Ons gesels met Blue Bay Lodge in Saldanha Baai

Ons gesels met ʼn pragtige trou venue en verblyf geleë in die Weskus, Blue Bay Lodge in Saldanha Baai. Hul naam is afkomstig van die blou see van Saldanha Baai waaroor die venue uit kyk.  Die Weskus is ʼn populêre vakansie bestemming vir mense van reg oor Suid-Afrika.  Dit is ook ʼn baie gewilde plek om te trou.  Met soveel om te bied,  van pragtige strande tot fantastiese verblyf en goeie restaurante.

Hierdie pragtige venue is is omring deur ʼn groen veld van fynbos en die pragtige tuine van die Blouwaterbaai vakansieoord.  Hul trou lokaal kan gemaklik 120-150 mense vat.   Blue Bay Lodge is ʼn sjiek opsie vir ʼn see trouvenue.  Dit het al die glans van ʼn Bolandse trou venue, maar met die gemak van by die see wees.  Blue Bay Lodge het ʼn pragtige Plan B trou opsie indien die weer, nie so lekker saam speel om die dag op die strand te trou nie, wat glad nie afskeep in vergelyking met die oorspronklike opsie nie.   En dan natuurlik omdat al jou gaste op die vakansieoord kan bly vir die hele naweek, maak dit die ideale plek vir mense om te kom en te trou.  Ook tyd te spandeer met hulle familie en vriende wat van ver gekom het.  Lees meer oor ons onderhoud met Blue Bay Lodge hieronder.

weskus trou venues weskus trou venues

Wanneer was Blue Bay Lodge gestig en deur wie?


Blue Bay Lodge was eens die woning van die Wicht gesin. Henry en Babeta Wicht het in 1925 hulle tuiste in Saldanha gemaak. Henry was oorspronklik in die vloot in Saldanha gestasioneer.  Hy het verlief geraak op die kus dorpie en het toe die geleentheid aangegryp om ʼn stuk plaas grond op die see te koop om sy gesin van 9 kinders groot te maak.

Oor die jare het die kinders uit die huis getrek, maar daar was altyd baie goeie herinneringe vir al 9 kinders en hulle vriende op Blouwaterbaai, wat die plaas destyds genoem was. Babeta en Henry was altyd vreeslike gasvrye mense en daar was altyd hordes mense wat gekom en gegaan het met tema partytjies, tennis toernooie en Henry wat almal wat wou of nie aan die werk gesteek het. In 1996 het André Wicht, een van Babeta en Henry se 9 kinders, besluit om die familie woning te koop en in 1999 dit te omskep in ʼn 16 slaapkamer Gastehuis.

Oor die jare het die geboue en die besigheid ontwikkel tot dit weer iemand met baie passie, van die vloot Mnr. Gerrit van Zyl, se droom was om Blue Bay Lodge nie net as ʼn konferensie fasiliteit, Lodge, vakansieoord en restaurant te bestuur nie, maar om dit ook te omskep in ʼn trou venue om paartjies se ideale dag te laat waar word om by te voeg by die res van die wonderlike “memories” wat alreeds op die plaas gemaak is.

weskus trou venues weskus trou venues

Verblyf:


Daar is genoeg slaap plek vir minstens 120 mense op die vakansieoord en in die Lodge fasiliteit self. Die Honeymoon suite word ingesluit vir die bruidspaar op die aand van die troue en die 17 kamers in die Lodge moet bespreek word indien dit ʼn aand troue sal wees, net om seker te maak dat niemand verontrief word deur die troue of musiek nie.

weskus trou venues weskus trou venues

Spyseniering:


Blue Bay Lodge doen self alle spyseniering vir die troues. Daar is heerlike seekos opsies wat reguit uit Saldanha Baai kom, soos gekweekte oesters en mossels. Vir die wat nie so lief is vir seekos nie, het ons al jou tradisionele trou maaltye en ons is altyd hier om te luister of om te kyk hoe ons enige spesiale versoeke kan maak werk.

Ons laat geen eie spyseniering toe nie, behalwe indien die troue streng Halaal of Kosher is. In so ʼn geval vra ons slegs vir ʼn verhurings fooi van die kombuis fasiliteite.

weskus trou venuesweskus trou venues

Trou koördineerder:


Ons het ʼn trou koördineerder wat die dag ingesluit is met die tarief. Hy het jare se ervaring in groot produksies soos Mej. Suid Afrika en hy maak seker dat alles op die dag seep glad verloop. Mark sal dan ook kan help of aanbevelings maak vir enige ander plaaslike diensverskaffers waarvan die paartjie kan gebruik maak.

weskus trou venues weskus trou venues

Pakkette:


Ons het meestal net een volledige pakket.  In die winter is die enigste tyd wat ons dag troues aanbied waar die paartjie nie die 17 kamers in die Lodge ook hoef te neem nie.   Ingesluit is die Honeymoon suite vir die aand.  Personeel en die opstel van die venue met die personeel (alles wat ingesluit is in die venue en nie dekor items nie).  Kroeg personeel, lang tafels vir 100 gaste, 100 kruis rug stoele, glase, borde, messe, vurke vir 100 mense, en 8 skemerkelkie tafels. Uitgesluit is enige dekor, klank, blomme, ekstra beligting, drankies en etes.

weskus trou venues weskus trou venues

Hoe jy Blue Bay Lodge kan boek vir jou troudag:


Hulle sal ʼn epos stuur aan ons trou koördineerder Deidré.  Sy sal al die stappe deur stuur.  Basies vra ons ʼn nie terugbetaalbare deposito om die datum vas te maak.  Ons verlang van die paartjie om ons Terme en Bepalings aanvaar, asook kontrak te teken om die datum te bevestig.

v weskus trou venues

Kontak Blue Bay Lodge:


Besoek Blue Bay Lodge se Mooi Troues profiel.  Jy kan ook hul webtuiste besoek vir meer spesifieke inligting en foto’s.  Volg hul op Facebook en Instagram vir tonne oulike foto’s en inspirasie van die venue.

weskus trou venues

Artikel Krediet: