Manie & Elizbé se plaasbruilof in Kuruman

Manie en Elizbé se plaasbruilof is een wat jy nie moet mis nie.  Met ʼn begroting van R 75 000 vir 70 gaste wys die paartjie vir jou wat gedoen kan word.  Hoe jy ʼn heerlike makietie kan hê wat almal sal geniet.  Die paartjie het om ʼn Kalahari-tema gewerk vir hul troue en alles het so mooi gelyk bymekaar.  Ons is gaande oor die buite seremonie onder ʼn groot boom, omring deur slegs die natuur elemente.   Dit is prentjie mooi.

Elizbé en Manie se trou dekor en kleurskakerings wat eenvoudig en het bestaan uit Marsala en donker groen elemente.  Die dekor elemente was vetplante en Marsala kleur blomme.   Alles het so mooi ingepas by die skakerings van oranje van die omgewing waarin hul getrou het soos die sand asook die rou baksteen van die venue.

Al die verskillende elemente het so mooi bymekaar gekom.  Van die strooimeisie rokke tot Elizbé se pragtige trourok en Manie se troupak.  Die groen landelike tonele as agtergrond het jou weggeneem na ʼn ander wêreld.

As jy opsoek na fantastiese diensverskaffers vir jou troudag, besoek Mooi Troues se Trougids.  Geniet die paartjie se troue hieronder en lees meer oor hul liefdesverhaal.

bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready

Paartjie se Liefdesreis:


Ons was genooi na ʼn braai toe deer gemeenskaplike vriende.  Elizbé en ek het mekaar ʼn paar dae later op sportgronde raak geloop en toe was daar ʼn paar koffie afsprake daar na.

Hy het my gevra om te trou op dieselfde piekniek plek waar ons eerste afspraak was, in ʼn wildkamp langs ʼn dam op vriende se plaas.  Hy het gesê ons gaan daar teiken skiet ter selfde tyd was vriende van hom besig om ʼn verlowings piekniek op te stel.  Ek het dit glad nie verwag nie en dit was baie romanties.

bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready bride getting ready

Die Verlowing Tydperk:


Ons was verloof vir 4 maande.   Ek en Elizbé het nie ʼn trou beplanner gehad nie, net wonderlike ma’s en vriende.

groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos

Merkwaardigste Oomblikke:


Manie:

Toe ek my pragtige vrou in haar wit rok sien aankom op die tapyt en ek besef dit is nou sulke tyd.

Elizbé:

dit mag dalk vreemd klink, maar toe ons mag soen.  Dis asof die wêreld in daai oomblik stil geraak het en dit was net ons voor God.  Ek het geweet al die stres en gejaag was verby en nou kon ons net leef.

open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big treeopen air wedding chapel under a big treeopen air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree open air wedding chapel under a big tree

Finansiële Aspekte:


Die begroting was R75 000.  Ons het ons troue so eenvoudig as moontlik probeer hou.  Ek en Elizbé het net die gaste genooi met wie ons gereeld kontak het.  Van die blomme het ons self voorsien.  Van die dekor het ek geleen by ons pastoor se vrou wat dekor uit huur.

Daar was 70 gaste.  Hou dit eenvoudig.  Moet nie onnodig mense nooi wat nie inswaai in jou huwelik gaan hê nie.  Beplan deeglik en bespaar waar moontlik.  Dis die klein goedjies wat op die ou einde wat baie kos.

Bride and groom with bridal party Bride and groom with bridal party Bride and groom with bridal party Bride and groom with bridal party Bride and groom with bridal party

Die Besluitnemingsproses:


Die bruid en haar familie het die meeste seggenskap gehad rondom die troue aangesien die skoon familie 700km van daar af woon.

bride and groom wedding photosbride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Bruid:

Mens stres altyd oor die klein goedjies soos tafels, troukoek en die weer, maar dis soos ek se klein goedjies.  Geniet dit net en ontspan. Solank jy mooi lyk en op tyd is is als goed.

Bruidegom:

Geniet elke liewe oomblik en neem alles in want die dag gaan tog so vinnig verby.  En eet genoeg die aand van die onthaal en maak seker jy kry nog ʼn stukkie trou koek.

red ford mustangred ford mustangbride and groom wedding photos bride and groom wedding photos

Die ‘nie-so-perfek’ oomblikke:


Ons het reën gehad toe ons verloof geraak het, so ja dit het seker ons trou dag se lot vas gestel.

Reën is enige bruid se nagmerrie wanneer dit kom by ʼn opelug seremonie.  Die oggend van ons troue was ons verwelkom deer somber wolke en reën.  Een uur die middag het ons son vir die eerste keer gesien en almal by die venue moes spook om als reg te kry.  Ek was baie verlig en dit was ook nie te warm gewees nie.  Op die laaste fotosessie het die hemel weer oop gemaak, maar ons het ʼn pragtige foto gekry met reën as ons agtergrond.  Nie te min het dit die aand se planne ook omgegooi want ons sou open met ʼn dans, maar die baan was sop nat.  Ons seremonie meester moes daar op sy voete dink.

Die oumense het altyd gesê indien dit reën op jou troue is jou huwelik geseën en daarom sou ek nie ʼn oomblik wou verander nie.

bride and groom wedding photos v bride and groom wedding photos bride and groom wedding photos

Venue & Dekor:


Ons was tradisioneel in terme van vrou trou uit die ouers se huis uit.  My ouers woon in Kuruman dus het ons in die omgewing gekyk na venues.  Kuruman is geleë in die Kalahari wat ons inspirasie agter die dekor was.

kalahari plaas troue kalahari plaas troue kalahari plaas troue kalahari plaas troue kalahari plaas troue kalahari plaas troue kalahari plaas trouekalahari plaas troue kalahari plaas troue wedding cake

Wittebrood:


Ons was met ons Wittebrood na Port Alfred toe.  Ons het van O.R. Tambo af gevlieg na Port Elizabeth en van daar af met ʼn huurmotor Port Alfred toe gery.  Dit was beide ons al twee se eerste keer in ʼn vliegtuig.  Dit was die bruid se eerste keer wat sy ʼn olifant gesien het in lewende lywe toe ons oppad Port Alfred toe Addo Elephant Park besoek het.  Ek (Bruidegom) het besluit op die bestemming omdat ons nog nie daardie deel van die wêreld besoek het nie en om soveel as moontlike eerste ervarings saam te deel.

wedding celebrationswedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations wedding celebrations

[section=Klik hier vir diensverskaffers]

[endsection]