Rikus & Annari se bruilofsfees in Gansbaai

Hier by Mooi Troues deel ons Rikus en Annari se bruilofsfees in Gansbaai met die donker kleurpalet wat regtig prentjie mooi is met ons lesers. Die paartjie se donker kleurpalet gee hul troue ʼn romantiese gevoel en pas so mooi in by die omgewing waarin hul getrou het.  Om aan te vul tot die kleur skakerings wat gebruik was die troue. is die pragtige blom ontwerpe.  ʼn Mengsel van uitgedroogde blom elemente en die  mooiste vars blomme.  Skakerings van bruine, oranje, rooie en vuil pienk sal jou wegneem na ʼn ander wêreld.

Annari se pragtige trourok met soveel detail, het perfek gepas by Rikus so wynrooi troupak.  Dan is daar die baie mooi hand-ryker wat onmiddellik jou aandag trek.

Vinger happies was onder die bome bedien op die groen grasperke van die venue.  Die venue self is ʼn pragtige hout gebou wat so mooi ingepas het by die gevoel van hulle troue.  Dit te same met die bebosde landskappe om die venue is ʼn wen kombinasie.

Mooi Troues se trougids het fantastiese diensverskaffers vir jou spesiale dag.  As jy opsoek is na diensverskaffers wat jy kan vertrou om jou troue ʼn stres vrye dag te maak, besoek ons trougids vandag.  Lees ook meer oor die paartjie se advies vir ander verloofde paartjies.  Hulle het ʼn hele paar goeie advies gegee.  Geniet Rikus en Annari se mooi troue hieronder.

bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos

Paartjie se Liefdesreis:


Ons het mekaar in Maart 2015 in Stellenbosch tydens ʼn vergadering by ons fakulteit ontmoet.  Ons het deur die loop van daardie jaar saam aan gemeenskapsprojekte gewerk en dit is waar ons vriendskap, en toe liefde, begin blom het.

Rikus het my op my verjaarsdag (ook in Maart) in 2019 gevra om te trou.  Ons het die oggend saam met my ouers (en ons hond!) ʼn koppie in Simonstad gaan uitklim.  Dit was my verjaarsdagwens: om die oggend met een van ons gunsteling uitsigte te begin.  Soos ons na bo gestap het het dit mistig begin word en liggies begin reën.  Ek het nog vir hulle gesê dat ons maar kan omdraai en huis toe gaan, maar Rikus was vasbeslote om tot bo te klim.

Toe ons bo kom het hy my op ʼn klip laat staan (ek het gedink hy wou ʼn foto neem) en toe ek omdraai staan hy met ʼn brief wat hy vir my geskryf het in sy hand.  My ouers het ʼn video geneem en het die gelukkige oomblik van ja-sê en al die trane so mooi vasgevang!  Geen grimering, in oefen klere.  Dit was perfek!

bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos bride getting ready photos

Die Verlowing Tydperk:


Ons was ʼn jaar verloof en het in Maart (volledige sirkel!) 2020 getrou.  Ons het nie ʼn troubeplanner gehad nie, ek en Rikus het alles self gereël.  Ingesluit by die venue se pakket was ʼn koördineerder wat op die dag beheer geneem het en seker gemaak het dat alles glad verloop – baie dankbaar vir haar!

groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos groom getting ready photos

Finansiële Aspekte:


Begrotings is ʼn baie persoonlike ding omdat dit van ʼn klomp verskillende dinge afhang.  Ons het die helfte van die bedrag by ons ouers gekry en die ander helfte self gespaar.

Ons was 70 gaste altesaam.

