruide vooraf ʼn prentjie in hul kop oor hul troudag en die bruidegom gee gewoonlik nie te veel om oor die fyner details nie.
Ek het nooit besluite geneem sonder om eers met my verloofde daaroor te gesels nie, maar hy het meeste van die besluite aan my oorgelaat en my daarin ge ondersteun. Ek het vir hom ʼn paar takies gegee om hom te betrek en deel van die proses te laat voel.
So het ek al my idees met my ma, skoonma en vriendinne gedeel en hulle het raad gegee en prentjies gedeel vir inspirasie, maar uiteindelik het ons die finale besluite gemaak.
Spesiale Tradisies:
Dalk nie ʼn tradisie nie, maar beslis iets wat ons troue anders gemaak het en wat ons nie sommer sal vergeet nie; weens die Covid-19 regulasies was daar ʼn afsnytyd op drankverkope en ons gevolg het toe ʼn plan daar rondom gemaak.
Die gastehuis waar ons geslaap het, was langs die onthaalsaal en hulle het ʼn geheime tequila bar in die kombuis gemaak. Deur die loop van die aand het ons en amper al die gaste, van jonk tot oud, daar ʼn draai gaan maak, “shots” gedrink en die partytjie was een vir die boeke, amper iets soos die laaste groot hoera voor grendeltydperk.
Venue & Dekor:
Nikus en ek albei is oorspronklik van Gauteng en daarom wou ons iewers anders trou as die tipiese Gauteng venues. Ons wou graag op ʼn mooi plek trou en daarom het ons besluit op Clarens met sy prentjie mooi berge.
Ek en Nikus het na ʼn paar venues daar gaan kyk en elkeen was mooi op sy eie manier, maar ons het net van die gevoel gehou van die venue waarop ons toe besluit het.
Ons dekor was meestal roosgoud geometriese items, wat ek maar op ander mense se trou foto’s en Pinterest prentjies gesien het.
Eerste Dans:
Ek en Nikus het ʼn eerste dans gehad en was vir danslesse om ons met die choreografie te help. Ons liedjie waarop ons gedans het was “Walking the Wire” van Imagine Dragons.
Albei van ons het die liedjie gekies omdat die woorde was vir ons verskriklik mooi en gepas was en terselfdertyd het die liedjie ook ʼn lekker, lewendige ritme. Ons wou spesifiek ʼn vrolike liedjie gehad het, sodat dit voel asof ons, ons liefde vier eerder as huil daaroor.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Dames
Almal se dit, maar ek belowe dit is so waar. Neem soveel moontlik in op jou troudag, want dit gaan ongelooflik vinnig verby. Maak die meeste van die aand en geniet dit net.
Moenie jouself bekommer oor jou gaste of die hele aand spandeer om met elke verlangse tannie te gesels nie, want voor jy jou oë uitvee is dit verby.
Manne
Aanvaar maar net van die begin af jy het nie regtig ʼn se nie, want sy het eintlik klaar besluit wat sy wil hê. Wees maar net daar vir jou bruid as sy wil praat of stres oor troureëlings.
Wittebrood:
Ons sou Zanzibar toe gegaan het, maar dis ongelukkig uitgestel weens Covid-19.
Ons albei is baie lief vir reis en probeer elke jaar iewers heen reis, maar dit is gewoonlik nie ʼn rus vakansie nie, want mens voel jy moet heeltyd vroeg opstaan en dinge sien en doen. Daarom het ons gevoel na ons troue wil ons ʼn vakansie hê waar ons net op ʼn eiland kan lê, ontspan en mekaar geniet.
- Trourok: Timeless Bridal Couture
- Strooimeisie-rokke: Hoiden Bridesmaids
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.
Is jy ʼn diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.
Artikel Diensverskaffers:
- Fotograaf: Storytelling by Shanay Greene
- Blomme: Zinkhuis
- Bruidegom-pak: Sedgars
- Bruidegom-das: Coffeeties & Co
- Dekor: Multistyl Trou en Funksie Dekor
- Gaste Geskenke: Selfgemaak
- Grimering: Niins Heakth and Skin Care Clinic
- Hare: Genesis Hair Design
- Huweliksbevestiger: Ds. Nico van Zyl
- Oorbelle en haarstuk: Kathleen Barry Bespoke Occasion Accessories
- Trouring: Browns
- Troukoek: Hester Dietrichsen
- Koördineerder: Pam Subke (St. Fort Venue)
- Platejoggie: White Feather Productions
- Skoene: Cotton On
- Skryfbehoeftes: Selfgemaak
- Venue: St. Fort Wedding Venue
- Paartjie se verblyf: St. Fort Wedding Venue
- Videograaf: Volk en Vlieër
- Huwelik kontrak: Jordaan & Coetzer Attorneys
- Wittebrood plek: AfricaStay