Ons deel met ons lesers Drian en Monique se stylvolle troue by ‘n prentjie mooi moderne plaas in Stellenbosch. Hierdie paartjie se troue het soveel pragtige elemente gehad. Van die bruidspaar wat vir ‘n klassieke voorkoms gegaan het tot hul tydlose trou dekor.
Die fantastiese trou koördineerder span van Trunk Events het hierdie paartjie se droom troue laat bewaarheid. Weens KOVID-19 moes die paartjie hul troue vier keer uitstel! As jy ‘n fantastiese trou koördineerder het soos Trunk Events sal jy ‘n stresvrye troudag hê. Dit is julle spesiale dag en julle moet dit ten volle geniet. As jy te besig is om jou eie troue te beplan of net ‘n professionele koördineerder wil huur. Kontak gerus Trunk Events vir ‘n kwotasie. Jy sal nie spyt wees nie.
Monique het asemrowend gelyk in haar mooi trourok. Ons is verlief op haar lang sluier en die detail op haar trourok se skouers. Spierwit orgideë speel ‘n groot rol by die paartjie se troudag. Dit kan gesien word van Monique se ruiker tot in die dekor van die paartjie se trou lokaal.
Donker kleurskakerings is die basis kleurskema van die dekor. Gemeng met tiksels groen elemente en brons. Dit werk so mooi saam en alles word bymekaar getrek. Die spierwit orgideë trek onmiddellik jou aandag en is ‘n kontras van die res van die dekor – iets wat altyd baie goed werk!
Rolf af om meer te lees van die paartjie se liefdesreis en hul interessante tydlyn met baie veranderinge om hul troudag te beplan.
Paartjie se Liefdesreis:
Dit was 21 Maart 2016. Drian was op vakansie by hulle strandhuis in Langebaan waar Monique gewoon het. Monique het brandstof in gegooi by ‘n petrol stasie op pad ma Langebaan, toe ʼn NC bakkie met die mooiste boer agter die stuur langs Monique stil hou en weer ry. Nooit gedink dat ons twee dae later mekaar voor Spar op Langebaan ontmoet deur sy neef David, ʼn dag na ons verjaarsdag.
Ja, ons verjaar op dieselfde dag! Onmiddellik het Drian werk gemaak en haar gaan opsoek op Facebook. Na vele gesprekke het ons mekaar weer twee dae later gesien. Die volgende dag was dit tyd vir Drian om terug te keer plaas toe, maar ʼn dag het twee geword, het drie geword en ʼn week later is Drian eers terug plaas toe. Met Drian se terugkeer plaas toe was dit die begin van ʼn seisoen van BAIE oproepe, boodskappe, verrassings, kuiers en duisende kilometers.
Soos die gesegde sê “ʼn Boer maak ʼn plan”, het Drian plan gemaak om op 27 September 2019 die seisoen van afstand tot ʼn einde te bring deur die Ja woord te vra op Renosterkop, Augrabies.
Die Verlowing Tydperk:
Ons het 27 September 2019 verloof geraak en 23 Maart 2020 ons geloftes aan mekaar afgelê deur die wetlike aspek te finaliseer.
Ons het ‘n trou beplanner gehad – Trunk Events. Hulle is ‘n ongelooflike span en sal hulle beslis aanbeveel. Ons woon in Augrabies, so 900km van die venue af en ons trou beplanners is in die Kaap, wat ons baie gehelp het.
Finansiële Aspekte:
Ons is baie geseënd met betrokke ouers wat ons gehelp betaal het aan ons groot dag. Ons aanvanklike begroting was R350 000 vir 160 gaste. Min het ons geweet wat ʼn troues al kos en hoe die begroting groei met kleinighede! Ek het altyd geweet dat ek net my naaste familie en vriende daar wou hê, maar Drian het ‘n baie groot familie wat ons syfer so hoog gemaak het. Ons het presies 20 gaste onthaal met ons klein en intieme dag.
My advies aan ander paartjies en wat ek besef het, of jy 160 of 16 gaste het, kan dit steeds baie spesiaal en onvergeetlik wees. Foto’s is al wat jy oor het van die dag, so sorg dat julle genoeg begroot daarvoor.
Merkwaardigste Oomblikke:
Monique:
Die dag het uiteindelik aangebreek! Ons droom waarna ons so lank gewag het. Die groot oomblik en onbeskryflike gevoel om na so lang wag, my rok te kan aantrek en soos ‘n prinses te voel. En met daardie gevoel in my hart, my man te nader en wat my asem weggeslaan het met sy aantreklikheid. Die hele dag was vir my merkwaardig, so spesiaal en kosbaar, na al ons uitdagings en teleurstellings.