Maniere waarop ons gespaar het:

1. Oor begroot aan die begin – daar is altyd ʼn paar dinge waaraan ʼn mens nie dink nie.

2. Nooi net die mense wat regtig ʼn aktiewe rol in jou lewe speel (tensy jy geen begroting het nie, dan kan jy natuurlik almal wat jy ken, nooi)

3. Is dit nodig om canapés EN voorgereg te hê?  Nie regtig nie.

4. Ons het bv. geen dekor en blomme vir ons seremonie area nodig gehad nie omdat dit reeds so mooi was.

5. Ons naamkaartjies was ook die gaste se geskenkies.

Spaar ʼn bietjie harder as daar iets spesifiek is wat jy baie graag op jou troudag wil hê, maar soek dan weer ander plekke waar jy ʼn bietjie geld kan spaar.  Onthou ook daar is geen reël oor hoe lank mens verloof kan wees voordat jy trou nie.  Indien julle drie jaar nodig het om genoeg geld te spaar vir julle droomdag is dit ook okei!

outdoor tented wedding chapel in Gansbaai outdoor tented wedding chapel in Gansbaai outdoor tented wedding chapel in Gansbaai outdoor tented wedding chapel in Gansbaai outdoor tented wedding chapel in Gansbaai outdoor tented wedding chapel in Gansbaai outdoor tented wedding chapel in Gansbaai outdoor tented wedding chapel in Gansbaai outdoor tented wedding chapel in Gansbaai outdoor tented wedding chapel in Gansbaai Confetti throwing Confetti throwing Confetti throwing Confetti throwing

Merkwaardigste Oomblikke:


Rikus:

Om vir Annari by die paadjie te sien afstap.  Ek het nooit gedink dat ek die liefde van my lewe in hierdie leeftyd sal ontmoet nie.  Ek was baie op my senuwees toe haar strooimeisies inloop, want ek was bang sy kry koue voete.  Veilig om te sê ons is darem getroud en sy was die mooiste bruid op aarde!

Annari:

Die seremonie was my gunsteling oomblik, by verre.  Om vir Rikus aan die onderkant van die paadjie sien wag was ongelooflik oorweldigend en opwindend.  Ons albei was geweldig emosioneel, dit was eintlik baie snaaks!

Ons het ons eie geloftes geskryf en aan mekaar voorgelees.  ʼn Baie egte en eerlike oomblik.

snack table for wedding guests wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai

Die Besluitnemingsproses:


Rikus wou deurgaans betrokke wees, maar met werk en sy meesters was dinge by tye soms lekker dol. Hy het beheer geneem van die platejoggie, die dominee, huwelikskontrak en die kos.  Ek het vir alles anders altyd met twee of drie opsies na hom gegaan en dan het ons saam op die finale een besluit.

Ons vriende was ons klankborde en dit was ook lekker om vriende te hê wat reeds getroud is sodat ʼn mens by hulle raad kan vra.  My Ma was deur die hele proses ons kalmte en die een wat ons voete op die grond gehou het.

wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai

Advies aan toekomstige bruide & bruidegomme:


Moenie té vasgevang raak in die idee van ʼn perfekte troudag nie.  Daar gaan tien teen een goed wees wat skeef loop – dit is die lewe!

Maak seker dat jou en jou man/vrou se harte op ʼn goeie plek is vir ʼn huwelik wat gaan volg.  Die troudag is ʼn feesviering van alles, maar dit is net een dag uit hopelik duisende wat julle twee saam gaan spandeer.   Ons fotograaf het voorgestel dat ons na die seremonie eers vir ʼn rukkie saam met ons gaste kuier voordat ons ons foto’s gaan neem.

Beste besluit!  Maak ook seker dat julle êrens net 10 minute vir julleself steel, die dag vlieg verby!

Vir die dames –

Om ʼn troue te reël is lekker en dit is ʼn ongelooflike voorreg!

Moet nie vasgevang raak in onbenullighede nie. Hou dit eenvoudig, kies die dinge wat vir julle mooi is en beplan die dag om by julle persoonlikhede te pas. Julle dag, julle besluite!

Vir die mans –

Probeer deel wees van die beplanning, al is dit dalk nie iets wat jou regtig interesseer nie.

Kyk gereeld in op jou verloofde en bied jou hulp aan (al weet jy dalk dat sy nie regtig jou hulp wil hê nie). Dit is regtig die idee wat tel!

wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai wedding photos at De Uijlenes in gansbaai

Venue & Dekor:


Ons het vier venues gehad waarna ons wou gaan kyk.  Die eerste een waarna ons gaan kyk het was De Uijlenes in Gansbaai.  Toe ons na die tyd in die motor klim het ons vir mekaar gekyk en uitgebars van die lag.

Dink ons het albei geweet dit is hier waar ons gaan trou en die opgewondenheid was groot!  Die inspirasie vir die troue se kleure, blomme en dekor het by ʼn trou ruiker begin wat vir my vreeslik mooi was en vandaar het ons begin dink aan verskillende herfskleure, baie kerse, liggies en teksture wat by die warm en romantiese atmosfeer van die venue pas.

Om eerlik te wees het ek nie ʼn finale prentjie in my kop gehad nie en het basies vir Christien (Husband Wife Team) gesê om te doen wat ookal sy dink mooi gaan wees met die kleure wat ons gekies het.  Dit wat sy gedoen het was besonders!

Husband Wife Team De Uijlenes - The Nightjar Venue Husband Wife Team De Uijlenes - The Nightjar Venue Husband Wife Team De Uijlenes - The Nightjar Venue De Uijlenes - The Nightjar Venue Husband Wife Team De Uijlenes - The Nightjar Venue Husband Wife Team De Uijlenes - The Nightjar Venue Husband Wife Team De Uijlenes - The Nightjar Venue Husband Wife Team De Uijlenes - The Nightjar Venue Husband Wife Team De Uijlenes - The Nightjar Venue Husband Wife Team De Uijlenes - The Nightjar Venue

Gunsteling Diensverskaffers:


Ons sou nie enige een kon uitsonder nie.  Elke diensverskaffer was in hul eie reg so vriendelik, aanpasbaar en gewillig om by te dra tot ons spesiale dag!  Ons is geweldig bevoorreg oor ons ervaring ten opsigte van dit!  Die reël van die troue was regtig glad verloop met hulle aan ons kant.

Wedding ceremony in Gansbaai wedding cake Wedding ceremony in Gansbaai Wedding ceremony in Gansbaai Wedding ceremony in Gansbaai Wedding ceremony in Gansbaai Wedding ceremony in Gansbaai

Eerste Dans:


Ons eerste dans was op “Boxes” van Goo Goo Dolls“.  Ons is albei baie lief vir dans en dans op ʼn gereelde basis in die huis rond.  Dit was al eerste-dans-oefening wat ons gehad het!

Wedding ceremony in Gansbaai Wedding ceremony in Gansbaai

Wittebrood:


Ons Wilderness wittebrood is kortgeknip deur die aankondiging van grendeltydperk.  Ons het egter ʼn geskenkbewys van Nima Lodge ontvang wat nog tot volgende jaar geldig is.  En toe het ons ʼn twee maande wittebrood by die huis!  Wat ʼn voorreg!

Wedding ceremony in Gansbaai Wedding ceremony in Gansbaai Wedding ceremony in Gansbaai

[section=Klik hier vir meer diensverskaffers]

    Besoek Mooi Troues se aanlyn Trougids. Hier sal jy betroubare diensverskaffers in Suid-Afrika vind vir jou troudag vanaf enige plek waar jy ʼn internet konneksie het en ʼn toestel wat gekonnekteer is tot ʼn aktiewe internet konneksie, wees dit jou slimfoon, skootrekenaar of ʼn rekenaar. Ons het seker gemaak ons lys slegs betroubare diensverskaffers wat jy kan vertrou om hulle beste te gee vir jou troudag. Indien jy nie vind waarvoor jy soek nie, kontak ons asseblief.

    Is jy 'n diensverskaffer wat op Mooi Troues wil adverteer? Klik hier vir ons advertensie kostes.

    Artikel Diensverskaffers:

      [endsection]