Drian:
Ek het gedink die dag gaan nooit aanbreek nie. Om ‘n troue 4 keer uit te stel, is verseker nie grappies nie en maak dat mens moed wil verloor. Maar weens omstandighede het ons die beste gemaak van ons droom dag. Aanvanklik sou ons 160 gaste gehad het, maar op die ou end kon ons die dag deurbring met 20 familie en vriende. Ten spyte van alles, was dit die beste besluit. Dit is dalk nie soos ons dit beplan het nie, maar dit leer mens ‘n les in die lewe, om te besef dat ‘n oomblik is so merkwaardig is soos wat jy dit maak. Dit hang van jou af hoe spesiaal die oomblik kan wees en ons oomblik was baie spesiaal en ek sou dit by geen ander plek wou doen as Brenaissance nie.
Die oomblik toe ek in die kapel met my oë toe staan en wag vir my bruid en nie weet wat om te verwag nie. Toe ek uiteindelik my oë kan oopmaak en my vrou voor my sien staan. Die oomblik van angs, liefde, geduld, goedhartigheid en selfbeheersing was onvervangbaar en sal ek nooit vergeet nie. Spesiaal is nie die woord nie! Ek is vol en tevrede in my liefde vir haar. Ek jubel en juig oor my vrou!
Die Besluitnemingsproses:
Ek het meer van die finale besluite geneem, alhoewel ek vir Drian in alle sake geken het en sy opinie gevra het want dit is immers ons albei se groot dag. Sy woorde was, dit wat jy kies en doen sal reg wees. My ma het ons geweldig baie gehelp met die proses en beplanning, tesame met Trunk Events se span.
Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:
Ons wittebrood …. Dit lê nog vir ons voor. Weens alle reëls en regulasies vir reisigers, kon ons nog nie die land verlaat vir ons reeds beplande en betaalde wittebrood nie. Ons sal nou eers in 2021 op ons wittebrood kan gaan, omrede dit nou my man se pak seisoen raak op die plaas en hy nie nou kan reis nie. So dit is iets waarna ons nog kan uitsien!
Venue & Dekor:
Van die ontstaan van Brenaissance, het die eienaars se storie my baie na aan die hart gelê met die betekenis van die naam “New Beginnings”. Ek het geweet dit is waar ek eendag wil trou. Met mens se droomdag is dit die eerste dag van ‘n nuwe seisoen in julle lewe saam. Die hele prentjie van die venue voltooi ons sprokies dag met soveel simboliek agter die nuwe groei aan die wingerdstokke, bloeisels aan die vrugte bome en die betekenis agter die naam van die venue.
Stylvol, elegant en eenvoudigheid. Die venue self het soveel mooi en immergroen rondom, dat min nodig is om dit wow te maak. Wit, swart en groen was die kleurskema met glas en goud vir elegansie.
KOVID 19 se uitwerking op jul troudag:
Ons droom troue was in alle fasette beplan en in plek om op ons datum van 4 April 2020 te kan plaasvind. Op 15 Maart 2020 word aangekondig dat Suid-Afrika as ‘n ramp gebied weens KOVID-19 verklaar word. Steeds was daar hoop dat ons troue sal kan voortgaan met die verminderde getal van 100 gaste, maar op 23 Maart 2020 word daar deur ons President ‘n nasionale grendel tyd vanaf 26 Maart tot 16 April 2020 aangekondig.
Toe staan ons voor ‘n groot keuse oor wat om te doen, want ons besef ons kan nie voortgaan nie. Ons het toe besluit om op 23 Maart 2020, die dag na ons verjaarsdag, die wetlike aspek te finaliseer. Ons het ons bruilofsfees uitgestel na 5 September 2020. Soos wat ons die datum begin nader het, was daar nog geen sekerheid of duidelikheid rakende byeenkomste en troues se reëls en regulasies nie, waarna ons toe die datum weer uitstel na 19 September 2020.
Positief getoets vir KOVID-19:
Alles was gereed en in orde, tot ons 10 dae voor die datum positief toets vir KOVID-19. Met groot teleurstelling en moedeloosheid moet ons die besluit neem, stel ons weer uit of kanselleer ons alles. Boonop raak dit druk tyd vir Drian om weg te gaan van die plaas af met voorbereiding van ‘n oes wat voorlê. So dit laat ons met een datum oor … 26 September 2020. Ons het toe die besluit gemaak om iets klein en intiemes te hou op 26 September 2020 (1 jaar na ons verlowing), om alle kostes wat reeds betaal is, te kan dek en nie alles te verloor nie en steeds mooi herinneringe deur foto’s te kan koester.
- Koördineerder: Trunk Events
[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]
- Fotograaf + Videograaf: Kilig Photo
- Venue + Verblyf: Brenaissance Wine & Stud Estate
- Blomme + Dekor: Sitting Pretty
- Bruidegom-pak + Strooijonkers bykomstighede: POLO
- Grimering + Hare: Delightful You
- Huweliksbevestiger: Ds Fanie Schoeman
- Juweliersware: Lovisa
- Musiek: Jandré Spangenberg
- Skryfbehoeftes: Sulit Design
- Strooimeisie-rokke: Annelie Designs
- Trourok: Didi Couture
- Trouring: Franchan Diamonds
- Troukoek: Le Petit Four
- Wittebrood plek: Mauritius